Random

November 27, 2007

but_youre_not_here.jpg

Almal weet reeds alles, maar aangesien Oopkop vra, sal ek probeer verras:

1.  Ek het ‘n gratis Green Card in ‘n Green Card Lottery gewen en kan dus in die VSA gaan woon (sê my rekenaar elke keer as ek www. findarticles.com besoek).  Ek wil nie in die VSA bly nie.

2.  Ek is nie so nice soos wat meeste mense dink nie, maar nicer as wat dié wat my goed ken, dink.

3.   Ek swot al sedert 1993 en het steeds nie ‘n meestersgraad nie. (Ek het uiteindelik iemand gekry wat my sal toelaat om die M te skip en onmiddelik met die D te begin).

4.  Blog is nie meer vir my so lekker nie.

5.  Ek hou nie van bad nie.  Die idee van in jou eie gemors lê laat my gril.

6.  Ek is verslaaf aan CSI (die Miami weergawe is nie CSI nie).  Ek was besig om CSI te kyk toe ek die tand in die boerewors gevind het.

7.  Ek kyk soms SpongeBob SquarePants en Aaahh!!! Real Monsters.

8.  Ek dink alle Christene en ander goeie mense behoort sosialiste te wees.

Entry Filed under: Uncategorized. .

4 Comments Add your own

  • 1. oopkop  |  November 27, 2007 at 2:30 nm

    Dis darem nog vir ons lekker om jou blog te lees. ;)

    Ek het eenkeer ‘n Dilbert-comic gelees waar hulle ook so aangegaan het oor bad en in jou eie ‘filth’ lê.

    Dankie vir die saamspeel.

    Reply
  • 2. Bertus!  |  November 27, 2007 at 4:14 nm

    Hoekom is blog nie meer lekker nie? Dis lekker vir ons ander om jou op die blogosfeer te hê.

    Reply
  • 3. Roer  |  November 27, 2007 at 5:53 nm

    Ek is MAL oor SpongeBop SquareP’s. In SpongeBop en Patrick se wyse woorde “I’m a goofy goober!”

    Reply
  • 4. Dellie  |  November 28, 2007 at 2:43 nm

    Ek is ook stout oor Sponge Bob! :lol:

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere