Vir Freddy

Julie 26, 2006 at 4:46 nm 10 Kommentaar

Soos versoek, my handsak:

Ek is bietjie skaam daaroor, want ek glo die grootte van mens se handsak is direk eweredig aan jou ouderdom. En myne is massive.
Maar jy’t reg, dit is van “cargo” materiaal gemaak. En nee, ek vroetel nie die hele tyd daaraan nie, want daar is nie boude in nie.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hoe om ‘n sneeumens te bou. Ek was so ontsteld, ek’t skoon vergeet van ‘n titel.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Lammervanger  |  Julie 27, 2006 om 7:03 vm

    My blog het ontplof. Hopelik kan Kuber Pienk Pak my help. Niemand is beseer nie.

    Reply
  • 2. Freddy  |  Julie 27, 2006 om 9:07 vm

    Agge nee, ek het dan gistraand gecomment, nous dit weg.

    Maar ek kan ook vdag jou handSAK sien, M. Nou weet ons al waar hou julle honeymoon, anniversary EN hoe lyk jou handsak en man se broeksakke.

    Reply
  • 3. Lammervanger  |  Julie 27, 2006 om 9:59 vm

    My blog het ontplof. Hopelik kan Kuber Pienk Pak my help. Niemand is beseer nie.

    Reply
  • 4. Freddy  |  Julie 27, 2006 om 9:59 vm

    Agge nee, ek het dan gistraand gecomment, nous dit weg.

    Maar ek kan ook vdag jou handSAK sien, M. Nou weet ons al waar hou julle honeymoon, anniversary EN hoe lyk jou handsak en man se broeksakke.

    Reply
  • 5. maeree  |  Julie 27, 2006 om 10:04 vm

    lammervanger, wat my sal interesseer, is wat presies jy besig was om op jou blog te sit toe dit ontplof het?
    freddy, moenie vergeet van sy voete nie! ek’s onskuldig, het geen comment van jou af gekry behalwe dié ene nie.

    Reply
  • 6. maeree  |  Julie 27, 2006 om 10:04 vm

    lammervanger, wat my sal interesseer, is wat presies jy besig was om op jou blog te sit toe dit ontplof het?
    freddy, moenie vergeet van sy voete nie! ek’s onskuldig, het geen comment van jou af gekry behalwe dié ene nie.

    Reply
  • 7. Do Kwang  |  Julie 27, 2006 om 10:50 vm

    Hmn, gepraat van voete:
    Lees hierdie uit die jongste Kerkbode:

    JACO THOM GESELS MET DIE SKRYWER VAN DIE BOEK RUT

    Skrywer: Onbekend

    Ontstaanstyd: Die verhaal speel in die Rigterstyd af (ongeveer 1100 vC), maar die verhaal self is eers later voltooi, vermoedelik eers ná die ballingskapstyd.

    Doel: In die boek Rigters lees ons hoe die volk van God verwilder het en die geloof getaan het omdat elkeen gedoen het wat goed is in sy eie oë. Die boek Rut, wat in dieselfde tyd afspeel, gee ons ’n totaal ander prentjie. Dit vertel hoe God besig is om te werk daar waar mense met integri¬teit en in afhanklikheid van God hulle plig teenoor Hom en mekaar nakom.

    Daar is goeie rede hoekom ek juis die skrywer van die boek Rut opgesoek het. Sy verhaal is op die oomblik erg omstrede oor daardie geheimsinnige nagtelike besoek van Rut aan Boas op die dorsvloer. Het Rut vir Boas verlei sodat hulle vurige en ekstatiese seks gehad het, soos beweer word? Kan ’n mens hieruit aflei dat God nie beswaar het teen voorhuwelikse seks nie, solank dit in ’n omgewing van respek en eksklusiwiteit gebeur? Ek wou uitvind wat presies daardie nag gebeur het.

    Hy glimlag breed toe hy my vraag hoor. “Dit is ’n uiters prikkelende situasie, is dit nie? Stel jou voor: ’n aantreklike jong vrou aan die een kant, en ’n welgestelde man, gemoedelik en joviaal omdat sy oes af is, en boonop nog kwesbaar omdat hy sekerlik by die oesfees ’n drankie of twee saam met sy kos geniet het, aan die ander kant. Dis boonop donker. Dit skep mos die ideale situasie vir presies die soort goed waarvan jy nou gepraat het, of hoe?”

    Hy moes in my gesig my verbasing gesien het, want hy skud sy kop op my onuitgesproke vraag. “Nee, my broer, ek sê nie hulle het dié nag seks gehad nie. Ek sê, ás hulle die kat in die donker wou knyp, was dit die plek om dit te doen. En dis presies wat Naomi gehoop het sou gebeur. Jy moet onthou dat sy ’n weerlose weduwee was. Haar situasie was baie moeilik. As die verkeerde persoon die lossingsreg uitgeoefen het, kon dit baie sleg gewees het vir haar en Rut. Sy wou ten alle koste verseker dat Boas die losser moet wees, maar hy was nie eerste in die ry nie. Daar was ’n ander losser wat eerste keuse gehad het. Naomi kon dit nie bekostig dat hy haar losser word nie, en daarom probeer sy die situasie manipuleer. As Rut Boas verlei, sou Boas moreel verplig wees om met haar te trou en sou hy hulle losser móés word. So het sy geredeneer. Daarom stuur sy vir Rut op die aand van die oesfees na die dorsvloer met die veronderstelling dat sy Boas sal verlei.”

    En – wat het toe gebeur?
    Ons skrywer krap in sy baard en gryns na my kant toe om die spanning te laat oplaai, en ek besef weer dat ek met ’n baie knap storieverteller te make het. G’n wonder nie dat die boek Rut al beskryf is as die mooiste verhaal in die hele Bybel nie. “My broer,” sê hy uiteindelik, “as jy dink Rut en Boas het daardie nag seks gehad, dan het jy die verhaal maar sleg gelees, want dit druis lynreg in teen die soort mense wat Boas en Rut was. Ek dink die verhaal maak dit tog duidelik dat hulle albei mense van integriteit was, mense wat méér as hulle plig teenoor hulle medemens gedoen het, mense wat hulle geloof uitgeleef het in die alledaagse lewe. Kyk, as jy nou vir Rut en Orpa langs mekaar sit, sien jy mos dat Orpa sleg afsteek.

    Sy loop nie die tweede myl soos Rut nie. Sy draai om as dinge ongemaklik begin raak. En as jy Boas teenoor die eerste losser stel, kry jy dieselfde indruk. Nee, Boas was ’n man van inbors wat te alle tye korrek optree. Kan jy jou voorstel dat hy en Rut ’n heilige verordening soos die huwelik sou minag vir ’n nag van passie?”

    Hy wag nie vir ’n antwoord nie, hoewel ek my kop heftig skud. “Boas en Rut se optrede vertel vir ons dat niks, nie eie voordeel of nood of wat ook al nie, ’n verskoning mag word om die wet in eie hande te neem nie. Boas se antwoord aan Rut was juis dat hulle die familiereg moet ag en nie eensydig mag optree nie. En dit is die boodskap van hulle lewe: dat God sy plan met sy wêreld en met ons bereik juis daar waar ons met eerlikheid en opregtheid en integriteit teenoor mekaar optree.”

    En die eerste losser? Hoekom word sy naam dan nie in die storie genoem nie?

    Ons skrywer kruis sy arms voor sy bors. “Ek dink nie hy verdien om onthou te word nie. Hy sien dan nie kans om sy plig teenoor ’n weerlose weduwee na te kom nie!”

    Reply
  • 8. Do Kwang  |  Julie 27, 2006 om 6:02 nm

  • 9. Lammervanger  |  Julie 28, 2006 om 1:21 vm

    Alles is klaarblyklik nou weer in orde – ek weet nie wat de hel gebeur het nie. Ek het net geweldig hard gekonsentreer en toe ek weer sien bars my rekenaarskerm aan skerwe en roggel Paul in sy eie bloed.

    Reply
  • 10. Lammervanger  |  Julie 28, 2006 om 9:05 vm

    Alles is klaarblyklik nou weer in orde – ek weet nie wat de hel gebeur het nie. Ek het net geweldig hard gekonsentreer en toe ek weer sien bars my rekenaarskerm aan skerwe en roggel Paul in sy eie bloed.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed

Feeds

%d bloggers like this: