Jou Bleddie Bad

April 17, 2008

Ek loop dikwels stukkies “conventional wisdom” raak wat vir my verby bizar is, wat ek net glad nie verstaan nie en wat op geen manier vir my enige logiese sin maak nie.  Dis sulke tye wat ek dink dat ek dalk per ongeluk op die verkeerde planeet gebore is.

Ons is besig met ‘n roadshow, ek en ‘n klomp manne.  So slaap ons elke aand in ‘n ander gastehuis.  En elke frickin’ keer word die kamer met die bad spesiaal gegee “vir die dame”.

Waar, o waar, kom die onnosel idee vandaan dat vroue bad en mans stort?  Whhhhhyyyyyyy?????!!!!!

Ek het al genoem dat ek nie bad nie.  Dit is vir my vreeslik grillerig om in jou eie stof en sweet te week.  En  enige ordentlike dokter sal jou vertel dat dit uiters ongesond is vir vroue om te bad – dis waar baie infeksies vandaan kom.  So hoekom – HOEKOM – dink mense vroue wil bad en nie stort nie?

EK SOEK NIE DIE FLIPPEN KAMER MET DIE BAD NIE!

Entry Filed under: Uncategorized. .

4 Comments Add your own

  • 1. arcadia  |  April 17, 2008 at 3:01 nm

    dalk omdat dit makliker is om jou beenhare in ‘n bad te skeer? (en omdat beenhare oor die algemeen meer deur vroue as deur mans geskeer word – )

    Reply
  • 2. freddy  |  April 18, 2008 at 7:30 vm

    Joeg! Dan moet jy nog in jou eie beenhaarstoppels OOK week?

    Maar Arcadia, wie het jou die idee gegee Maeree skeer haar beenhare?

    Reply
  • 3. maeree  |  April 18, 2008 at 8:55 vm

    dankie freddy – heel spesifiek vir jou eerste sin.
    hoe skeer mens jou beenhare in die bad? gebruik jy gevorderde joga posisies?

    ek het vergeet om te noem dat ek hare het soos daai trolletjies wat almal in die 90’s gehad het – behalwe, myne hang op my boure. dis onmoontlik om te was in ‘n bad.

    Reply
  • 4. Pikkelik  |  April 19, 2008 at 10:50 vm

    Jy sal maar net vir jou een van daai handstort gedoentes moet saamry. Lig en ekonomies… :roll:

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere