Archive for Julie, 2007
Raad?
Ek soek ‘n gratis programmetjie – ‘n widget of so iets – waarmee ek ‘n webcam van my keuse op my rekenaar se desktop kan sit.
Anybody?
4 comments Julie 31, 2007
Almal moet hul eie speelgoed hê
Ek wens ek kon vir my arme katjie so iets kry. Foei toggie, die arme dingetjie het oornag groot geword. Nou’t sy allerhande begeertes en niemand om haar te help nie (haar boetie is nog te jonk en dink sy speel). Haar humans is te arm en kan nie hierdie maand die standaard hulp (lees: operasie) bekostig nie.
1 comment Julie 30, 2007
Rant, no rave
Okay, vandag neem ek ‘n groot stap. Vandag kla ek nie oor die wêreld in die algemeen nie, maar oor my mede-bloggers spesifiek. As jy dink jy gaan seergemaak voel of aanstoot neem, hou sommer hier op lees, dan slaap jy beter. (Van die dinge wat OppieTrap gesê het, asook die afsterwe van haar blog, het my oortuig om uiteindelik my gevoelens op skrif te plaas. )
Daar is baie freakazoids op die aarde. En selfs nog meer op die internet (hoewel nie een van hulle al ooit meer as drie keer kommentaar gelos het op my blog nie). En net omdat jy in die blogosfeer goed met iemand oor die weg kom, beteken dit nie dat dit in die reële wêreld ook die geval sal wees nie. (Daardie les, wat ek baie duur geleer het in my Instant Messaging dae, deel ek gratis.)
Dit tick my on-ge-lóóf-lik af dat mense nie my behoefte om anonimiteit respekteer nie.
Maeree bestaan nie in die reële wêreld nie. Ek wil ook nie. Een van die redes hoekom ek so baie hou van blog, is juis omdat dit anoniem is. En omdat dit nie saak maak nie (vandaar ook die vorige blog se titel). Hier word nonsens gepraat en gespeel. Nie alles wat hier gesê word, is altyd waar in die reële wêreld nie – hoewel dit volledig waar is in die blogosfeer.
Elke keer wat ek hoor van nog iemand wat (probeer) uitfigure wie Maeree se alter-ego is, kos dit al my selfbeheersing om nie hierdie hele blog met een druk van ‘n knoppie uit te vee nie. Omdat nie almal die vermoë het om hierdie blog te onderskei van die werklikheid nie.
7 comments Julie 26, 2007
Verjaardagwense

Die Hoof van die Huis verjaar vandag. Om die een of ander rede het hy onmiddelik nee gesê toe ek aangebied het om vir hom dié te koop.
Soms, net soms, dink ek hy waardeer my nie genoeg nie.
8 comments Julie 26, 2007
Ons sal nog sien
Toets! Toets!
Ek is glad nie oortuig dat WordPress so wonderlik is nie. Mag selfs hiermee verband hou.
Hiermee commit ek my dus glad nie tot WordPress nie.
6 comments Julie 25, 2007
Inter-blog skakeling
Ek gaan die naweek by Freddy speel. Miskien fliek ons saam.
Vir diegene wat nou onmiddelik op hul perdjie spring en brom omdat ek nog altyd weier om met hulle te kuier, dis eenvoudig: Freddy betaal my. Easy peasy.
Add comment Julie 19, 2007
Die interessantste ding op Alicedale
As jy ooit die kans kry om na Bushman Sands te gaan… sê net nee!
Add comment Julie 18, 2007
Sommige mense…
… is net gelukkig as hulle ongelukkig is.
(Uit verleeeede week se PostSecret.)
Add comment Julie 16, 2007
Op versoek van Freddie
Add comment Julie 12, 2007
My hartjie is tog so bly-y-y-y-y-y-y
Want ek het ‘n CD gekry-y-y-y-y-y.
Sinéad O’Connor toonset Ou Testamentiese tekste. Wat meer wil jy hê?
3 comments Julie 11, 2007
Nasionale Pornografie Sondag in die VSA
Dis eers in Oktober, maar ons kan mos nou al begin voorberei.

Veg teen die blou olifant in die kerkbanke!
As jy nie Pornogafie Sondag kan bywoon nie, kyk uit vir ‘n Pornografie & Pannekoek geleentheid naby jou!
Add comment Julie 10, 2007
Een ding lei tot ‘n ander
13 comments Julie 6, 2007




