Archive for Maart, 2007
Pratchett Aanhalings is Altyd Relevant
6 comments Maart 30, 2007
Ek gebruik gou oor middagete my sekretaresse se rekenaar.
Hierdie post en hierdie een verwys.
Derde hardeskryf in nege maande.
6 comments Maart 28, 2007
Sig op Einde
4 comments Maart 26, 2007
Nuuskuns
Soms verskyn daar prentjies in die Afrikaanse dagpers wat ‘n saak net so ráák saamvat.
Hierdie prentjie deur ene Morné Schaap was in een of ander koerant.
Ek het dit gehou.
2 comments Maart 22, 2007
Alles wat ek nodig het om van die lewe te weet, het ek van ‘n pakkie suiker geleer.
Spesiaal vir Freddy.
4 comments Maart 22, 2007
Mystic
Onder leiding van Willem Nicol kon ek verlede week weer vir ‘n paar dae fokus op die kontemplatiewe* Christelike tradisie. Tussen lang stiltes deur het ons geleer van Skrifmeditasie en Lectio Divina, die sogenaamde “Gebed van die Hart” (ook bekend as “Centering Prayer“), die “Daaglikse Bewussein” van St Ignatius en die “Jesus Gebed” (wat binne die Ortodokse tradisie natuurlik deel is van die Gebed van die Hart).
Een van my dominee-vriende (nie freddy nie) het my eendag daarvan beskuldig dat ek paninteïsties is. Ek weet nie lekker wat dit beteken nie, maar as dit beteken dat ek glo God is in alles (hoewel alles nie God is nie), dan dink ek dis ‘n kompliment. Dit beteken ook dat ek mooi gereformeerd is volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis se algemene genade.
Ewenwel, die retrait was vir my ‘n bevestiging van my spiritualiteit, waarin die kontemplatiewe tradisie natuurlik ‘n belangrike rol speel. Ek kan egter nie die invloed van die keltiese tradisie onderskat nie. Van die heiligste oomblikke was terwyl ons in die veld rondgery het, terwyl ek gekuier het met mense vir wie ek lief is.
God is inderdaad in die stilte. God is ook in die renosters. En in die vriende.
* Ja, ja. Check the worry in my eye.
22 comments Maart 20, 2007
Statistiek
Ons behoort binne die volgende 24 uur te weet of ‘n derde kennis van my vermoor is.
Ons bid nog dat dit nié die geval is nie.
2 comments Maart 20, 2007
Retraite
14 comments Maart 16, 2007
Leef nog
Ons is gelukkig nie gisteraand deur Nigeriërs vermoor nie.
Phew.
In onverwante nuus gaan ek volgende week van Maandag tot Donderdag op ‘n retreat. Ek kan nie wag nie (en nee, nie omdat dit beteken die hoof van die huis moet al die uitpakwerk doen nie).
18 comments Maart 9, 2007
Trek
Koos Kombuis sing: “Almal wil ‘n huisie by die see hê”.
My sewe jaar in die paradys kom môre oggend om 8:00 tot ‘n einde wanneer die vragmotor ons goedjies kom skuif na die einste Sentraal waaroor Special Assignment so aangaan.
6 comments Maart 7, 2007
Platteland
Ek’t nie gespot oor die springbok nie.
8 comments Maart 4, 2007


