Drome op snooze

April 1, 2006 at 10:40 vm Lewer kommentaar

‘n Vlak post om op te maak vir die corny titel.

Ek droom altyd vreeslik interessante drome – soos goed uitgewerkte draaiboeke, met storielyn, opbou, ontknoping en al die ander fênsie literêre terme wat ek nie ken nie. Die spanning bou op, mens kan nie wag om te sien hoe die droom gaan eindig nie, en dan nét op die punt van die ontknoping, lui die wekker. En jy weet: die einde van hierdie droom is vir altyd buite jou bereik. Selfs al druk jy die snooze knoppie en slaap verder in die hoop dat die droom sal aangaan waar dit opgehou het. Dit gebeur nie.

Ek het eendag, lank lank gele’e, ‘n storie op TV gesien oor demone wat mense van die Regte Weg af probeer verlei. Een van die demone vertel dat wekkers se snooze-knoppies deur die duiwel ontwerp is.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Afrikaners is onplesierig Waar’s my blog?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: