Die kuns van die zirrip

Julie 31, 2006 at 9:58 vm 10 Kommentaar

Terwyl ek nou besig is met lesse oor hoe om allerhande goed te doen, bied ek graag die volgende openbare diens ook aan: Die kuns van die zirrip.
1) Vind ‘n geliefde op wie jy graag jou zirrip vaardighede wil oefen.
2) Wag tot die persoon kwesbaar is (uitgestrek op die rusbank om rugby te kyk werk altyd vir my).
3) Kies ‘n stukkie vel wat uitsteek (soos bv maag of nek, pienk zuit! Ons is nou vir eers klaar met die voete.)
4) Plaas jou lippe teen die stukkie vel van jou keuse.
5) Blaas so hard as wat jy kan.
En siedaar – ‘n zirrip!
Zirrips werk ook goed op klein kindertjies. Maar dit is nie so bevredigend om te hoor hoe ‘n klein dogtertjie soos ‘n klein dogtertjie skree nie. Dit is veel meer bevredigend om te hoor hoe ‘n 36-jarige, 2 meter lange man soos ‘n klein dogtertjie skree.

Natuurlik kan ‘n mens nie jou zirrip-vaardighede slyp sonder om ook te weet hoe om jouself teen ander mense se zirrip aanvalle te verdedig nie. (Ek kan dit met groot vrymoedigheid hier plaas, aangesien my zirrip slagoffer nie self my blog lees nie – hy verwag dat ek dit vir hom voorlees. Ek kan dus na hartelus redigeer.)
Hierdie raad het ek by ‘n vriend van my gekry: “Ek vind dat dit vinniger oorgaan as ek stil lê en wag dat dit ophou.” Die truuk is dus om jouself nie fisies of verbaal te probeer verdedig nie.

Happy zirriping!

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Ek was so ontsteld, ek’t skoon vergeet van ‘n titel. Plakkate teen my muur

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Do Kwang  |  Julie 31, 2006 om 11:29 vm

    Ek doen dit baie graag op my familie, maar ek ken die naam as ‘n zzzbbbrrr. Dis wat Bill Cosby dit genoem het.

    Antwoord
  • 2. Anonymous  |  Julie 31, 2006 om 11:58 vm

    sal probeer! klink na fun!!!

    klagat

    Antwoord
  • 3. Do Kwang  |  Julie 31, 2006 om 5:45 nm

    Ek doen dit baie graag op my familie, maar ek ken die naam as ‘n zzzbbbrrr. Dis wat Bill Cosby dit genoem het.

    Antwoord
  • 4. Anonymous  |  Julie 31, 2006 om 5:46 nm

    sal probeer! klink na fun!!!

    klagat

    Antwoord
  • 5. Lammervanger  |  Augustus 1, 2006 om 2:55 vm

    Ek geniet weer die vingers-aan-weerskante-van-sye-en-druk-so-hard-as-wat-jy-kan-sodat-sy-gil-soos-‘n-vark-wat-in-‘n-deur-vassit.

    Dis moeilik om ‘n sin te tik sonder om die spasieknoppie te druk.

    Antwoord
  • 6. Lammervanger  |  Augustus 1, 2006 om 9:14 vm

    Ek geniet weer die vingers-aan-weerskante-van-sye-en-druk-so-hard-as-wat-jy-kan-sodat-sy-gil-soos-‘n-vark-wat-in-‘n-deur-vassit.

    Dis moeilik om ‘n sin te tik sonder om die spasieknoppie te druk.

    Antwoord
  • 7. maeree  |  Augustus 1, 2006 om 10:12 vm

    do kwang, dis nou presies hoe hierdie tipe woorde werk. so weet ek bv nie wat zaber is nie, maar ek kan dink. ek dink zzzbbbrrr is meer beskrywend, maar zirrip sê weer makliker.
    ek weet nie hoe om zirrip te spel nie. zurrup? zurrip? zirrup?

    klagat, laat weet hoe dit gegaan het. wanneer begin jy jou eie blog? of bou ten minste ‘n profile, toe man.

    lammervanger, is dit nie amazing hoeveel vreugde ons daaruit put om die mense vir wie ons lief fisies te martel nie?

    Antwoord
  • 8. maeree  |  Augustus 1, 2006 om 10:12 vm

  • 9. Anonymous  |  Augustus 1, 2006 om 11:00 vm

    MAEREE

    Ek sukkel nog met hierdie hele bogging etiek storie, maar dit is nog in my agterkom miskien eventually sal ek daar uitkom.

    ja en die zirrup het gewerk!!! nogal cool. al geneuk vroulief kan dit nou ook doen en , en sy wou weet waar ek daaraan kom!!??? oeps

    groete
    klagat

    Antwoord
  • 10. Anonymous  |  Augustus 1, 2006 om 12:05 nm

    MAEREE

    Ek sukkel nog met hierdie hele bogging etiek storie, maar dit is nog in my agterkom miskien eventually sal ek daar uitkom.

    ja en die zirrup het gewerk!!! nogal cool. al geneuk vroulief kan dit nou ook doen en , en sy wou weet waar ek daaraan kom!!??? oeps

    groete
    klagat

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed

Feeds

%d bloggers like this: