Archive for November, 2007
Vat voor
Môre is Internasionale Vigsdag. “4.3 million people were infected with HIV in 2006 – the highest ever in one year. Momentum is growing to reverse this trend, led by those most affected. Follow their example – take the lead.”
Ek kry elke jaar ‘n briefie in die pos van die Verenigde Nasies se worldaidscampaign. Daarin is gewoonlik ‘n paar plakkate en magdom inligting. Vanjaar was daar ook ‘n klomp video’s. Video’s soos dié:
1 comment November 30, 2007
Maeree spring op elke bandwaggon wat verbykom

Ek ken nie veel Sataniste nie. Ek het wel een vriendin wat ‘n satanis was en nou ‘n Christen is. Sy’s nie skaam oor haar verlede nie en sy dink nie dis weird dat sy ‘n satanis was nie. Maar sy’s Sweeds.
Ek weet wel tweedehands enkele goed oor Satanisme. So weet ek bv. dat satanisme, paganism en die sogenaamde “New Age” (is daar regtig nog mense wat glo dat daar so ‘n godsdiens bestaan?) nie dieselfde ding is nie. Meeste pagans glo nie eers in die konsep van boosheid of selfs ‘n godheid nie. Hekse is nie sataniste nie.
Verder weet ek ook dat sataniste nie die duiwel van die Christendom aanbid nie. Soos enige godsdiens/filosofie (is Confucianisme ‘n godsdiens?) is daar baie verskillende vorme van Satanisme. Die vorm waarvan ek weet, is ‘n filosofie van hedonisme wat vryheid van reëls verkondig – dit is gewoonlik ook ateïsties. Hulle offer nie katjies nie en hou nie orgies nie. (Okay, dalk doen hulle laasgenoemde. Ek weet nie.)
Ek het dit nie gelees nie, maar uit ervaring van die moeder-site sal ek veronderstel dat hierdie ‘n goeie oorsig gee van wat Satanisme regtig is. Nie dat enigiemand omgee nie, want die idee van mense wat op Halloween katjies offer en kerkgeboue infiltreer om vloeke oor weerlose Christene uit te spreek , is baie meer opspraakwekkend.
5 comments November 28, 2007
Seepdoos
Kyk, as mens jouself só* – al moan-moan – bekendstel, dan mag jy maar kla en skel.
(ek ken hierdie ou persoonlik, maar ek is nie aanspreeklik vir enigiets wat hy kwytraak nie.)
*As jy te blind is om te sien die “so” is ‘n link, gaan kyk by www.oordose.wordpress.com
My work is done.
2 comments November 28, 2007
Random

Almal weet reeds alles, maar aangesien Oopkop vra, sal ek probeer verras:
1. Ek het ‘n gratis Green Card in ‘n Green Card Lottery gewen en kan dus in die VSA gaan woon (sê my rekenaar elke keer as ek www. findarticles.com besoek). Ek wil nie in die VSA bly nie.
2. Ek is nie so nice soos wat meeste mense dink nie, maar nicer as wat dié wat my goed ken, dink.
3. Ek swot al sedert 1993 en het steeds nie ‘n meestersgraad nie. (Ek het uiteindelik iemand gekry wat my sal toelaat om die M te skip en onmiddelik met die D te begin).
4. Blog is nie meer vir my so lekker nie.
5. Ek hou nie van bad nie. Die idee van in jou eie gemors lê laat my gril.
6. Ek is verslaaf aan CSI (die Miami weergawe is nie CSI nie). Ek was besig om CSI te kyk toe ek die tand in die boerewors gevind het.
7. Ek kyk soms SpongeBob SquarePants en Aaahh!!! Real Monsters.
8. Ek dink alle Christene en ander goeie mense behoort sosialiste te wees.
4 comments November 27, 2007
Ek is so bly ek woon in Afrika, want
hier by ons loop die olifante in die strate.
6 comments November 21, 2007
Jeugweerbaarheid

Teen die mure was daar groot rooi plakkate met kopieë van allerhande soorte bomme. Elke af en toe het ons “weerbaarheidsoefeninge” gehad. Een lang lui van die klok en ons het stil en vinnig na die saal beweeg. Drie kort luie en ons het onder ons banke ingeduik met ons vingertjies oor ons monde, rustig in die wete dat die terroriste se bomme niks aan ons kon doen onder die banke nie.
Die Hoof van die Huis vertel as jy besef jy gaan nie betyds van ‘n handgranaat wegkom nie, jy wegduik met jou voete na die handgranaat. Hopelik beskerm die skoensole jou teen enige skrapnel. So-nie is dit jou voete wat weggeblaas word, ten minste nie jou kop nie.
Hy beweer ook dis hoekom ons so aggressief is: ons was ‘n militêre volk. Almal was ons vyande, almal was daarop uit om ons te kry.
En ons het gedink dis normaal.
Vandag wonder ek oor al die kindertjies in Irak, Lebanon, Sudan en Amerika, wat ook leer dat vrees en haat normaal is.
9 comments November 15, 2007
Let’s do it like they do it on the Discovery Channel
sal later opgedateer word sonder om enige sensitiewe noord-amerikaners te ontstig.
*Loutere twak. Die klitoris is baie meer kompleks as die penis. Ongelukkig is die navorsing maar baie onlangs eers gedoen. Dis een van die goed wat gebeur as die navorsers almal mans is: “O, dis seker ‘n onder-ontwikkelde penis. Haha.” (Miskien moet ek ietsie skryf oor die klitoris…)
**Ook nog nooit gehoor van dinge soos die G-kol nie. Om nie eers te praat van die H-kol nie. Ek stem vir nog navorsing.
***Sal die persone wat ‘n stem vir diere is, asb vir ons vertel presies hoe vieslik en invasive hierdie navorsing is?
10 comments November 6, 2007
Die punt van seks*

Ek het nie ‘n dag se sielkunde agter my naam nie. Maar ek lees baie. Hoofsaaklik vrouetydskrifte. En daarin lees ek dat ‘n mens nie moet streef na orgasmes tydens seks nie. Om die waarheid te sê, orgasmes maak glad nie saak nie. Seks gaan nie om die orgasme nie, maar om die daad van liefde. Jy hoef nie ‘n orgasme te hê vir die seks om goed te wees nie.
Dit ontstel my altyd as ek so iets lees. In die eerste plek vermoed ek hierdie raad is spesifiek vir vrouens bedoel (“Jou man is ‘n patetiese lover. Sorry jou lewe suck. Do it for your country.”) Tweedens kan ek nie dink hoekom ‘n mens sal tevrede wees met orgasme-lose seks nie. Hoe kan dit lekker wees om opgewerk te word, sonder enige bevrediging?
Natuurlik het ek seks met die Hoof van die Huis omdat ek lief is vir hom. Maar ek het ook seks met hom omdat dit lekker en bevredigend is. Ek kan nie dink dat ek dit so gereeld sou wou doen as daar nie orgasmes betrokke was nie.
*Titel spesiaal vir Freddy.
17 comments November 2, 2007


