Kop:Bynes

September 6, 2006 at 6:50 nm 18 Kommentaar

Ek hou van joernaliste. Van my beste vriende is joernaliste. Om die waarheid te sê, ek het selfs ‘n joernalis in die familie. Ek weet ook dat van die mense wat soms my blog lees, joernaliste is. Ek hou van hulle en wil hulle nie graag kwaad maak nie, daarom het ek tot dusver stilgebly oor hierdie onderwerp. Maar hier staan ek nou – ek kan nie anders nie.

Ek lees sedert 2004 glad nie meer die Afrikaanse pers nie (hoewel ek deesdae soms, op aanbeveling van vermaaklike bronne, “Van alle kante” lees). Terloops, in my klein wêreldjie beteken “Afrikaanse pers” Die Burger en Rapport. Ek lees dit nie, want ek deel nie die “arme ons kyk hoe het die ANC/swartmense/NGK ons lewens opgeneuk” wêreldbeeld nie. En omdat ek weet dat so ‘n slagoffer/klakous-mentaliteit jou kan insluk sonder dat jy dit sien kom. Voordat jy jou kom kry, is jy deel van die verontregte massas wat net fout sien en geen produktiewe bydrae kán lewer nie, want jy word dan so gemarginaliseer en alles en almal is korrup.

Hoewel ek dit nie self lees nie, het ek vrede daarmee as mense goed publiseer waarmee ek nie saam stem nie. Selfs wanneer hulle goed aanval waarvoor ek lief is, is dit nog reg. En soms laat val hulle lig op donker kante van goed wat ek liefhet, en dis ook nodig.
Maar daar is eenvoudig geen verskoning vir halwe waarhede en blatante leuens nie. As jy weet hoeveel mag jy het, moet dit jou mos bang maak. Dit moenie veroorsaak dat jy na willekeur met feite juggle nie.

Kyk, ek was ook al “redakteur” van twee bladsy lange blaadjies wat deur drie mense gelees word. Ek weet dat jy die totale betekenis van iemand se woorde kan verander deur net een byvoeglike naamwoord uit te haal. En foei tog, arme hulle, hulle het geen verweer nie. Kan nie sê jy jok of dat hulle dit nie gesê het nie, want hulle hét dit gesê.

Maar blatante leuens? Soos die joernalis wat nou verban is van een van ons land se kampusse. Sy het in die rektor se kantoor gesit, hy het vir haar in soveel woorde gesê dat x en y gerugte NIE die waarheid is nie… en sy publiseer x en y gerugte as die waarheid!

Wat my egter tot hierdie tirade dryf, is inligting wat ek Sondag by my dominee gekry het. Jy sien, ek wéét wat met die kerkherenigingsprosesse van die NGK, VGK en RCA aangaan – gewoon omdat ek dit my besigheid maak om te weet, om uit te vind. Ek behoort aan een van hierdie kerke, die prosesse raak my en daarom vind ek by die betrokke persone uit wat aangaan (Oom Coenie was my dominee toe ek BA geswot het). (Natuurlik het ek ook ‘n standpunt oor kerkhereniging, maar dis nie nou hier ter sprake nie. Fokus.) En ek is siek en sat vir die leuens en sensasie wat hieroor verkondig word, soos bv voor-verlede Sondag se berig in Rapport (ek kon dit nie meer online kry nie).

Hierdie keer het die kerk gereageer deur die betrokke joernalis se e-pos aan Oom Coenie, sy antwoord en haar uiteindelike “berig” saam met ‘n amptelike reaksie te versprei (dis wat ek by my dominee gekry het).

Ek het self al persoonlike ervaring met hierdie joernalis gehad, toe sy beloof het om my nie aan te haal nie… en op die ou end sommer my foto publiseer! Magtag.

Waar, wil ek weet, is die etiek in joernalistiek?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Uitstedig Teleurstelling

18 Kommentaar Add your own

  • 1. PienkZuit  |  September 7, 2006 om 8:41 vm

    Die oorspronklike berig is hier. Is die oorspronklike epos en antwoord erens te sien? Dis die laaste stukkie van die legkaart. Die berig lyk nogal sensasioneel, ek sal graag wil sien hoe ver van die waarheid dit nou eintlik is.

    Daardie allemansvriend Prof het aan die begin van sy loopbaan vir die Rapport se agterblad geskryf (reine waarheid!). Miskien kan hy vir ons die storie vertel van die dominee wat hom in die straat af gejaag het in Worcester?

    Reply
  • 2. PienkZuit  |  September 7, 2006 om 9:13 vm

  • 3. maeree  |  September 7, 2006 om 5:02 nm

    dit kan moontlik by http://www.kerkweb.org.za wees, maar ek kon dit nie daar vind nie. het wel ‘n foto van freddie gevind! hahahahaha.
    ek hoop daai allemansvriend prof is nie nou so kwaad vir my dat hy nie met my praat nie, want ek sal nogal graag daardie storie wil hoor!

    “VRAE VAN DIE JOERNALIS VAN RAPPORT
    Ek wil graag weer skryf oor die pad van kerk-eenheid, en sou graag wou
    * weet hoe dié proses vorder
    Is dit moontlik dat u my kan inlig oor
    * die jongste in die proses, wat nou gedoen word,
    * wat die volgende stappe vir samespreking en samewerking en amalgamasie is?
    * Ek wil ook graag weet of daar ‘n tydsraamwerk is vir dié proses.
    Dan het ek verlede week oproepe van NG predikante gehad wat ten sterkste teen
    kerkeenheid tussen die vier kerke gekant is, veral kla oor:
    * die moontlike naam waarop daar reeds besluit is (United Reformed Presbiterian
    Church of Southern Africa)
    * die Engelse aard van inligting wat hieroor bekend gestel word
    * die, soos hulle dit sien, inkorporering van die Belhar-belydenis wat deur hulle ‘n
    “ideologiese drogredenasie” genoem word
    * die “skending” van die naam en karakter van die NG Kerk
    * die moontlikheid dat ander belydenisskrifte was die huidige sal funsioneer
    * die besluite by Esselenpark geneem is sonder die insette van grondvlak-gemeentes
    en predikante (NGK- en VGK-moderamen alleen)
    * dat daar nie na die stemme van gemeentelede en gemeentes en predikante
    geluister word nie
    * die die onderskeie moderamen nie in ag neem dat daar van grondvlak teenstemme
    en teenkanting is nie.
    Van die predikante het reeds ‘n stemming in gemeentes gereël en reeds met lede van
    die NGK-moderamen hieroor in verbinding getree.
    Sou u my met bg kon help? Dalk net om gemoedere te kalmeer?
    Baie groete”

    “ANTWOORD VAN DR COENIE BURGER OP VRAE VAN ME
    Beste
    Dankie vir vanoggend se gesprek en vir jou gewilligheid om te help. Ek het intussen jou vrae gekry en
    probeer bondig daarop reageer.
    Hoe vorder die proses?
    Die onderhandelinge en gesprekke sover het baie goed verloop. Jy weet dat ons die VGK in Junie by
    Esselenpark ontmoet het en `n baie geseënde byeenkoms gehad het. Verlede week het ons die twee
    ander kerke van die familie (RCA en NGKA) in Bloemfontein ontmoet en ook `n baie goeie
    vergadering gehad.
    Na die vergadering is `n gesamentlike verklaring uitgereik (het jy dit? Dit is in Afr en Engels
    beskikbaar!) waarin al vier kerke hulle gereedheid vir die proses en onderhandelings verklaar en
    afspreek om vroeg in November die eerste keer saam te vergader Daar is ook `n kommissie
    saamgestel bestaande uit die vier moderators en die vier skribas wat voorbereidingswerk vir die
    vergadering sal doen.
    Ons weet almal dat daar nog heelwat sake is wat deurgepraat moet word; maar ons is dankbaar vir
    die goeie begin. Die uitstaande kenmerk van beide van die gesprekke was `n nuwe gees van
    nederigheid en tegemoetkomendheid. Mense is regtig bereid om na mekaar te luister en nuut te dink
    oor maniere waarop ons gestalte kan gee aan die eenheid van die familie sonder om mense uit te
    sluit.
    Kan ek ook die ASK Moderamen se posisie verduidelik. Mense vra hier en daar of ons nou die reg
    het om sommer op ons eie te besluit oor kerkvereniging? Natuurlik kan ons nie so iets op ons eie
    besluit nie.
    Die feitelike situasie is egter dat die NGKerk die afgelope twintig jaar homself by verskeie geleenthede
    ondubbelsinnig verbind het aan die proses van kerkhereniging. Ons as moderamen kan nie daaroor
    besluit nie. Ons opdrag is om in die interim te probeer uitvoering gee aan hierdie besluite van die
    sinode.
    Die hartseerstorie van die laaste 15 jaar was dat die verskille oor veral Belhar so groot was dat ons
    nog nie eens met die werklike proses van eenwording kon begin nie. Die goeie nuus van Esselenpark
    was dat `n vergelyk oor Belhar nou moontlik lyk sodat ons nou uiteindelik met die proses (waaraan die
    sinode hom lankal verbind het) kan begin.
    Daar is tog ook onrustigheid en allerhande vrae oor die proses?
    Hoewel die reaksie oor die vordering oorwegend positief en dankbaar is, is daar ook predikante en
    gemeentes wat besorg is en meer inligting vra. So het ek en Kobus Gerber gister ‘n gesprek gevoer
    met `n twintigtal predikante van Wes-Tvl platteland wat meer informasie wou hê.
    Die predikante het moeite gedoen om ons verseker dat die vrae te doen het met egte besorgdhede
    oor die proses en nie met rassisme nie. Ons het twintig jaar gelede slegte skeurings gehad in die kerk
    en `n mens sal alles moontlik wil doen om `n herhaling daarvan te keer. Hulle wou net hê dat ons
    bewus sal wees van die vrese en besorgdhede.
    My indruk in die gesprekke was dat die vrae oor veral vyf sake gaan: die naam en taal, die posisie van
    die Belharbelydenis: hoe plaaslike gemeentes se situasie geraak gaan word en of gemeentes
    geraadpleeg en getoets gaan word
    1. Wat naam betref kan ek kategories se dat daar nog nie oor `n naam besluit is nie. My eie gevoel is
    dat `n mens `n bietjie later daaroor gaan praat en gaan probeer soek na `n inklusiewe naam.
    2. Taal is `n sensitiewe en belangrike saak. Daarom het ons reeds in die Esselenparkverklaring gesê
    dat alle tale in die nuwe kerk gekoester sal word. Plaaslike gemeentes sal natuurlik soos altyd self
    kan besluit oor die voertaal van die gemeente – dit sal nooit verander nie. By kerkvergaderings sal
    reëlings getref moet word dat mense mekaar kan verstaan. Een van die metodes wat dikwels gebruik
    word is dat mense van tolke gebruik maak. Die beginsel wat ek selfs sal voorstaan is dat enigeen aan
    ‘n kerkvergadering moet kan deelneem in `n taal waarmee hulle gemaklik is.
    3. Oor die posisie van die Belharbelydenis: Die deurbraak by Esselenpark tussen ons en die VGK
    het daaroor gegaan dat ons standpunte oor Belhar veel nader na mekaar gekom het. Die huidige
    onderneming is dat ons gaan soek vir `n bewoording waardeur Belhar opgeneem word in die
    Belydenisgrondslag van die nuwe kerk sonder dat die verwagting is dat alle lidmate van die nuwe kerk
    dit persoonlik as belydenis onderskryf. Dit is baie naby aan ons Algemene Sinode standpunte van
    1998 en 2004.
    4. Hoe word plaaslike gemeentes geraak deur die eenheidsproses?
    My ervaring is dat driekwart van die vrese oor kerkeenheid verdwyn as mense verstaan dat
    kerkhereniging nie te doen het met die hersamestelling van gemeentes nie, maar primêr gaan oor die
    samestellings van ringe en sinodes. In `n gereformeerde kerk sal die kerkverband nie maklik vir
    gemeentes voorskryf oor samesmelting en hersamestelling nie. Ons hoop dat gemeentes nader aan
    mekaar sal beweeg, meer dinge saam sal doen, dalk nuwe projekte saam sal aanpak. Ek glo dat daar
    mettertyd ook gemeentes gaan kom wat wil saamsmelt (veral waar taal nie `n probleem is nie). Die
    beginsel sal dan ook wees dat die plaaslike kerkrade daaroor sal besluit.
    5. Oor die raadpleging van gemeentes: Ons is sinodaal verbind om ons gemeentes te raadpleeg in
    die proses van vereniging. Van die NG Kerk se kant dink ons tans twee rondtes na gemeentes se
    kant toe. Alles in November goed loop sal ons waarskynlik volgende jaar die eerste rondte kan doen
    waar ons gemeentes wil inlig oor wat kerkvereniging behels en hoe `n gereformeerde
    kerkherenigingsproses gewoonlik lyk en daaroor terugvoer kry. Daarna moet die terugvoer verwerk
    word, ooreenkomste onderhandel en `n kerkorde geskryf word. In `n tweede rondte daarna sal
    gemeentes gevra om die ooreenkoms en kerkorde goed te keur.
    Hoe lyk die tydsraamwerk?
    In die verklaring van Esselenpark is gepraat van drie jaar as ideaal. Twee punte daaroor. Ons sal nie
    onnodig tyd wil mors nie (die Hollanders se proses het 40 jaar gevat!). Maar net so belangrik: ons sal
    alles wat ons moet doen baie deeglik en nie oorhaastig wil doen nie.
    Baie belangrik: vir die meeste van ons is kerkhereniging `n inklusiewe en nie `n uitsluitende proses
    nie. Ek vertrou dat ons die proses volgens die beginsel sal kan laat verloop.
    Coenie Burger”

    Reply
  • 4. maeree  |  September 7, 2006 om 5:02 nm

  • 5. Do Kwang  |  September 8, 2006 om 3:31 nm

    Maeree, ek sweer jy kan nie net so iets los en dit nie verder opklaar nie: Wat het “die betrokke joernalis” oor jou geskryf en wanneer het sy jou foto gebruik? Jy mag nie hierdie een vir jou vriende verswyg nie.
    As jy se^ sal ek jou vertel hoekom die dominee van Worcester vir my kwaad was tydens my Rapport dae.
    Show me yours and I’ll show you mine.

    Reply
  • 6. Do Kwang  |  September 8, 2006 om 4:28 nm

    Nog inligting vanaf my molle:
    Die verslaggewer het drie stories geskryf vir daai Sondag – in ‘n ander een het sy Coenie Burger se antwoorde weergegee en dan was daar ‘n derde een waarvan ek nie die inhoud weet nie. In die uitlegproses het iemand egter besluit om net die een te gebruik. So vir wat dit werd is, die verslaggewer het darem meer volledig berig as wat ons uiteindelik in die koerant gesien het.

    Reply
  • 7. Do Kwang  |  September 8, 2006 om 4:48 nm

    Maeree, ek sweer jy kan nie net so iets los en dit nie verder opklaar nie: Wat het “die betrokke joernalis” oor jou geskryf en wanneer het sy jou foto gebruik? Jy mag nie hierdie een vir jou vriende verswyg nie.
    As jy se^ sal ek jou vertel hoekom die dominee van Worcester vir my kwaad was tydens my Rapport dae.
    Show me yours and I’ll show you mine.

    Reply
  • 8. Do Kwang  |  September 8, 2006 om 4:48 nm

    Nog inligting vanaf my molle:
    Die verslaggewer het drie stories geskryf vir daai Sondag – in ‘n ander een het sy Coenie Burger se antwoorde weergegee en dan was daar ‘n derde een waarvan ek nie die inhoud weet nie. In die uitlegproses het iemand egter besluit om net die een te gebruik. So vir wat dit werd is, die verslaggewer het darem meer volledig berig as wat ons uiteindelik in die koerant gesien het.

    Reply
  • 9. PienkZuit  |  September 9, 2006 om 3:03 nm

    Ja, wys ons joune!

    Reply
  • 10. PienkZuit  |  September 9, 2006 om 5:20 nm

    Ja, wys ons joune!

    Reply
  • 11. Do Kwang  |  September 10, 2006 om 1:13 nm

    En hoe kry mens ds. Freddy se foto op daai website. Is hy een van daai blinkoog glimlaggendes in die boonste banier?

    Reply
  • 12. Do Kwang  |  September 10, 2006 om 3:30 nm

    En hoe kry mens ds. Freddy se foto op daai website. Is hy een van daai blinkoog glimlaggendes in die boonste banier?

    Reply
  • 13. Willem  |  September 10, 2006 om 7:40 nm

    Maeree, ek deel jou kommer oor die joernalistiek. Ek dink nie die fout is by die joernaliste nie, eerder by die nuusbestuur prosesse wat te lomp is om dinge te koordineer en te sorg dat die volle prentjie weerspieel word. Ek dink die probleem is dat joernalistiek skole soos die US nie meer nuusjoernaliste oplei wat wat na nuus kyk nie. Almal wil net subs en mooiskrywers wees. Die proses van nuusaanbied en die skills om dit te doen raak verlore. As ‘n oud-nuusredakteur dink ek egter nie dat die Afrikaanse media meer skuldig is nie. Dis my ondervinding dat die engelse pers meermale nie die volle konteks gee nie.

    Reply
  • 14. Willem  |  September 11, 2006 om 11:37 vm

  • 15. maeree  |  September 12, 2006 om 9:40 vm

    dankie vir jul kommentaar. lyk my ek moet dus eerder bekommerd wees oor die subs e.d.m.
    in alle regverdigheid teenoor die betrokke joernalis, do kwang, sy het my nie aangehaal nie. ek was waarskynlik die onnosel een wat geval het vir die “nee ons gaan nie die foto plaas nie. ons neem net ‘n mooi foto dan stuur ek dit vir jou”-lyn. sal ons weer die persoon wat die uitleg doen kan blameer?
    dit lyk my asof joernaliste (veral as ek na etv kyk) die gawe het om nuus uit niks uit te skep. maak nie saak uit watter hoek jy daarna kyk nie, “bienkie die koei het wit kolle” is nooit voorbladnuus nie. die storie waarvan jy so graag wil hoor, was een van daais.
    daar’s foto’s van amper al die dominees in die ngkerk op daardie website. “seek and ye shall find”

    Reply
  • 16. maeree  |  September 12, 2006 om 9:40 vm

  • 17. Do Kwang  |  September 12, 2006 om 11:48 vm

    Wat is Freddels se gemeente? Ek het gegoogle “ds. freddy ng kerk” maar dan kry jy ‘n magdom, ‘n hele magdom.
    Freddy! Wys jou muis!

    Reply
  • 18. Do Kwang  |  September 12, 2006 om 12:35 nm

    Wat is Freddels se gemeente? Ek het gegoogle “ds. freddy ng kerk” maar dan kry jy ‘n magdom, ‘n hele magdom.
    Freddy! Wys jou muis!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed

Feeds

%d bloggers like this: