Archive for April, 2008

Begripstoets

Kyk mooi na Rembrandt se “Pelgrims by Emmaus” (daar gaan ‘n toets wees na die tyd).Wat sien jy?  Wat probeer Rembrandt alles sê deur hierdie skildery?

Bv.  wat is die doel van die sak agter teen die muur?  Is dit ‘n stoel wat op die voorgrond lê?  Hoekom? Wat is die idee met die lig en donker?  Hoekom is die arme vrou agter in die kombuis?  Hoekom sit Jesus so half selfvoldaan agteroor?  En enige ander wysheid wat ek mag mis.

9 comments April 29, 2008

Filosofie 112

Die kat sit op die mat.

Maar sit die kat op die mat?

6 comments April 27, 2008

But why?!

Daar is so baie dinge in die lewe wat ek nie verstaan nie, dinge wat my jaag en in die nag wakker hou.

Byvoorbeeld:

Hoekom spel mens “Linen” met een “n”? Dan is dit mos “laainen”?

Hoekom spel mens “Paterson” met net een “t”? Dan is dit mos “Paiterson”?

2 comments April 24, 2008

Ek sterf nie, ek is reeds dood

Daar bestaan nie ‘n fliek wat so grusaam is soos hierdie waarheid nie. Selfs my nagmerries is nie so erg nie. As die Lammervanger nog geleef het, sou hy onmiddelik teruggekeer het SA toe.

8 comments April 23, 2008

Magtig Mans

Verwys.

Ek het geleer dat ‘n eenvoudige antwoord in komplekse situasies gewoonlik die verkeerde antwoord is. En dat die eintlike antwoord selfs nog eenvoudiger is.

“Vroue, weet net God se plan is dat die manne hulle plek moet inneem as konings van die huis en dan sal ons volg soos ons
moet!!! Wees dus saam met my bly oor gesinne wat gaan verander na die MMC-input. …

Mag God Almagtig nou ook gee dat ons mans hul gesagsposisies sal opneem wat so deur die vyand en die media en, ai tog, ook deur onsself van ons mans gesteel word. … Mag dit so wees en mag ons girls sag werk met ons konings en help opbou aan ons kroonprinse en prinsesse saam met ons mans.”

14 comments April 21, 2008

So oud soos die berge

Ek was hierdie week in:

  • Paterson
  • Oos London
  • Queenstown
  • Dordrecht
  • Molteno
  • Steynsburg
  • Cradock

Ek is aangegryp deur die tydloosheid van hierdie streek, deur die skoonheid wat in jou beendere gaan sit, hier in die wêreld waar mense met fluitjies aan hul voertuie ry sodat die wild nie voor hulle inspring nie.

(Ongelukkig het ons meestal so vinnig gery, dat ek nie foto’s kon neem nie. Het wel ‘n foto van ‘n pink kerk geneem.)

Add comment April 20, 2008

Barbie moet sterf

Roer se geskiedenisles re Barbie noop my om te reageer.

“They can dress her up in a lab coat or a business suit, but Barbie’s purpose has nothing to do with what she wears and everything to do with how she looks. That is her ultimate message to the girls who enter her world: What you do doesn’t matter unless you ooze sex appeal while doing it. And that means having certain physical attributes, such as unnaturally long legs and huge breasts.

A team of bored number crunchers with nothing better to do once extrapolated Barbie’s dimensions to discover what she would look like if she were human. The resulting description revealed not a person, but a genuine freak. Barbie’s statistics in a live human being would produce a woman over 7 feet tall with a 44-inch bust, a 17-inch waist and 40-inch hips.” [Sy sou bv. nie kon regop bly nie.]

2 comments April 19, 2008

Jou Bleddie Bad

Ek loop dikwels stukkies “conventional wisdom” raak wat vir my verby bizar is, wat ek net glad nie verstaan nie en wat op geen manier vir my enige logiese sin maak nie.  Dis sulke tye wat ek dink dat ek dalk per ongeluk op die verkeerde planeet gebore is.

Ons is besig met ‘n roadshow, ek en ‘n klomp manne.  So slaap ons elke aand in ‘n ander gastehuis.  En elke frickin’ keer word die kamer met die bad spesiaal gegee “vir die dame”.

Waar, o waar, kom die onnosel idee vandaan dat vroue bad en mans stort?  Whhhhhyyyyyyy?????!!!!!

Ek het al genoem dat ek nie bad nie.  Dit is vir my vreeslik grillerig om in jou eie stof en sweet te week.  En  enige ordentlike dokter sal jou vertel dat dit uiters ongesond is vir vroue om te bad – dis waar baie infeksies vandaan kom.  So hoekom – HOEKOM – dink mense vroue wil bad en nie stort nie?

EK SOEK NIE DIE FLIPPEN KAMER MET DIE BAD NIE!

4 comments April 17, 2008

Vernon Koekemoer

Vir wie belangstel (lees: Freddy):

Vernon Koekemoer gesels vanaand om 20:00 op Kwêla (KykNet).  Die video behoort kort daarna op die internet beskikbaar te wees, vir die armsaliges wat nie DSTV kan bekostig nie.

2 comments April 16, 2008

Love me, I’m interessting

Ek wil net baie dankie sê vir Roer wat my hierdie wonderlike geleentheid gegee het om weer vir almal wat hier lees te wys hoe erudiet en über-kewl ek is:

8 Dinge waaroor ek passievol is

  • Spiritualiteit
  • My studies
  • Die Hoof van die Huis
  • Geregtigheid, regverdigheid
  • Feminisme
  • My werk (bietjie van ‘n liefde/haat verhouding – ek het my werk lief en ek haat dit met ‘n passie)
  • Afrika
  • My (meestal mislukte) poging om alle mense te aanvaar en te respekteer.

8 Goed wat ek wil doen voor ek sterf

  • Doktorsgraad kry
  • Leer drom speel
  • Boekie skryf (ek tans besig om met ‘n uitgewer te onderhandel oor ‘n klein kinderboekie)
  • Gesonder leef
  • Xhosa leer
  • Die wêreld sien (Serengeti eerste)
  • Dit regkry om alle mense te aanvaar en respekteer
  • Eintlik is ek redelik tevrede met my lewe, en het reeds die helfte van die goed gedoen op ‘n soortgelyke lys wat ek járe gelede opgestel het.

8 Goed wat ek gereeld sê

  • Ek sug byna konstant. (Dit word veroorsaak deur IBS, en nie my gesindheid nie, magtig!)
  • Fuck
  • “God is acting in all actions upon you. So respond to all actions upon you as to respond to his action”
  • Ek is mal oor jou.
  • Inderdaad.
  • Ek weet nie.
  • ‘n Probleem sal altyd aanmeld waar dit dink dit ‘n oplossing sal vind. Moenie jou probleme myne maak nie.
  • Nee.

8 Boeke wat ek onlangs gelees het

  • Besig met Terry Goodkind se “Sword of Truth” reeks: Wizard’s First Rule
  • Stone of Tears
  • Blood of the Fold
  • Temple of the Winds
  • Soul of Fire
  • Staying in Touch deur John Ackerman
  • Active Spirituality deur Kent Ira Groff
  • The Secret Message of Jesus deur Brian McLaren

8 Liedjies wat ek oor en oor kan luister

  • This is to mother you van Sinéad O’Conner
  • Thank you van Alanis Morissette
  • Thula van Eugenie
  • Atlantis in jou lyf van Koos Kombuis
  • Spiegel Im Spiegel van Arvo Pärt
  • Bad Valentine van Transvision Vamp
  • Blood of Eden van Peter Gabriël
  • Sizophum’ Elokishine van Simphiwe Dana

8 Flieks wat ek al 8 of meer kere gesien het (8 of meer? Dalk bietjie baie. Kom ons maak dit 8 flieks wat ek al ontelbare kere gesien het)

  • Jurassic Park
  • Cinema Paradiso
  • Tank Girl
  • Pirates of the Caribean
  • Italian for Beginners
  • Like Water for Chocolate
  • Pitch Black
  • Dogma

8 Bloggers wat moet saam speel

Ek is gewoonlik bietjie versigtig om ander te tag, ingeval ek vir Bertus Melk aftick. Maar kom ons tag die volgende (minder as 8) persone:

  • oordose
  • Freddy (hy’s reeds getag, maar ek tag hom nog)
  • Kat van Vlermuis&Kat-faam
  • EN die Pienk Zuit. Want ek kan. Hur hur hur. Ek weet jy’t genoeg vriende.

7 comments April 11, 2008

Vlaglied

Johan se oordenking het my weer laat dink aan dié liedjie wat ons met elke Republiekdagviering uit volle bors gesing het:

VLAGLIED

Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: F.J. JOUBERT

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy's die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf'nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.

7 comments April 10, 2008

Vakansiegeselskap

Nou’s dit oor. Of, in die beroemde woorde van Tank Girl: “It’s been swell, but the swelling’s gone down now.”

Add comment April 10, 2008


Onlangse Kommentaar

Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…
VAKTAP on Pride and Prejudice and Z…
Bertus on Pride and Prejudice and Z…
Rikus on Mode Polisie
maeree on Mode Polisie

Blogroll

Argiewe

Voere