Skuldig skuldig skuldig

Verlede Sondag vra die dominee wat ons gunsteling besitting is. Ek sê my versameling Zombie DVD’s. Iemand anders sê haar Pratchett versameling. O wee! Ek het nie eers aan my Pratchett versameling gedink nie! Ek is u nie werd nie, Mnr Pratchett. Asseblief vergewe my!

4 comments June 15, 2009

Dameskring

Ek was gister-aand by ‘n byeenkoms van die vroulike weergawe van die Broeder-, askuus, Afrikanderbond.  Wat ek geleer het:

  • Ek is steeds bang vir trappe.
  • Die petrol in my kar moet tot die einde van die maand hou, ek het nie geld vir nog nie, magtig.
  • Riana Scheepers is “Dr. Adri”  van die Huisgenoot.  Ek weet nie of sy ‘n dokter/doktor is nie.  Ons veronderstel maar so.
  • Die Nuwe Kinderverseboek is flippen briljant (I wants it!), maar kos oor die R200.
  • Ons is vreeslik opgewonde as oor ons TAAL en kan ons giggel nie hou as ons ‘n hele aand in AFRIKAANS kan deurbring nie.  Ek fnuik hulle tog, want ek doen dit ELKE AAND.  En sommer deur die dag ook.
  • Dames het mekaar nodig om mekaar te ondersteun om soos dames te wees.  Ons moet mekaar op ons plek hou, want lyk my ons is nie van nature steriotiep nie.
  • Ek is nog nooit genader om deel te word van hierdie organisasie nie.  Dalk is dit duidelik dat ek nie hul hulp nodig het om ‘n vrou te wees nie.  Of dalk lyk ek na ‘n hopelose saak.

4 comments June 11, 2009

Temalied

att00069Ek’s ‘n dapper muis
kyk hoe stap ek deur die huis
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie!
Vir niemand is ek bang
daar is niks wat my kan vang
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

O ja?  En wat dan van ‘n kat/uil/whatever

Behalwe vir ‘n kat/uil/whatever…

IS DAAR NIKS WAARVOOR EK SKRIK NIE!

7 comments April 30, 2009

Toevallig is daar soms geweld teen vroue…

maar waar dit vandaan kom, sal ek nooit verstaan nie. Hoekom sal enige persoon ‘n vrou sleg wil behandel? Daar word dan met soveel respek oor hulle gepraat en na hulle verwys.

So wil ‘n dominee gister baie opgewonde vir my ‘n foto wys van “die perfekte vrou in die kerk”.  Die is natuurlik ‘n foto van ‘n vrou met ‘n toegezipte ritsluiter in plaas van ‘n mond.  Die foto het hy gebruik in ‘n presentation aan leiers in sy gemeente.  Hy dink dis snaaks.  Funny, ek dink dis geweld.

Hierdie onderonsie inspireer my om te foto’s van die perfekte vrou te gaan google.  Sy lyk onder andere so:

the_perfect_woman

of so:

aperfect_woman

Haha.

6 comments April 24, 2009

Familiefoto

wookieDie Hoof  van die Huis

04Maeree

8 comments April 11, 2009

hoe die liefde werk

die hoof van die huis sê dat ek ‘n goeie dwarf sal maak, want ek het harige voete en ‘n baard.

en ek is steeds lief vir hom (en hy vir my, tsv die harige voete en baard).

8 comments March 31, 2009

What’s God got to do with it?

Ek is ‘n fan van Dorothy.  (Ek is ook bly dat ek nie haar ma is nie.)  Hierdie post word dus opgedra aan haar, spesifiek in reaksie hierop.

Ek dink dis algemeen bekend dat ek glo seks en godsdiens het alles met mekaar te doen.  Maar nie noodwendig m.b.t. die “wat is sonde en wat nie?” vraagstuk nie.

Indien jy egter wonder oor wat mag – en nie mag nie – is daar ‘n paar baie hulpvaardige websites.  Soos hierdie een.

Genadiglik (Yeah!) hou hulle nie op by die sonde-vraagstuk nie.  O nee.  Daar is hulp vir hulpelose Christene!  Ek  hou uiteraard van “What to do with a vibrator“.  Maar moenie dat ek vir jou voorskryf nie – gaan lees verder en deel jou persoonlike gunsteling hier onder.  (Sonder grafika, dankie.)

‘n Ander website wat ek prettig vind, is Christian Nymphos.  By hulle – ja, by die Christen tannies – het ek uitgevind wat die term “pegging” beteken. (Go pegging!) Dis ook op hulle aanbeveling wat ek die produk gekoop het waarvan ek later ‘n foto sal plaas.

4 comments March 23, 2009

Hoofpyn gewaarborg

Met my komplimente00035929

4 comments March 18, 2009

Tentjie vind ‘n tuiste

tentjieDie tentjie het toe uiteindelik aangekom by die plek waar dit wou wees.  Hoe lank dit daar gaan bly, sal net die tentjie weet.  Miskien word dit die huis van ‘n kolonie miere.  Of ‘n handige plekkie vir ‘n miskruier om haar skat te bêre.  Of dalk sal ‘n apie dit vind en daarmee speel.

Goodbye & good luck, Tentjie!

5 comments March 16, 2009

Facebook Ferslawing

album1

Hierdie ding doen tans die rondte op facebook. Dis flippen verslawend. Ek kan nie ophou nie! Help!

album-21

INSTRUCTIONS:
1 – Go to “wikipedia.” Hit “random… Read More… Lees Verder”
or click http://en.wikipedia.org/wiki/Special:Random
The first random wikipedia article you get is the name of your band.

2 – Go to “Random quotations”
or click http://www.quotationspage.com/random.php3
The last four or five words of the very last quote of the page is the title of your first album.

3 – Go to flickr and click on “explore the last seven days”
or click http://www.flickr.com/explore/interesting/7days
Third picture, no matter what it is, will be your album cover.

4 – Use photoshop or similar to put it all together. (It’s album art, so make the picture square)

album-22

2 comments March 12, 2009

Vir die lesers wat net prentjies kyk…

…wou ek ‘n sexy prentjie post. Gaan soek so ewe onder DeviantArt se “artistic nude” foto’s. Ek is egter onseker hoe “artistic” ‘n ereksie is. En netnou rapporteer iemand my blog. Dus, geen prentjie nie. Gaan soek jou eie.

7 comments March 9, 2009

Ek’s ‘n dapper muis…

Die dinge waarvoor ek die bangste is in hierdie lewe, is:
3. Spinnekoppe
2. Om iets te mis
1. Om nie selfinsig te hê nie.

11 comments March 6, 2009

Vir my 2 oorblywende lesers se amtelike kennisname

oopkop1Need I say more?

(Wat van: O Lord, it’s hard to be humble when you’re perfect in every waaaayyyyyyy!)

11 comments February 26, 2009

Wat ek hierdie week geleer het

miskruier3Sodra jy al die moeite gedoen het om jou hoop stront in ‘n mooi ronde, hanteerbare bolletjie te rol, sal daar altyd ‘n ander miskruier kom wat jou bol stront probeer steel. miskruiersEn op die ou end lê die bol stront verlate in die pad en niemand is bereid om te erken dat dit hulle stront is nie.

(Freddy, jy mag maar hierdie storie in ‘n preek gebruik.)

6 comments February 19, 2009

Selibaat Heroorweeg

N.a.v. die gesprek en die Piesangverkoper se versoek: Rob Bell skryf in Sex God:

If we take this understanding of our natural state seriously, we have to rethink what sexuality is. For many, sexuality is simply what happens between two people involving physical pleasure. But that’s only a small percentage of what sexuality is. Our sexuality is all of the ways we strive to reconnect with our world, with each other, and with God.

A friend of mine has given his life to standing with those who have been forgotten and oppressed the most. He’s in his early thirties, he’s single, and he talks openly about his celibacy. What makes his life so powerful is that he’s a very sexual person, but he has focused his sexuality, his “energies for connection”, on a specific group of people.

Some of the most sexual people I know are celibate.

The sleep alone.

They have chosen to give themselves to lots of people, to serve and give and connect their lives with beautiful worthy causes. These friends help me understand why the Red Light District in Amsterdam is so sexually repressed. If you’ve ever walked through this part of the city, where prostitution is legal, you know that it can be a bit jarring to have the women in the windows gesturing to you, inviting you to come in and have “sex” with them.

What is so striking is how unsexual the whole section of the city is. There are lots of people “having sex” night and day, but that’s all it is. There’s no connection. That’s, actually, the only way it works. They agree to a certain fee for certain acts performed, she [sic] performs them, he [sic] pays her, and then they part ways. The only way they would ever see each other again is on the slim probability that he would return and they would repeat this transaction. There’s no connection whatsoever. If she for a moment connected with him in any other way than the strictly physical, it would put her job, and therefore her financial security, in jeopardy.

And so int he Red Light District there’s lots of physical interaction and no connection. There are lots of people having lots of physical sex – for some it’s their job – and yet it’s not a very sexual place at all.

There’s even a phrase that people use with a straight face – “casual sex”. The rationale is often, “It’s just sex.”

Exactly. When it’s just sex, then that’s all it is. It leaves the person deeply unconnected.

You can have sex with many, and yet you’re alone. And the more sex you have, the more alone you are.

And it’s possible to be sleeping alone, and celibate, and to be very sexual. Connected with many.

It’s also possible to be married to somebody and sharing the same bed and be very disconnected. It’s possible to be married to somebody and sharing the same bed and having sex regularly and still be profoundly disconnected.

4 comments February 13, 2009

Previous Posts


Recent Comments

freddy on Skuldig skuldig skuldig
rosalindfranklin on Dameskring
VAKTAP on Skuldig skuldig skuldig
Die piesangverkoper on Skuldig skuldig skuldig
fredddels on Skuldig skuldig skuldig

Blogroll

Archives

Feeds