Unfavourite Movie Moment I

April 28, 2006 at 11:57 nm 4 Kommentaar


So besluit ek vanaand om maar die 90 krone vir ‘n fliek uit te grawe en kyk V for Vendetta. Die poster movie vir “Battered Women Anonymous”. Soos dit enige lid van die massas betaam, dink ek ook die toneel waar hulle Big Ben opblaas is wonderlik. Maar “V” martel vir Evey – hy martel haar – soos in torture. En sy reageer deur hom op sy plastiek masker te soen. Sug.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Yinyang blog Klaaglied

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Do Kwang  |  Mei 2, 2006 om 11:58 vm

    Ja, baie interessant. Dis seker maar daai ding, van jy martel iemand en breek hul persoonlikheid af, dan kan jy hulle na jou wil vorm. Dit werk in manskoshuise en in die weermag. Dalk het sy na die marteling so bietjie Stockholm sindroom gehad.
    Wat dink jy van die feit dat die held ‘n terroris is? Ek dink nie hy is een nie, want hy skiet nooit burgerlikes nie, maar dit lyk steeds of die fliek die vraag wil vra, of dit okay is om ‘n terroris te wees indien die saak waarvoor jy baklei edel genoeg is.

    Reply
  • 2. maeree  |  Mei 2, 2006 om 1:45 nm

    Mmm, baie interessant. Hy veroorsaak tog burgerlikes se dood, al maak hy hulle nie self dood nie.
    ‘n Terroris se saak is altyd edel – dis immers hoekom hulle terroriste raak, is dit nie? En edel, soos altyd, is in the eye of the beholder.

    Reply
  • 3. rondloper  |  Mei 4, 2006 om 12:11 vm

    Dis nogal wat my aanvanklik so na die fliek getrek het – die hele gedagte van ‘n geregverdigde terroriste-daad. Veral so (relatief) kort na 9/11 en gemik op so ‘n bekende simbool soos die Britse parlement. Ek meen as jy stry teen onderdrukkers, praat mens nie meer van terrorisme nie. Die ou storie van die vryheidsvegter vs. die terroris. Maar natuurlik, wie besluit wanneer is ‘n onderdrukker ‘[n onderdrukker.

    Reply
  • 4. Do Kwang  |  Mei 4, 2006 om 12:48 nm

    Alle terroriste waarvan ek weet stry teen onderdrukkers.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: