Wat ek die naweek gedoen het

April 3, 2006 at 11:49 vm Lewer kommentaar

Naweek naweek. Wonderlike naweek. Wie het dit uitgevind? Naweke is die beste goed – lekkerder as chocolate, beter as dans. Ek kan steeds nie daaroor kom dat daar mense is wat gereeld naweke het nie. Wat ’n geseënde lewe! Einde van die week, en hier kom… naweek!

Dus, wat ek hierdie naweek gedoen het:
Saterdag:
laat geslaap;
buskaartjie vir volgende naweek se trip Arjeplog toe gaan koop;
in die stad rond gedrentel;
allerhande tweedehandse winkeltjies besoek;
honderde foto’s geneem;
ander mense se innoverende blogs gelees
en uitgegaan vir pizza.

Sondag:
laat geslaap;
in middellyf-diep sneeu gaan stap;
met ’n slee gery;
heerlike SA rooiwyn gedrink;
die voordeur in my longjohns oopgemaak (ek het vergeet my broek hang oor die verwarmer om droog te word)
en vroeg in die bed geklim (nie saam met die man vir wie ek die voordeur oopgemaak het in my onderklere nie; wel saam met die man wat byna ’n breuk gekry het soos wat hy gelag het.)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Nou verstaan ek! Army

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: