Archive for February, 2007
Happy un-birthday to me!
Danksy die vyf mense wat op die ou end ‘n bydrae gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-’n-nuwe-kamera Fonds (asook die hoof van die huis se kredietkaart) het ek ‘n splinternuwe kamera.
Hier is een van die eerste foto’s wat ek met my nuwe kamera geneem het:
22 comments February 28, 2007
Nog bloed en binnegoed, enigiemand?
Vandag wonder ek oor baie dinge.
9 comments February 27, 2007
Lessie
Wanneer jy iemand op ‘n selfoon skakel en jy ontdek dis die verkeerde nommer, vra om verskoning en sit die telefoon neer. Jy mag dan nog een keer weer die verkeerde nommer skakel, net om seker te maak jy’t nie dalk die knoppies verkeerd gedruk nie. Maar jy mag nie nog veertig keer dieselfde nommer skakel nie.
Verder, as die persoon wat die telefoon antwoord vir jou sê hulle is nie die Ocean Basket in Nelspruit nie, glo hulle. Maak nie saak hoeveel keer jy vir hulle sê hulle is die Ocean Basket in Nelspruit nie, hulle gaan nie ewe skielik in die Ocean Basket in Nelspruit verander nie.
12 comments February 26, 2007
Ek kan my oë nie afhaal nie
Sug. So word ek gefolter.
8 comments February 23, 2007
Voorneme
Ek gaan voortaan probeer om nie skuldig te voel oor goed wat ander mense my aandoen nie. Dis dieselfde siek sindroom wat veroorsaak dat mense wat verkragting oorleef, dink dit was op ‘n manier hulle skuld. Of hoekom mishandelde vroue dink hulle verdien dit.
Vandag begin my bevryding. As ek gedoen het wat ek moes en wat ek kan, gaan ek nié skuldig voel oor ander se verwagtings nie. Ek gaan nie die leuens wat ander vir my oor my vertel, glo nie. Ek mag mishandel word, maar ek is waaragtig nie ‘n slagoffer nie.
12 comments February 22, 2007
Ek het dit vantevore gesê, ek sê dit weer
Is ek al mens op hierdie aarde wie se ma haar geleer het om mense nie voor 9:00 in die oggend te bel nie?
Ek meen, watter beskaafde mens bel ‘n ander beskaafde mens 6:40 IN DIE OGGEND en vra “kan ons asb daai wynrooi kussings leen”? Dit is twintig voor sewe in die oggend!
Voortaan gaan ek my selfoon afsit. Geeneen van die oproepe wat ek al ooit op onbeskaafde tye ontvang het, was ‘n noodgeval nie. Selfs die oproep om 6:00 (in die oggend) op nuwejaarsdag 2001 was nie ‘n noodgeval nie. As jou vrou jou drie dae terug gelos het, kan jy gerus nog drie ure wag. Of nog ses, synde dat die vorige aand oujaarsaand was.
12 comments February 20, 2007
"Die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle…"
22 comments February 15, 2007
Gelukkige Valentynsdag
4 comments February 14, 2007
Droogte
My geliefde digitale kamera wat die hoof van die huis vir my dertigste verjaardag vir my gegee het [sê dit sonder om asem te haal], is stukkend. Ek het nie besef hoe afhanklik ek van dié stukkie tegnologie was nie – of hoe nou digitale kameras en blogs aan mekaar verbonde is nie. Sug.
Ondersteun die “Koop-vir-Maeree-’n-nuwe-kamera Fonds“.
4 comments February 13, 2007
So wê!
Die dominee het vandag gepreek oor Jesaja 6 en verwys na die serafs wat hul voete bedek. Voete, sê hy, is ‘n metafoor vir geslagsdele.
Hah!
Ek wen en almal wat Rut se “reinheid” wou beskerm, verloor.
18 comments February 11, 2007
Scream your last breath
4 comments February 7, 2007
Rapport
Aan wie dit mag aangaan:
Stellenbosch staan nog en is gelukkig nie so erg warm nie.
Die Wes-Kapenaars is nog dieselfde.
12 comments February 4, 2007





