Archive for Oktober, 2008

Weg

Add comment Oktober 30, 2008

For the fans

AGT boeke:

‘n CD & DVD:

Én ‘n glans dagboek:

9 comments Oktober 25, 2008

Hoekom werk dit nie?!

Al vir lank nie!

http://www.sanparks.org/webcams/satara.php

http://www.sanparks.org/webcams/nossob.php

http://www.sanparks.org/webcams/orpen.php

Werk dit by jou?

(snik)

2 comments Oktober 22, 2008

“Deliberately barren”

Ek het nie kinders nie.  Ek wil nie kinders hê nie. Blykbaar maak dit van my ‘n freak.

Ek het geen probleem met kinders nie.  Ek dink babatjies is cute.  Katjies ook en laasgenoemde sorg grotendeels vir hulleself.

Deesdae sien ek al meer artikels oor hierdie vreemde fenomeen:  vroue wat kies om nie kinders te hê nie.  Die skrywers probeer allerhande redes aanvoer vir hierdie “nuwe” verskynsel.  Gewoonlik is daar ‘n vrou of twee wat haar verhaal vertel.  Elke vrou met wie gesels word, gee redes soos:  “Ek wil nie ‘n kind in hierdie wêreld in bring nie”,  of “Ek het dit te laat gelos.”

Ek is jammer, maar ek het geen so ‘n noble rede nie. Ek wil nie kinders hê nie, want ek wil nie.  Ek het geen begeerte om kinders te kry nie.  Ek sien die pyn en worsteling van mense wat graag kinders wil hê en sukkel om swanger te word.  Hoewel ek simpatie het, verstaan ek dit glád nie.

Ek kan heelwat redes gee vir my kindersloosheid: ons kan dit nie bekostig nie; ek is te selfsugtig; daar is te veel dinge wat ek nog in die lewe wil doen; my werk is vir my ‘n belangrike prioriteit, ens.  Elkeen moontlik waar, maar nie een die werklike rede nie.  Ek het eenvoudig geen begeerte om kinders te hê nie.

Dit is ook interessant hoe mense aanneem dat ek hierdie besluit op my eie geneem het en dat die Hoof van die Huis eintlik heimlik ‘n kind begeer.  Wat nie waar is nie – hy is nog meer gekant teen die idee as ek!

Toe die Hoof van die Huis se pa verlede jaar oorlede is, het skoonma hom eenkant geneem en vertel hoedat skoonpa se naam nou hier uitsterf, omdat ons nie kinders wil hê nie.  Dit is een van die mees geniepsige vorms van emosionele afpersing wat ek nog ooit beleef het.  Om nie eers te praat van naïef nie:  wat laat haar dink dat ons kinders sý van sal hê?  Hulle sou waarskynlik ‘n kombinasie van ons twee se vanne gehad het (aangesien ons nie dieselfde van het nie.)  Maar dit is nog ‘n ding wat ek glad nie verstaan nie, die voortbestaan van die familienaam.  Is dit werklik al nalatenskap wat ‘n mens kan los – ‘n naam?  Watter nalatenskap het vrouens?  I just don’t get it. (Rosalind Franklin se post oor DNA hou moontlik verband.)

Dan is daar natuurlik ook die mans wat my graag (met groot erns) aanspreek in die lig van 1 Timoteus 2:15:  “Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly.” [Ja, ek beweeg in sulke kringe.]

Ek wil nie kinders hê nie. Ek wou vir my 30ste verjaardag vir myself ‘n sterilisasie persent gee, maar toe ontdek ek Mirena.  I’m a freak and I’m proud of it.

14 comments Oktober 13, 2008

She

Ek kan nie wag nie!

(Wat ek nie kan verstaan nie, is waarom Kalahari die DVD se titel van “She” verander het na “Shells”.)

3 comments Oktober 9, 2008

Wasdag

2 comments Oktober 8, 2008

Public Service Announcement

Hier kan jy ‘n Zombie Outbreak Survival Kit koop.

“Protect your community from the undead with this Zombie Outbreak Survival Kit, filled with dozens of useful items. Included in this kit are: 20-feet of yellow “Caution: Zombie Outbreak” barrier tape, 16 trading cards, 4 warning signs, 8 hazard stickers, 2 toe tags, an instructional poster, a “bite kit,” and more! Plus, the kit comes with a bonus CD-ROM containing ShockWave shooters and desktop themes!”

3 comments Oktober 6, 2008

Ek is weer by die huis

Ek is ongelukkig nie meer met vakansie nie. Maar ek het dit goed gedink om al die jongste skinder nuus te deel:

  • My pa is ‘n hamster.
  • Dit gaan baie sleg met my ma.
  • My ma is onder die indruk dat my pa ‘n “verligte man” is. (Dis dieselfde pa wat glo dat dit nonsens is dat mans goed soos aftershave en deodorant dra. “Dit breek die onderskeid tussen mans en vroue af en ontneem mans hul hoofskap.” I kid you not. Hy gebruik spirits vir aftershave.)
  • oor.dose se vrou het vir ‘n week lank by haar ma gaan kuier. Hmmm. Mind you, ek het dieselfde gedoen, so dalk beteken dit niks nie.
  • oor.dose se amper-2-jarige seuntjie het ‘n skoen fetish en is op sy gelukkigste as hy kan skoonmaak. Sit ‘n besem in sy hand en hy’s happiness. (Wat van ‘n foto of twee?)
  • Kleinboet se huis is erg leeg nadat sy meisie uitgetrek het. Dis moeilik om agter te kom hoe dit met kleinboet gaan.
  • Kleinboet se katte is mal. Ek word in die middel van die nag wakker van katte wat spin asof hulle ‘n megafoon ingesluk het terwyl hulle aan mekaar suig. That’s just not on.
  • Niemand wou my boud soen nadat ek ‘n voltaren-inspuiting gekry het nie. Gelukkig was my boud steeds blou toe ek by die huis kom en die Hoof van die Huis is still kissing my butt.
  • Die Kaap is nat.

8 comments Oktober 4, 2008


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere