Die laaste zombie novel wat ek ooit sal lees

Augustus 24, 2009

handling-the-undeadDit is algemeen bekend dat ek ‘n gesonde voorliefde het vir zombie-novels.  Maar hierdie was die laaste een wat ek gelees het.  Nooit weer nie.

Soos wat ‘n mens te wagte kan wees, is Sweedse zombies nice.  Hulle wil niemand verorber nie – hulle wil net graag huis toe gaan.  Dié dat hierdie werk ‘n liefdesverhaal genoem word.

En dis ook net hier waar ek die streep trek.  Natuurlik is zombies tragies.  Dit herinner ons almal aan die skadu wat die dood daagliks oor ons lewens gooi.  Maar ‘n oupa wat sy 4 jarige kleinseun met sy hande uit die graf grawe en hom dan room smeer in ‘n poging om sy lyk te bevogtig…

The horror.  Too horrible.

Ek sal volstaan by zombie flieks.  As hulle net meer zombie flieks wil maak!

Entry Filed under: Uncategorized. .

3 Comments Add your own

  • 1. freddy  |  Augustus 24, 2009 at 7:51 nm

    Interessant.

    ‘n Bloedige doodskoot in die kop of ‘n afkappery met ‘n stomp byl laat niemand meer gril nie.

    Maar Nivea for Men doen die ding…

    Reply
  • 2. Sonkind  |  Augustus 24, 2009 at 8:26 nm

    :lol: @ freddy

    So, wat dink jy van die nuutste Vampire craze? – Twilight etcetera

    Reply
  • 3. Bertus!  |  Augustus 24, 2009 at 9:47 nm

    Dis jammer, want nou sal jy nie die pas gepubliseerde Pride, Prejudice and Zombies kan lees nie en gaan ek jou ook nie my eksemplaar leen nie.

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Kommentaar

Martin Meyer on Ek kan die versoeking nie…
Elheino on Wanneer dinge in die lewe rég…
gogga on Vlaglied
Jack Murray (voorhee… on Vlaglied
Charmaine Janssens on Ek’s ‘n dapper…

Blogroll

Argiewe

Voere