Archive for September, 2008
X-kind
Die Hoof van die Huis sê hy kan nie verstaan waarom ouers altyd so ontsteld raak as hulle kinders superpowers het nie. As hy sou agterkom dat sy kinders superpowers het, sal hy dit aanmoedig.
Wat sal jy doen as jy agterkom jou kind het superpowers?
13 comments September 28, 2008
Ek is nie meer by Oppietrap nie
Maar hier is die foto wat Freddy so ywerig versoek het. (Jammer Zuit, ek was te laat vir die kunswerke.)
5 comments September 22, 2008
Ek kuier by OppieTrap
Ek het gedink dat dié van julle wat nog vir OppieTrap onthou – en dalk ‘n fan was – sal hou van ‘n lukraake seleksie van titels van boeke wat op haar boekrak staan:
Gekaapte Tyd – Hennie Auckamp
Judaskus – Joan Hambridge
Die Woedende Brood – Sheila Cussons
Die Swye van Mario Salviati – Ettienne van Heerden
As Meat Loves Salt - Maria McCann
In Search of the Immortals – Howard REad
The Namesake – Jhumpa Cabin
Draaijakkels – George Weideman
The Tibetan Book of Living and Dying – Sogyal Rinpoche
The Great Transformation – Karen Armstrong
Die Eiesoortigheid van die Christelike Moraal – D.E. de Villiers
Awakening the Buddha Within – Luma Suya Das
Whoredom in Kimmage – Rosemary Mahoney
To Kill a Mockingbird – Harper Lee
Ek Stamel Ek Sterwe – Eben Venter
The Vagina Monologues – Eve Ensler (Wat sy by die uwe Maeree present gekry het.)
Dan vertel ek nog nie eers van haar CD-versameling nie!
Ek kuier lekker.
10 comments September 20, 2008
Undead or Alive
Hierdie fliek het die beste tagline OOIT:
“Guns don’t kill people. Zombies kill people.”
http://www.metacafe.com/watch/973624/undead_or_alive_trailer/
[Ek kry al weer nie die flippen video gelaai nie. Waar's die geleerdes wat kan help?]
5 comments September 18, 2008
Maeree is in the house.
Ek wik en weeg al lank of ek hieroor moet post. Sien, ek is baie nederig. Dit is een van my uitstaande kenmerke. Enigiemand wat my persoonlik goed ken, sal vir jou vertel hoe nederig ek is. Dis daarom met groot huiwering dat ek aankondig dat Oopkop vir my ‘n “blog award” gegee het. [insert dansie hier] Ek was verstom, hoofsaaklik omdat ek nie geweet het sy lees nog hier nie. Mapstieks, ek het minstens vier lesers! EN ‘n blog award. Hoog tyd.
Wat my egter vele slaapelose nagte besorg het, was Oopkop se vermoede dat ek nie “all there” is nie. Sien, my grootste vrees in die lewe is om nie selfinsig te hê nie. En as jy nie selfinsig het nie, sal jy nooit weet dat jy nie selfinsig het nie! Die malste mense wat ek ken, weet nie eers dat hulle mal is nie (nee Freddy, ek praat nie nou van jou nie. Die feit dat jy wonder, is jou antwoord). Dus, help my asb. met insig.
24 comments September 15, 2008
Ek dink sy’s ernstig
“Feminism is a socialist, anti-family, political movement that encourages women to leave their husbands, kill their children, practice witchcraft, destroy capitalism and become lesbians.” – Pat Robertson
http://truthxposedwomen.blogspot.com
9 comments September 10, 2008
Die geval van die misterieuse plastiek tentjie
My kar is mý kar. Niemand anders ry daarmee nie. Soms sal die Hoof van die Huis bestuur, maar dan is ek gewoonlik by en nie lus vir bestuur nie. As ek nie met my kar ry nie, word dit toegesluit. Niemand anders kan in my kar kom nie.
Ek was gevolglik effens gegooi toe ek Maandag ‘n plastiek speelgoed tentjie op die kar se vloer vind. Hoe het die tentjie sy pad in my kar in gevind?
Die groot vraag is egter: waarheen wil die tentjie gaan? Hy het duidelik ‘n verwagting dat ek hom êrens heen sal neem, iewers gaan aflaai waar hy nodig is. Het enigiemand enige idee waarheen Tentjie wil gaan?
10 comments September 4, 2008
Malaysian man gets nut stuck around penis
Dit is die opskrif van ‘n artikel in vandag se Mail & Guardian.
Dan wonder mense nog hoekom ek nie Die Burger lees nie.
Add comment September 2, 2008


