Archive for February, 2008

Solank

En so kom die seisoen van sexy vir eers tot ‘n einde. Natuurlik is die lys nog lank nie uitgeput nie. Ek het bv. nog niks gesê van rue, die sexyste deel van die menslike liggaam, nie. (Ek smelt as die Hoof van die Huis aan my rug vat. Dit kan nogal ‘n probleem wees as ons in die openbaar is.) So, terwyl ek hierdie week in St’bosch is, kan die gesprek rustig agter my rug voortgaan: behalwe vir alles wat reeds genoem is, wat is vir jou sexy?

10 comments February 25, 2008

Die lied van alle liedere

biblex.jpg

Blykbaar het die rabbi’s lank lank gelede die hoogste lied in bruinpapier toegedraai en ‘n reël gemaak dat geen man dit mag lees voordat hy 30 is nie.  Vandag is hierdie uitbundige viering van die liefde – in al haar sensuele gestaltes – daar vir almal om te lees en te geniet.  (Ek het gehoor dis baie eksplisiet in die oorspronklike Hebreeus.  Dalk sal die Jahoe-projek vir ons ‘n stukkie vertaal?)  Van ons glo dat dit die Woord van God is.  Want liefde – ook die fisieke vorms daarvan – kom van God en is deel van die aanbidding van die Skepper.  Ons is toe al die tyd nie net siel nie, maar ook kliere wat opgewonde klop en saam met die klippe uitroep:  “Loof die Here!”

“Wie is dit wat daar uit die woestyn uit kom terwyl sy leun op die man wat sy liefhet?”

“Ek het jou wakker gemaak onder ‘n appelboom, daar waar jou ma swanger geword het, waar sy wat jou in die wêreld gebring het, swanger geword het.

Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou arm.

Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk; dit brand en vlam soos vuur.  Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie. Al wil iemand vir die liefde al die rykdom in sy huis betaal, hy sal daaroor uitgelag word.”

Dit is interessant dat die huweliksfees eers aan die einde van die lied gebeur, nádat ons reeds al die vrou se uitbundige ervarings van die liefde gelees het.  Interessant, ook, dat niemand dit sê nie.

Add comment February 22, 2008

Sexy man

johnny-depp1.jpg

Ek was maar nog ‘n jong tiener toe ek een aand per ongeluk afkom op “21 Jump Street” op TV.  Ek was onmiddelik verlief op Johnny Depp se briljante toneelspel.  My hoërskooljare deur het ek getrou elke prentjie wat ek van hom kon vind, netjies uitgeknip en liefderyk op my kas geplak.

johnny_depp1_300_400.jpg

Intussen het my respek vir sy  veelsydige toneelspel net meer gegroei.  Ek love die aweregse rolle wat hy kies en die pret wat hy duidelik het wanneer hy sulke onverwagse karakters speel.  Ek het gehou van:

  • Edward Scissorhands
  • Benny & Joon (briljant!)
  • What’s Eating Gilbert Grape (van die beste flieks ooit)
  • Don Juan Demarco
  • Nick of Time
  • Sleepy Hollow
  • Chocolat
  • From Hell
  • Pirates of the Caribbean
  • Once upon a time in Mexico (wahahaha)
  • Secret Window
  • Finding Neverland
  • Charlie and the Chocolate Factory
  • Corpse Bride

johnny_depp.jpg

Beeldskoon én talentvol. *sug*

9 comments February 21, 2008

Sexy Grappie

328116agif_w.jpg

(Ek dink ek het hierdie een by oordose gehoor.)

Drie egpare neem deel aan navorsing – ‘n ouer paartjie, middeljarige paartjie en pasgetroude paartjie. Voorwaarde is hulle mag vir ‘n maand lank nie seks hê nie.

Na ‘n maand ontmoet hulle die navorsers vir debriefing. “Hoe het dit gegaan?” wil die navorsers weet.

Ouer paartjie: Nee wat, dit was maklik.

Middeljarige paartjie: Die eerste twee weke was maklik. Die derde week was moeiliker. Die vierde week was baie moeilik, maar ons het dit gemaak.

Man van pasgetroude paartjie: Die eerste week was baie moeilik. Die tweede week was byna ondraaglik. Toe sy teen die derde week buk om ‘n blikkie ertjies op te tel, toe’s dit verby.

Navorsers: Ons is baie jammer, maar julle kan nie meer deel wees van die navorsing nie.

Pasgetroude paartjie: Dis reg. Ons mag ook nie meer in Pick-n-Pay kom nie.

2 comments February 20, 2008

Sexy flieks

Die oplettendes sou sien dat dit nie ‘n week van sexy is nie, maar ‘n seisoen. Dit kan vir altyd voortduur.  Of minstens tot die Poskantoor klaar gespeel is met my Valentyn geskenk en ek dit uiteindelik ontvang.

0573731526071.jpg

Sirens is een van die sexyste flieks van alle tye.   ‘n Viering van die grensloosheid van vroulike seksualiteit, terwyl een man dink hy kan vroulike seksualiteit verstaan en beheer.  Oor vrees en ontluiking en kommersiële naaktheid.

501701threesome-posters.jpg

Threesome, om voor die hand liggende redes.  Oor die grense van vriendskap.

2 comments February 19, 2008

Die sexyste deel van ‘n man

is die dippies bokant sy heupe.

spikey.jpg

Daai dippies:

dippies.jpg

12 comments February 15, 2008

Sexy Reuke

smell_by_vanishing_s.jpg

Reuke wat my wild maak:

  • Die reuk van iemand wat pas gerook het.  Nie die reuk van ‘n sigaret, of van ou rook nie.  Maar as ek iemand ruik wat pas gerook het, gaan staan ek baie na aan hulle en haal diep asem.
  • ‘n Man na ‘n lang dag.  Nie die soort mans wat nooit deodorant dra, of heel dag buite in die son fisieke arbeid verrig nie.  Net ‘n effense hint van bos en barbaarsheid.  Ek snuif graag aan die einde van die dag onder die Hoof van die Huis se arm.  Ongelukkig freak dit hom effens uit.
  • Havanna van Aramis.
  • Gucci Rush for Men.

6 comments February 14, 2008

Sexy Song

Enigiets wat Sinead O’Connor sing is sexy.

1 comment February 13, 2008

Niks verander ooit

En om die rede hoef ek nie vandag ‘n nuwe post oor sexy te skryf nie, maar kan ek slegs terug verwys hierna.

3 comments February 12, 2008

Die seisoen van sexy skop af

Ek vind granate ontsettend sexy. Weet nie hoekom nie.

pomegranate_by_chrypetex.jpg

Dalk is dit een of ander argetipe. Of ‘n vae oorblyfsel van my kinderdae in die Karoo.

pomegranate_ii_by_sayra.jpg

Of dalk is dit die beeldskone sensualiteit van hierdie speelse vrug, die vlees wat glad onder jou tande breek, die pit wat jou onbeheersde kou stuit, jou waarsku om stadig te kou, elke sensasie te geniet… of die soet-frank smaak, die rooi sap wat in jou mond drup.

pomegranate_by_sayra.jpg

I dunno. Ek dink granate is sexy.

(Enige vlak, voorspelbare, phallosentriese grappies oor piesangs sal sumier uitgevee word.)

9 comments February 11, 2008

Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd.

it__s_my_party____by_vashtia.jpg

Hierdie blog is vandag 2 jaar oud. In blogjare, absoluut antiek. Oud genoeg om met ‘n kierie rond te loop, hare mooi pers geperm. Oud genoeg om deur meeste ander blogs “tannie” genoem te word, as ons geglo het in paternalisme.

Ah, die goeie ou dae. Ons was maar min, daar aan die begin. Appel (ek weet nie of hy nog hier êrens rondsweef nie) het sy verslawing op sy mou gedra, vir almal om te bewonder. Rondloper het roerende stories vertel van sy reise. Willem het vir my ‘n speelgoed vliegtuigie belowe. Salige Rus het toe al regeer in Blogland (dit was in die dae voor Attie). Die man in die Pienk Zuit het toe reeds begin met sy veldtog om almal te bekeer tot Firefox en PnP Go Banking. Die Lammervanger had ons almal histeries met sy pittighede. (Ek mis hom.) Dan was daar Medusa, wat net so af en toe geblog het. Andrew (ek dink dit was sy naam) het die mooiste foto’s uit Europa gepost. En dan was daar nog die funny ou wat oor koffie geskryf het. (Ons was natuurlik almal Blogspotters in daardie dae.)

Ons was almal grotendeels eendersdenkend en het mekaar heerlik vermaak met ons kwasi-liberale eensgesindheid. Niemand was ooit lelik met enigiemand anders nie (behalwe Salige Rus soms met Klagat, maar dit was in ‘n goeie gees bedoel). Niemand het vir enigiemand anders gepreek nie. Ons was saam lekker beïndruk met die hoogstaande gehalte van ons gesprekke (veral die Lammervanger, natuurlik). Niemand het ‘n post begin met “Hallo Maatjies” nie, niemand het vertel as hulle verveeld was nie en niemand het ‘n blow-by-blow weergawe gegee van hul dag by die werk nie.

Maar ons het groot geword. Blogland het ontplof. Om elke kliek skop jy ‘n Afrikaanse blog uit. En ons moes leer dat almal met internet toegang nie dieselfde is nie. Dat mense soms radikaal van ons verskil, soms selfs ongeskik is. Ons het ontdek dat daar iets soos “blog rage” is. Ons het geleer dat wat vir ons mooi en belangrik is, soms ander se kompos is.

So word ons wyser. Intussen gaan die soektog na die Perfekte Vegetariese Toebroodjie voort, asook die veldtog vir Firefox en PnP Go Banking. So ook, Inderdaad, die nonsens waaroor niemand eintlik veronderstel is om Om Te Gee nie.

12 comments February 10, 2008

Ou Koeie

Liewe Freddels gee my die geleentheid om te spog met my gunsteling posts. Wat ‘n wonderlike idee! Nou kan ek ou posts recycle. Probleem is, ek is baie lief vir hierdie ou bloggie. Ek is nie ‘n stats-slet nie. Ek blog eintlik maar net vir my eie plesier. Hoe kies ‘n ma haar gunsteling kind? Gevolglik is daar twee afdelings met 5 elk (in volgorde van oudste tot jongste):

1. Nonsies. Hierdie blog was nooit bedoel om ernstig opgeneem te word nie.

2. Posts wat nie noodwendig goed of relevant of vermaaklik vir enigiemand anders is nie, maar wat my na aan die hart lê:

Ek wil net baie dankie sê vir my ma, dat sy altyd aangehou het om in my te glo, en vir my pa, dat hy my altyd gedruk het om my beste te doen, en vir die hoof van die huis, wat altyd lag vir my grappies, en vir ons katjies, wat altyd al hulle kos opeet, en vir al my lesers, wat duidelik ‘n lewe kort, en vir freddy, wat my hierdie wonderlike geleentheid gegun het. Sonder julle kon ek dit nie doen nie.  kom ons tag die man met die pienk zuit.

9 comments February 8, 2008

Die week van kewtness is verby

Wat ek vir Valentynsdag gaan kry.

Kyk, Lily is pragtig en ek sal altyd vir haar lief bly.  Maar ek het al genoem dat ek aandag-afleibaar is.  Tyd vir ‘n upgrade!

5 comments February 8, 2008

Terwyl ek paar daggies weg is

Katte is altyd verseker om kewtness te voorsien. Dis wat hulle so gevaarlik maak.

00033237.jpg

00033369.jpg

att00030.jpg

Staan vas en hou goeie moed! Die week van kewtness is amper verby.

6 comments February 5, 2008

Die kewtness duur voort

Hierdie prentjies het ek lank gelede by OppieTrap gekry.  (Terloops, OppieTrap ontvang in April die Blerrie D.)olac.jpgzszafkimamusi.jpg

5 comments February 5, 2008

Previous Posts


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere