Egg Salad Sandwich

April 18, 2006 at 6:51 nm 2 Kommentaar

Ek besef hoe gevaarlik my odes aan naweke kan wees. Ek herinner myself aanmekaar aan die toneel uit The 40 Year Old Vigin waar hy sy naweek – en sy poging om ’n egg salad sandwich te maak – beskryf. Maar:

Ek het hierdie naweek:

Kerk toe gegaan (drie keer, want dit was Paasnaweek);
Gesauna* (twee keer);
Heerlike forel geëet;
In die stad rondgedrentel;
Heerlike gegeurde tee, met roosblare en moerbeie, gekoop;
Saam met mense van Libanon, Indië, Nigerië en Ghana gekuier;
Die See van Bothnia besoek (dis deel van die Baltiese see); ’n Gevriesde see gesien!
Piekniek gehou in die sneeu by die see.
Ninnies afgevries**.

*Die foto het, om voor die hand liggende redes, nie mense by nie.
**Aangesien niemand my nog kon antwoord oor die ninnies nie, en aangesien ek my ninnies afgevries het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Dís mos hoe mens Paasfees vier Vir prof

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Do Kwang  |  April 19, 2006 om 2:56 nm

    Daai tweede foto van die wit landskap – het jy dit geneem? Dit is my grootste droom in die hele we^reld om eendag so plek te sien, net ys ys ys.
    Lees die boek The Left Hand of Darkness van Ursula le Guin, dit speel op so plek af.

    Reply
  • 2. maeree  |  April 19, 2006 om 3:28 nm

    Ja, ek het dit geneem. Dis die see! Die wit sneeubedekte landskappe is beeldskoon – veral as die son skyn.
    Jy het my geïnspireer – het verlede week le Guin se “Wizard of Earthsea” by Amazon bestel (vir 1c). Ek’t nog nooit enige van haar boeke gelees nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: