Archive for Oktober, 2007
Die Geval van die Hoof van die Huis & die Sensusbeampte

‘n “Gesprek” elders in blogland het my weer laat dink aan destyds se sensusopname. Die meisie wat daar aangekom het om ons te sensueer se eerste vraag was na die naam van die hoof van die huishouding. Daar vra sy my vas met die heel eerste vraag!
Die hoof van ons huishouding… umm… wie’s dit? (My standaard antwoord is gewoonlik Jesus, maar ek dink nie dis wat sy wou weet nie.)
- Die broodwinner? Ons het op daardie stadium albei voltyds gewerk.
- Dalk die een wat die meeste verdien? Meestal ek.
- Wat van die een wat die langste ure werk? Ongetwyfeld ek!
- Okay, die een wat vir die huis betaal? Ekke.
- Umm… Dalk die een wat die huishouding behartig? Hy maak kos, ek was skottelgoed. Die een wat lus het, was die wasgoed. Die een wat eerste opstaan, maak koffie. Daarna drink ons dit in die bed en maak saam bed op. So, ons albei.
- Moontlik die een wat kruideniersware koop? Hy!
- O ja! Wat van die een wat die besluite neem? Umm… Ons albei.
Dat mens jou sensusopname sommer op vraag een kan dop!
Rob Bell verduidelik dit só:
Several years ago, I met with a couple who had been married a short time and needed some spiritual direction. Their marriage was falling apart, and the week before, in the midst of a heated argument, he had hit her. As you can imagine, the meeting was tense from the start. It soon degenerated into an argument between them, with their voices getting louder and louder and their words getting more and more hurtful. At one point the husband got so angry that he looked at me and said, “Do you see what I mean? She won’t submit!”
To which I replied, “Will you?”
Which didn’t exactly calm him down.
He wanted her to submit, whatever that means, without his having to die. He was essentially waiting for her to obey him, as a dog would, and then his will would be accomplished.
…
There are those who say, “Well, yes, that’s nice now and then, but what about the tough descisions? What happens when push comes to shove and somebody has to call the shots and make the tough decisions? What then?” …
Think about friendships, the closest ones, the ones that have gone the distance. How often do you ask who is in charge? Do you ever find yourself questioning, “Where does the buck stop?”
No, it’s not even on the radar. Over time you’ve built up reserves of trust and love, and power and control become irrelevant. The healthier and more whole a marriage relationship is, the less you ask these kinds of questions. When people are truly living in what’s called “mutual submission”, you lose track of who’s in charge.
In a marriage, you’re talking about power and control only when something central to the whole relationship has fallen apart.
9 comments Oktober 31, 2007
Nuwe Mure vir Worcester
Volgens Bertus! het Worcester se mense nog nie gehoor van Classy Crete nie.

Stel enigiemand belang om ‘n nuwe besigheid te begin?
Add comment Oktober 29, 2007
Tantrum

Soms wil ek langs die see gaan staan, my arms wyd oop, en diep van onder uit my binnegoed gil, totdat die sand begin vibreer en die see verdamp. Gil tot my atome van mekaar lostrek en in die niet verdwyn. Soms voel dit asof my woede so groot is, dat dit die heelal kan insluk en vernietig.
Wanneer ek sien hoe vroue geskroef word, magteloos genegeer tot niks.
Die rede waarom sommige van my atome vandag nog aan mekaar vasklou, is die feit dat ek (vir die oomblik) nié een van daardie vroue is nie, dat ek tans genoeg invloed het om te kon sorg dat daar van minstens twee vroue kennis geneem is.
Wat my laat met die vraag: kon ek meer gedoen het?
Terwyl my stembande hul pad uit my keel probeer klou om met een gil die gevolge van die oerknal te laat inplof.
As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? Ek haat hulle met ‘n uiterste haat, want hulle is ook my vyande. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.
(Ps 139:19-23)
5 comments Oktober 26, 2007
Hoekom ek verlede maand bankrot was
Ek het hierdie lap gekoop:

Egte Cashmere, as jy die verkoopsman moet glo. Ek vermoed eerder dat dit beteken dit is in Kashmir gemaak.
So lyk dit van naderby:

Wat my bankrot gemaak het, is die feit dat dit met die hand gedoen is.
Sien:

Probleem is, ek is seker hierdie stukkie lap is nié Fair Traded nie. Selfs al het ek die R20 000 betaal wat die ou daarvoor gevra het (toemaar, jy kan maar weer asem haal – ek het nie náástenby dit betaal nie). Êrens in Indië het iemand vir maande (jare?) elke dag aan hierdie stukkie lap gewerk, waarskynlik artritis gekry en moontlik blind geraak. En nie ‘n agtste van die verkoopprys ontvang nie.
Volgens Jeffrey Sachs maak dit nie saak nie. Die persoon wat die lappie gemaak het, het ten minste werk – en ek sou die lap nie kon beskostig as dit Fair Traded was nie.
Hoe dit ookal sy, ek sou beter gevoel het as ek geweet het die persoon wat die actual werk gedoen het, is billik betaal.
4 comments Oktober 24, 2007
Ek het nie Saterdag se rugby gekyk nie
Nee, ek is nie spyt daaroor nie.
En nee, ek gaan waarágtag nie lieg daaroor nie.
8 comments Oktober 23, 2007
Wanneer dinge in die lewe rég is

Dan kry jy Tabasco wat jy in jou handsak kan saamdra.
14 comments Oktober 11, 2007
Groen Maandag
‘n Vriendelike olifant:
‘n Minder vriendelike alleenloper olifantbul verdwerg ‘n Jeep – haha:
Nie meer so snaaks wanneer minder-vriendelike alleenloper olifantbul met jou uiltjie speel nie (en jou karretjie helfte so groot soos Jeep):
‘n Leeu (kyk mooi):
Nog ‘n leeu en ‘n olifant (kyk weer mooi):
Draai venster stadig en ongemerk toe:
2 comments Oktober 9, 2007
Die boek wat ek tans lees
(aangesien ek nie nog een bladsy Belgariad kan verduur nie)
Sex God, deur Rob Bell
Inhoudsopgawe:
- This is really about that
- God wears lipstick
- Sexy on the inside
- Angels and animals
- Leather, whips, and fruit
- She ran into the girls’ bathroom
- Worth dying for
- Under the chuppah
- Johnny and June
- Whoopee forever
- More Balloons, please
2 comments Oktober 5, 2007
Verwerkings van Wys
Met woorde alleen laat ‘n vrou haar nie waarsku nie; sy verstaan wat jy sê, maar sy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n man hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n kind hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n hond hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n plaaswerker hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n vriend hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n geliefde haar nie waarsku nie; sy verstaan wat jy sê, maar sy reageer nie.
Met woorde alleen laat ‘n ma haar nie waarsku nie; sy verstaan wat jy sê, maar sy reageer nie.
Add comment Oktober 4, 2007
Wys

Met woorde alleen laat ‘n slaaf hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.
Spreuke 29:19
3 comments Oktober 3, 2007
Hoe het jy Vigs gekry?

Hoekom het jy ‘n hartaanval gehad? Dis jou eie skuld! Jy’t gesoek daarvoor!
Waar kom jou suikersiekte vandaan? Sien, sien! Dis jou verdiende loon.
Baarmoederkanker?! Jy weet tog dis ‘n seksueel oordraagbare siekte! Laat dit vir jou ‘n les wees.
MIV+? As dit is a.g.v. verkragting, bloedoortapping, of jou ma se goddeloosheid, sal jy ons simpatie ontvang. Enige ander rede? Dan verdien jy seker maar om dood te gaan van diarree, met groot oop swere wat jou liggaam oortrek – van ‘n siekte waarmee mens eintlik vir dekades lank kan leef.
“HIV doesn’t discriminate. People do.”
14 comments Oktober 2, 2007


