Archive for Julie, 2006

Die kuns van die zirrip

Terwyl ek nou besig is met lesse oor hoe om allerhande goed te doen, bied ek graag die volgende openbare diens ook aan: Die kuns van die zirrip.
1) Vind ‘n geliefde op wie jy graag jou zirrip vaardighede wil oefen.
2) Wag tot die persoon kwesbaar is (uitgestrek op die rusbank om rugby te kyk werk altyd vir my).
3) Kies ‘n stukkie vel wat uitsteek (soos bv maag of nek, pienk zuit! Ons is nou vir eers klaar met die voete.)
4) Plaas jou lippe teen die stukkie vel van jou keuse.
5) Blaas so hard as wat jy kan.
En siedaar – ‘n zirrip!
Zirrips werk ook goed op klein kindertjies. Maar dit is nie so bevredigend om te hoor hoe ‘n klein dogtertjie soos ‘n klein dogtertjie skree nie. Dit is veel meer bevredigend om te hoor hoe ‘n 36-jarige, 2 meter lange man soos ‘n klein dogtertjie skree.

Natuurlik kan ‘n mens nie jou zirrip-vaardighede slyp sonder om ook te weet hoe om jouself teen ander mense se zirrip aanvalle te verdedig nie. (Ek kan dit met groot vrymoedigheid hier plaas, aangesien my zirrip slagoffer nie self my blog lees nie – hy verwag dat ek dit vir hom voorlees. Ek kan dus na hartelus redigeer.)
Hierdie raad het ek by ‘n vriend van my gekry: “Ek vind dat dit vinniger oorgaan as ek stil lê en wag dat dit ophou.” Die truuk is dus om jouself nie fisies of verbaal te probeer verdedig nie.

Happy zirriping!

Advertisements

Julie 31, 2006 at 9:58 vm 10 Kommentaar

Ek was so ontsteld, ek’t skoon vergeet van ‘n titel.

Oorle Prof wys ons hierop.

Ek wil nie graag by kerklike debatte oor nonsens betrokke raak nie, maar dalk kan ek my maar hier daaroor uitspreek. My blog gaan in elkgeval oor nonsens.

Net omdat hy ‘n boek of twee geskryf het, beteken dit nie Jaco Thom praat met meer gesag as Christo de Klerk nie. Om die waarheid te sê, Thom praat plain twak. De Klerk neem die konteks en kultuur van die verhaal in ag. Thom neem net sy eie kultuur en vooroordele in ag. Om te sê Rut en Boas het nie seks gehad nie omdat hulle mense met integriteit was, is nie net onwetenskaplik nie, dis sommer plain stupid. Die idee dat seks binne die huwelik hoort, is maar net twee, hoogstens drie eeue oud. Vroulike seksualiteit is in Rut en Boas se tyd bepaal deur wette rondom besit. ‘n Man mag dus nie seks hê met ‘n ander man se vrou of dogter nie, want sy behoort aan iemand anders. Dieselfde reëls het nie gegeld vir geskeide vrouens of weduwees nie. En raai wat was Rut?

Dit is ook obvious dat voete ‘n metafoor was vir die manlike geslagsdeel. Neem bv. Eksodus 4 [wie klink nou soos ‘n dominee?], waar God vir Moses wou doodmaak. Sippora red vir Moses deur hom simbolies te besny: Sippora vat toe ‘n klipmes, sny haar seun se voorhuid af, raak daarmee aan Moses se voete en sê: “Jy is nou my bruidegom wat deur bloed beskerm word.” Of Josua 10, waar Josua sy manskappe nooi om hul voete teen die krygsgevangenes se nekke te druk – amper soos wat die Amerikaners met hul krygsgevangenes gedoen het.


Ek het nie Thom se boek oor Dawid en Batseba gelees nie. Maar ek het een slag ‘n preek gehoor waar die dominee gesê het die hele affair was Batseba se skuld omdat sy op die dak gebad het. &%$#! Dis waar mense gebad het! Die vraag is nie hoekom Batseba op die dak gebad het nie, maar wat Dawid op sy dak gesoek het as hy geweet het dis die tyd wat vroue bad. En Batseba het geen reg gehad om Dawid se aandag te weier óf te verwelkom nie.

Julie 28, 2006 at 12:15 nm 12 Kommentaar

Vir Freddy

Soos versoek, my handsak:


Ek is bietjie skaam daaroor, want ek glo die grootte van mens se handsak is direk eweredig aan jou ouderdom. En myne is massive.
Maar jy’t reg, dit is van “cargo” materiaal gemaak. En nee, ek vroetel nie die hele tyd daaraan nie, want daar is nie boude in nie.

Julie 26, 2006 at 4:46 nm 10 Kommentaar

Hoe om ‘n sneeumens te bou.

Na aanleiding van al die Wes-Kaapenaars se spoggery, en die feit dat ek op TV sien Suid-Afrikaners weet eenvoudig nie hoe om sneeumanne of -vroue te bou nie, lewer ek met graagte die volgende openbare diens: “Hoe om ‘n sneeuman te bou.”


Soos met meeste dinge in die lewe, is daar ‘n truuk. ‘n Mens vat nie hande vol sneeu en druk dit teen mekaar vas om ‘n groot bol sneeu te maak nie. Jy vat ‘n klein balletjie sneeu en rol dit. Die bal raak dan vanself baie vinnig groter, sodat jy in ‘n japtrap ‘n sneeuman het wat net so lank is soos jy (1.52m in my geval).

Julie 25, 2006 at 1:13 nm Lewer kommentaar

Les

Ek weet van twee vrouens – die een ‘n goeie vriendin van my, die ander iemand wat ek glad nie ken nie – wat eendag gedink het dis ‘n goeie idee om ‘n koppie warm koffie tussen hul bene neer te sit. Of dalk het hulle nie gedink nie. Hoe dit ookal sy, albei se koffiebekers het omgeval. Albei moes mediese hulp kry. Albei het vir ‘n tyd lank daarna nog snaaks geloop.
Die moral of the story? Jy moet pasop wat jy tussen jou bene sit – jy kan brand.

Julie 24, 2006 at 11:35 vm 6 Kommentaar

Cargo Pantsies

Ek dink cargo pants is die beste uitvinding sedert hoë-spoed internet konneksies. Die persoon wat cargo pants ontwerp het, verdien ‘n Nobel prys. Ek hou veral van die soort met sakke op die boude.

Dit maak my beserk. Ek kan my self nie help nie, verloor alle selfbeheersing. Ek kan eenvoudig nie my hande daarvan afhou nie. Wat sosiale interaksie nogal bemoeilik.

Julie 21, 2006 at 10:40 vm 27 Kommentaar

Ag nee, nie al weer nie

Ek dink ek het myself in Swede vergeet.

Julie 20, 2006 at 11:04 vm Lewer kommentaar

Older Posts


Feeds