Omdat ek omgee

Mei 10, 2006 at 9:55 nm 2 Kommentaar

Ek help graag mense. Selfs al vra hulle nie. Gevolglik deel ek met liefde die volgende goeie raad:
Gestel jy het gaste genooi vir ete – ‘n dinner party met heerlike boheemse kos. (Nie ‘n braai nie, jammer. Hierdie raad sal nie werk vir ‘n braai nie. Tensy jy vis-sosaties op roosmaryn stokkies ala Jamie Oliver braai. Dan sal dit dalk werk.) Jy wil graag musiek speel. Dit moet die regte musiek wees wat vertel hoe kewl en boheems en interessant jy is. Maar prof het Buena Vista Social Club gaan staan en spoil. Wat moet jy doen? Jy glip heel nonchalant ‘n CD van Mari Boine in die CD speler. Wanneer jou gaste vra, vertel jy vir hulle dat dit ‘n moderne weergawe van Jojk (uitgespreek “joik”) – die Sami se tradisionele musiek – is. As jy jou gaste verder wil beïndruk met hoe interessant en wydbelese jy is, kan jy hulle vermaak met jou kennis oor die Sami se kultuur en huidige politieke/ekonomiese probleme. (Dié inligting kan jy self bekom. Ek kan nie alles doen nie! Dis waarvoor Google daar is.)
Daar is ook meer tradisionele vorme van Jojk beskikbaar. Maar dis slegs geskik as die party een van daardie geleenthede is wat rondom jou turkse waterpyp eindig (of begin).

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Wat is heilig? Jy kan kies

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Pienk Zuit  |  Mei 12, 2006 om 11:36 vm

    Op Kalahari te koop nogal! Klink interessant, miskien oortuig ek myself om dit aan te skaf vir die volgende dinner party.

    Antwoord
  • 2. maeree  |  Mei 12, 2006 om 3:54 nm

    As jy op Amazon gaan soek, kan jy dit eers luister.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: