Archive for Mei, 2006

Daar’s ‘n ouel in die mossienes

Ek het so pas ‘n nuwe (Afrikaanse) woord geleer:

ouel

Weet enigiemand wat dit beteken? (As jy reg is, sal ek vir Pienk Zuit vra om vir jou ‘n prys te reël.)

Oops, ek wonder hoe ek gaan weet wie is reg?

Mei 31, 2006 at 10:14 nm 22 Kommentaar

Do it for your country


Volgens die April uitgawe van die UK Men’sHealth, werk mans in Brittanje gemiddeld 43.6 ure per week (p. 82).
Op die volgende bladsy staan daar die “Length of a typical British employee’s working week – the longest in Europe” is 70 ure.
Ek is nie ‘n wiskundige nie, maar dit lyk regtig vir my asof die arme vrouens in Brittanje hulle vrek werk! Go figure.
Van 43.6 ure vir net die mans, na 70 ure vir almal? Is daar ‘n wiskundige daarbuite wat asb vir ons hierdie som sal doen, sodat ons kan uitwerk hoeveel uur per week die arme vrouens in Brittanje werk? Kom ons los ‘n comment van bewondering op elke vrou wat ons ken wat in Brittanje werk se blog – dat sy sowaar nog tyd kry om te blog ook! Respek.

Mei 31, 2006 at 9:33 nm 6 Kommentaar

Intimidasie

She’d stopped reading the kind of women’s magazine that talked about romance and knitting and started reading the kind of women’s magazine that talked about orgasms, but apart from making a mental note to have one if ever the occasion presented itself she dismissed them as only romance and knitting in a new form.
(Terry Pratchett & Neil Gaiman, Good Omens)

Hierdie aanhaling het niks met hierdie post of die kommentaar daarop te doen nie, maar hulle het my aan mekaar laat dink.

Mei 30, 2006 at 5:55 nm Lewer kommentaar

Tadatada!

My paper, waaraan ek veronderstel was om die laaste vyf maande te werk maar wat ek in die laaste tien dae geskryf het, is klaar!

Pas afgelaai by die korrekte plek op die world wide web.

Jipee!


Hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha

Mei 29, 2006 at 6:11 nm 16 Kommentaar

Terwyl ek nou aan die gang is…


Powered by Castpost

Mei 27, 2006 at 3:41 nm Lewer kommentaar

Hoe die Smurfieliedjie behoort te klink

Powered by Castpost

Mei 26, 2006 at 8:20 nm Lewer kommentaar

Ek maak ook nie kos nie

Glad nie. Die hoof van die huis doen dit. Hy’s nogal goed daarmee.
En met ander goed.

Hy kan nie sing nie though. Al dink hy sy weergawe van die Smurfieliedjie is briljant.

Mei 26, 2006 at 11:39 vm Lewer kommentaar

Older Posts


Feeds