Vlaglied

April 10, 2008

Johan se oordenking het my weer laat dink aan dié liedjie wat ons met elke Republiekdagviering uit volle bors gesing het:

VLAGLIED

Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: F.J. JOUBERT

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy's die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf'nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.

Entry Filed under: Uncategorized. .

9 Comments Add your own

  • 1. Johan Swarts  |  April 10, 2008 at 12:13 nm

    op ‘n poëtiese vlak is hierdie baie mooi woorde.

    die eerste reël is egter vir my skielik skryend ironies.

    Reply
  • 2. Roer  |  April 10, 2008 at 12:21 nm

    As jy wil… http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/04/10/ons-tag-alweer-8/

    Ja, baie ironies Johan. Het Langenhoven maar geweet.

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  April 10, 2008 at 1:29 nm

    O hoor jy die magtige dreuning?
    Oor die veld kom dit aan gesweef!
    Die lied van ‘n volk se ontwaking,
    Wat harte laat sidder en beef.

    Reply
  • 4. freddy  |  April 10, 2008 at 4:51 nm

    Gepraat van poeties:

    Dit is die lied van jong Suid-Afrika
    Dit is die lied van jong Suid-Afrika
    Dit is die lied van jong Suid-Afrika
    Dit is die lied van jong Suid-Afrika
    Dit is die lied
    Dit is die lied
    Dit is die lied
    Dit is die lied
    van jong Suid AAAAAAA-(asemteug) – friiiiiii-KA!
    Dis anyway hoe dit gevoel het.
    Baie baie poeties gedoen.

    Reply
  • 5. Pienk Zuit  |  April 10, 2008 at 4:54 nm

    sorry maeree. Ken nie sharpreader nie. Sover ek weet het blogger ook RSS feeds. Of op watter manier werk dit nie? Kan nie subscribe nie, of kan nie lees nie?

    Reply
  • 6. sonkind  |  April 10, 2008 at 7:27 nm

    Jy gaan haal nou ou vergete herinneringe uit. OIngeag bly dit ‘n flippin mooi lied.

    Reply
  • 7. maeree  |  April 11, 2008 at 9:24 vm

    zuit, sharpreader & blogger werk nie saam nie, so ek het gewonder hoe blogger se feeds werk.

    Reply
  • 8. Jack Murray (voorheen Jacques)  |  November 8, 2009 at 4:39 nm

    Het iemand dalk ‘n opname wat die ou Vlaglied op YouTube kan pos? Ek lees die woorde, en onthou dat ek dit in ‘n vrooer lewe geken het (amper soos ‘n droom) maar ek wens ek kan weer die melodie hoor. Enige-iemand?

    Ek’s al 10 jaar uit SA uit maar raak nog dikwels nostalgies oor my kniderjare in die Ou Suid-Afrika.

    Reply
  • 9. gogga  |  November 9, 2009 at 12:04 nm

    http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere