Hoe het jy Vigs gekry?

Oktober 2, 2007 at 10:37 vm 17 Kommentaar

aids.jpg

Hoekom het jy ‘n hartaanval gehad?  Dis jou eie skuld!  Jy’t gesoek daarvoor!

Waar kom jou suikersiekte vandaan?  Sien, sien!  Dis jou verdiende loon.

Baarmoederkanker?!  Jy weet tog dis ‘n seksueel oordraagbare siekte!  Laat dit vir jou ‘n les wees.

MIV+?  As dit is a.g.v. verkragting, bloedoortapping, of jou ma se goddeloosheid, sal jy ons simpatie ontvang.  Enige ander rede?  Dan verdien jy seker maar om dood te gaan van diarree, met groot oop swere wat jou liggaam oortrek – van ‘n siekte waarmee mens eintlik vir dekades lank kan leef.

“HIV doesn’t discriminate.  People do.”

Entry filed under: Uncategorized.

Geeks rule the multiverse Wys

17 Kommentaar Add your own

  • 1. idiwidi  |  Oktober 2, 2007 om 11:07 vm

    ek het net vandag weer daaroor gewonder hoe daar steeds na soveel jare van vrylik beskikbare inligting oor vigs so ‘n hewige stigma daaraan kan kleef. spruit dit uit vrees?

    Antwoord
  • 2. oopkop  |  Oktober 2, 2007 om 4:29 nm

    Dankie dankie dankie dankie x100000000000000000. Ek wens meer mense wil dit verstaan. Ek sê altyd vir mense as hulle nog NOOIT iets gedoen het wat hulle bloot kon gestel het aan MIV nie, dan kan ek dalk nog verstaan as hulle vinger wys, maar bitter min mense weet wat ‘n ander se MIV status is voordat hulle saamslaap of gebruik ELKE keer beskerming. Dit is een van die goed waaroor ek seker die sterkste voel. Niemand maar niemand, verdien om so dood te gaan nie. Ek hoop mense sal leer om op te hou om te diskrimineer en mense wat VIGS het ondersteun. Dis gewone mense, soos ek en jy. Dis altyd opvallend hoe iemand se houding verander teenoor VIGS as dit met iemand naby aan hulle gebeur. Daar moet meer mense soos jy wees wat verstaan en nie oordeel nie. Dankie.

    Antwoord
  • 3. boerinballingskap  |  Oktober 2, 2007 om 6:53 nm

    Die klein (maar wesenlike verskilletjie) natuurlik, is dat al die siektes wat jy noem, geneties oorgedra kan word (suikersiekte, hart, kanker ens.) maar nie VIGS nie (behalwe vir die kind in die baarmoerder wat dit natuurlik kry, as die moeder HIV-positief is). Ek weet van mense wat hiper-gesond geleef het en geen nadelige gewoontes gehad het nie, maar steeds kanker, hartaanvalle ens. gekry het. VIGS bly die mees vermybare epidemie wat bestaan. Jy kan deur persoonlike gedrag 100% verseker dat jy nie VIGS kry nie (anders as met die hart, kanker ens.) “If your not living on the edge, you’re taking up too much space”, lui die gesegde. Maar as dit jou keuse is om die (vermybare) risiko’s te neem, moenie by my huil as jy by die krans afdonner nie. As jy genoeg verstand het om te weet wat die risiko’s is, behoort jy genoeg verstand te he om nie simpatie te soek as jou eie vrywillige aksies jou ook kelder nie. “Live by the sword…die by the sword”. Die analogie is vanselfsprkend.

    Antwoord
  • 4. BatCat81  |  Oktober 2, 2007 om 11:23 nm

    boerinballingskap…. jy praat stront. En jy sit die po(s)t mis.

    Antwoord
  • 5. idiwidi  |  Oktober 3, 2007 om 4:05 vm

    Boerinballingskap!!! ‘n Moerse groot persentasie van MIV-besmettings word opgedoen binne verhoudinge en huwelike waar een partner rondslaap. Ek sien nie die keuse raak waarvan jy praat nie. In talle sosiale kringe het vroue geen manier om hulleself te beveilig nie aangesien daar steeds ‘n stigma kleef aan die gebruik van kondome. Dink aan ons vise-president FGS!

    En wat van verkragting? Dink aan die verkragtingsyfers in ons liewe land – die verabsolutering van die nie-keuse. My persoonlike gedrag kan 100% korrek wees en ek sal steeds as vrou ‘n geweldige kans staan om verkrag te word.

    Verder leef niemand van ons ‘n risiko-vrye lewe nie. Wanneer jy in ‘n kar klim, vat jy ‘n kans. Ek glo nie jy sal so onsimpatiek wees teenoor iemand wat in ‘n motorongeluk beseer word nie. Of met iemand wat malaria kry omdat hy in Indie gaan travel nie. Of selfs met ‘n roker wat longkanker opdoen nie.

    MIV word met seks verbind, daarom die stigma en die geredelike uitdeel van oordeel. Sies man!

    Antwoord
  • 6. oopkop  |  Oktober 3, 2007 om 7:27 vm

    Ek like jou al hoe meer Idiwide ;)

    Antwoord
  • 7. boerinballingskap  |  Oktober 3, 2007 om 8:48 vm

    BatCat, ek hou van mense wat reguit is soos jy!

    Idiwidi, hoe klink dit as jy boerinballingskap uitskree met 3 uitroeptekens? ;)

    Ek het seker biki onsimpatiek geklink in my kommentaar. Al wat ek wil se, is dat ek nie meer of minder simpatie met VIGS-lyers het as met enige ander oorsaak van leiding nie. Ek glo wel dat die meerderheid VIGS-gevalle veroorsaak word deur promiskuiteit. Jy kan van my verskil en dis moeilik om die werklike statistieke te vind. Ek herhaal dat VIGS tot ‘n groot maat ‘n vermybare siekte is – meer so as bv. kanker. Ek rook en dis die risiko wat ek neem. As ek longkanker of emfiseem of watookal kry, is ek die eerste keer een om te erken dat ekself tot ‘n groot mate verantwoordelik is vir my slegte gesondheid.
    Ek dink ek is maar net baie sat vir ‘n tydsgees waarbinne volwassenses al hoe minder aanspreeklikheid wil aanvaar vir hulle eie gedrag en altyd die blaam wil verplaas.

    Antwoord
  • 8. boerinballingskap  |  Oktober 3, 2007 om 8:50 vm

    …en jammer dat ek lyding verkeerd gespel het.

    Antwoord
  • 9. maeree  |  Oktober 3, 2007 om 2:17 nm

    boer, ek dink jou kommentaar getuig van naïwiteit (en miskien ‘n bietjie oningeligtheid?)
    sommige mense leef gesond en kry hartprobleme. ander leef níe gesond nie en kry hartprobleme. maar niemand probeer blaam vind nie.
    en as jy longkanker kry en jou ouers daarvan laat weet, hoop ek dat hul eerste reaksie nie gaan wees om jou te vra wat jy gedoen het om dit te verdien nie. en dat hul tweede reaksie nie sal wees om jou te verwerp vir die skande wat jy oor hulle gebring het nie. en dat die res van die wêreld nie holier-than-thou agter hul hande vir jou vinger wys nie.
    uc?

    o ja, en die meerderheid nuwe MIV infeksies is tans getroude mense. wat moontlik jou stelling “Ek glo wel dat die meerderheid VIGS-gevalle veroorsaak word deur promiskuiteit.” waar maak. waar gaan jy die skuld plaas, though?

    Antwoord
  • 10. boerinballingskap  |  Oktober 3, 2007 om 3:00 nm

    Wel, ek dink die laaste ding wat meeste mense wat my ken, my sal noem is naief of goedgelowig. As jy my as naief beskou, is dit egter jou goeie reg. As jy my van oningeligtheid beskuldig, is dit ietwat meer verteerbaar. VIGS-statistiek (in SA) is redelik onbetroubaar, so my standpunt is ook maar gebaseer op wat ek in die media/Internet lees en uit eie ervaring. Kan jy dalk vir my ‘n feitelike verwysing gee waarop jy jou standpunt baseer dat meeste VIGS-gevalle onder getroudes voorkom? Ek sal dit waardeer, sodat ek my eie persepsies diensooreenkomstig kan aanpas. En as jy dink ek is sarkasties – ek is nie. Sulke statistiek sal werklik my siening verander.
    En dan moet jy net een ding vir my bevestig: Se jy (in soveel woorde) dat VIGS, nes kanker, hartsiektes, diabetes ens. nie vermy kan word nie, al vermy jy risiko-faktore?
    Laastens, ek het geen “holier-than-thou” houding nie. Fisieke lyding is tragies en siek mense behoort met empatie en liefde behandel te word, maak nie saak wat hulle siekte is nie. Al wat ek se is dat mens jou lewenstyl kan aanpas om sodoende jou risiko’s vir fisieke lyding te verminder. En, soos ek nou reeds telkemale genoem het, glo ek VIGS is die een siekte (meer so as kanker, diabetes ens.) wat nie geneties oorgedra word nie (behalwe in die geval van swanger vroue) en wat ‘n volwasse individu wel tot ‘n groot mate kan vermy deur lewenstylbesluite. Stem jy hiermee saam, of sien jy VIGS as net so vermybaar/onvermybaar as vele ander siektes?

    Antwoord
  • 11. Johan Swarts  |  Oktober 3, 2007 om 3:13 nm

    ek skaar myself by BiB met hierdie een.

    Antwoord
  • 12. idiwidi  |  Oktober 5, 2007 om 10:14 vm

    ALMAL MOET ASB HIERDIE LINK GAAN LEES:

    HIER

    Antwoord
  • 13. idiwidi  |  Oktober 5, 2007 om 10:22 vm

    Ooeps, ek sien dit werk nie. Volg dan hierdie een:

    http://www.health24.com/medical/Condition_centres/777-792-814-1759,22224.asp

    Soos meeste van die wEreld se sosio-ekonomiese probleme is die MIV-krisis ook tot ‘n groot mate die gevolg van ongelykheid in voordele , geleenthede en keuses tussen mans en vrouens op grondvlak.

    Antwoord
  • 14. Lyn van Rooyen  |  Oktober 29, 2007 om 8:50 vm

    Kom toevallig op die post af. Ai, ek wens ek was deel van die gesprek! Ons in/as die kerk het ongelukkig ons deel gedoen om stigma en die VIGS=Sonde link te versterk. Ek blog hieroor en ander vigsverwante issues op The Church and Ads http://www.cabsa.co.za/b2evolution/blogs/ – In Engels omdat ek baie kollegashet wat nie afrikaans verstaan nie en omdat ek graag die gesprek wyer wou maak – dit sal great wees om van julle kommentare te hoor – ook die wat nie saamstem nie!

    Antwoord
  • 15. Ricardo  |  Februarie 23, 2012 om 1:31 nm

    Kry mens net vigs wanneer iemand anders dit vir jou gee of hoe?

    Antwoord
    • 16. Ricardo  |  Februarie 23, 2012 om 1:39 nm

      Ek het nie vigs nie die rede hoekom ek vra is omdat ek en iemand anders stry hoe mens vigs kan kry.Ek se vir ha mens kry sex as jy rond slaap met n hope mans al het hule nie vigs nie,en sy se weer daan kry sy nie vigs nie want hule moet vigs het om dit vir haar te gee.Wie van ons twee is reg?

      Antwoord
  • 17. veronic  |  Augustus 27, 2014 om 4:53 nm

    Ek wil graag weet waarop n mens nie MIV\vigs kan kry nie

    Antwoord

Lewer kommentaar op idiwidi Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds