Europa, hier kom ek!

Mei 8, 2006 at 10:28 nm 6 Kommentaar

Ons het vandag ons eerste kaartjies begin koop vir volgende maand… Stockholm, Brussels, Rome, Barcelona. Jipee! Daar is baie dinge verkeerd met die wêreld. Een daarvan is goedkoop lugrederye se websites. Hoekom kan hulle nie die flippen prys van die begin af gee nie? Hulle kwoteer ‘n prys, jy aanvaar dit… en ewe skielik kom daar nog soveel by vir belasting, nog soveel hiervoor en soveel daarvoor. Dit tick jou af, maar jy gaan maar voort met die transaksie… en betaal vir die voorreg om een stuk bagasie te mag hê, vir die voorreg om die kaartjie by hulle te kan koop… As jy reeds drie keer soveel betaal het as wat hulle aan die begin kwoteer het, bied hulle aan om jou te help om verblyf te vind. Nee dankie! Ek het mos nou my les geleer: 10 Euro vir die kamer. Plus nog vir belasting. En nog vir toerismefooie. En administrasiefooie. 2 Euro vir die bed. Nog 2 as jy beddegoed wil hê. Gaan jy die badkamer wil gebruik? You get the picture.
Die wêreld sal ‘n baie beter plek wees as hulle net van die begin af alle kostes lys, dink ek.
En as ek kan uitwerk hoe die Euro knoppie op my rekenaar werk.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Favourite Movie Moment III Wat is heilig?

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Pienk Zuit  |  Mei 22, 2006 om 2:34 nm

    Ek weetie hoe julle reelings vorder nie, en of jy dalk van beter sites weet nie, maar ons het http://www.trav.com nuttig gevind vir goedkoop akkomodasie, en as julle ‘n kar gaan huur erens kan jy rerig nie beter doen as by http://www.autoeurope.com nie. Met auto europe kry jy ‘n brand-name agentskap (Avis, Hertz , etc) teen goedkoper as wat hulle dit self vir jou sal gee. Vir budget vlugte kyk na http://www.skyscanner.net : hulle het al die budget airlines ook daarop, en dis ‘n baie nice interface.

    Reply
  • 2. Pienk Zuit  |  Mei 22, 2006 om 2:37 nm

  • 3. Pienk Zuit  |  Mei 22, 2006 om 2:54 nm

    En nee, ek kry nie geld om enige van bogenoemde te adverteer nie.

    Reply
  • 4. Pienk Zuit  |  Mei 22, 2006 om 2:57 nm

    En nee, ek kry nie geld om enige van bogenoemde te adverteer nie.

    Reply
  • 5. maeree  |  Mei 22, 2006 om 6:02 nm

    Dankie! Jy behoort kommissie te kry.
    Ons het nog glad nie na verblyf gekyk nie, so dit help baie.
    Het ook nog nie buskaartjies gekoop nie – lyk my dié moet mens maar by die busplek self gaan koop.

    Reply
  • 6. maeree  |  Mei 22, 2006 om 6:02 nm

    Dankie! Jy behoort kommissie te kry.
    Ons het nog glad nie na verblyf gekyk nie, so dit help baie.
    Het ook nog nie buskaartjies gekoop nie – lyk my dié moet mens maar by die busplek self gaan koop.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed

Feeds

%d bloggers like this: