Archive for Januarie, 2009

Nuwe Genus

Die Katplant

3 comments Januarie 31, 2009

‘n Tragiese storie met ‘n semi-gelukkige einde

Opgedra aan die Piesangverkoper – ek wonder of daar jakkalse in hulle dorpie is?

jakkalsDie jakkalse is ‘n groot probleem vir die boere. Amper so erg soos die droogte en die sprinkane. So vertel iemand dat hy gevra word om honderde hoendertjies vanaf Murraysburg na Rietbron te vervoer. Daar word dodelike gif, gemeng met heuning, onder die hoendertjies se kele gesmeer. Dié word dan in die veld losgelaat. Die jakkalse vang die hoendertjies en sterf binne minute.

Nadat die persoon die hoendertjies afgelaai het, sê een van die boere dat hy besluit het om dit maar liewers nie te doen nie – dis te veel soos moord.

4 comments Januarie 29, 2009

Laat-aand

Vervolg op vroeg-aand

Add comment Januarie 28, 2009

@#$*& Firefox

Ek keer sommer terug na Internet Explorer.

5 comments Januarie 27, 2009

Vroeg-aand in die bos

dscf28181Hoekom sal enigiemand nié in Suid-Afrika wil bly nie?

4 comments Januarie 23, 2009

Ek is ‘n profeet

Nee, regtig. So het ek bv. jare gelede al voorspel* dat die VSA ‘n swart president sal hê lank voordat hulle ‘n vroulike president sal hê. Vandag word daardie voorspelling waar.

*Hier doen ek dít wat mense so dikwels doen – verwar profesie met voorspellings. Profesie is natuurlik iets heel anders as om die toekoms te voorspel. Ek is ‘n profeet, maar ek kan nie die toekoms voorspel nie. Wel, nie altyd nie.

2 comments Januarie 20, 2009

Uptown

Ons spring van opgewondenheid: ons stadjie gaan ‘n kunsfliek-teater kry! Jippee! Met ‘n spesiale teater vir kleiner groepe (met rusbanke, drankies, e.d.m.), kabarette, feestelike tematiese aande… O, die afwagting is onhoudbaar.

So maak die teater met die ambisieuse naam “Uptown” laat in 2008 oop. Net voor Kersfees vertoon hulle twee flieks: Quantum of Solace & Mister Bones II.

10 comments Januarie 9, 2009

Pause die moan

My dag is gemaak deur die ontdekking van wikileaks.org.
Spesifiek die Kompetisiekomissie se verslag oor die banke, asook hul reaksie op wikileaks se verspreiding daarvan, vind ek heel plesierig.

1 comment Januarie 8, 2009

Enigma

Waarom is dit altyd swart katte wat oor die pad stap? Hoekom bly wit/grys/gemmer/bont katte altyd aan hulle kant van die pad, maar swart katte stap voor mense oor die pad?

2 comments Januarie 8, 2009

Die Seisoen van Moan gaan voort…

En niks kan dit beter sê as hierdie nie.
“If this were Gaza, it would be unacceptable.”
Wonder hoekom.

2 comments Januarie 7, 2009

Die seisoen van moan

Dankie aan George vir die inspirasie. Ek het besluit om 2009 kla-kla te begroet.

Die eerste ding waaroor ek wil kla, is mense wat die hele tyd kla. Jy ken die soort: sponse wat die lewe uit alles en almal om hulle suig. Kla kla kla. Niks is ooit goed genoeg nie. Hulle is net gelukkig wanneer hulle kan kla. Dit irriteer my.

Add comment Januarie 6, 2009

Alles is anders

Ek draai my rug vir ‘n kort vakansietjie en ewe skielik verander WordPress alles. Ek is nie ‘n tevrede kliënt nie! So what as ek nie betaal vir die dienste nie?

3 comments Januarie 2, 2009


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere