Archive for Oktober, 2006

Nasionale dag vir Persvryheid


Hoe vry is vry?
As jy die belangrikste meningsvormer in die land is, wat (naïewelik, dink ek) beweer dat jy objektief is… hoe vry is vry?

Advertisements

Oktober 19, 2006 at 9:31 vm 2 Kommentaar

Iets goeds in Die Burger

SNAAKS. Baie kerkmense wens die Bybelse voorskrifte was duideliker, die goddelike eise glashelder vir elke situasie, die kerklike stem meer profeties oor al die morele verval. Baie verlang duidelike antwoorde, onbetwyfelbare riglyne. Wil presies weet wat God wil – sodat hulle dit net kan doen. Wil nie altyd wonder, heeltyd loop met vrae, onsekerheid, die roeping om self te onderskei nie. In sy verhaal oor die broers Karamazov skets Dostojewski ’n dramatiese toneel in die tronk in Sevilla. Iemand is gearresteer wat op straat ’n stoet gestop en ’n dogtertjie opgewek het – opsigtelik Jesus, alhoewel net die gevangene genoem. In die donker van die nag besoek die gryse kardinaal, gestalte van die kerk, dié gevangene in die geheim. Hy ondervra hom, maar omdat dié bly swyg word dit ’n aangrypende alleenspraak – van die kerk. Hy kla die prisonier aan. Weet hy hoe worstel die kerk al eeue met mense se vryheid, om dit in toom te hou? En nou kom maak hy dié vryheid net nog groter! Kom gooi reëls af en maak ons eie onderskeidingsvermoë net nóg belangriker! Dis onuithoudbaar, ondraaglik, sê die kardinaal. Met soveel vryheid kan niemand leef nie! Mense wil presies weet wat God, Skrif en kerk sê – en sal dan selfs daarvoor sterf, of ánder laat sterf, maar met sóveel vryheid en eie verantwoordelikheid kan geeneen leef nie. Tog snaaks, né?
Die etikus James Gustafson vertel dat hy en sy vrou op ’n keer – tipies Amerikaans – gemeentes in ’n nuwe stad besoek om te kyk waar hul sou tuis voel. Tydens so ’n gesprek vra ’n voornemende lidmaat driftig aan die leraar of dié gemeente glo in die duidelike Bybelse voorskrifte oor allerlei sake – aborsie, homoseksualiteit? Die predikant glimlag effe, en sê persoonlik hou hy nogal meer van die een oor tiendes. Ongelukkig vér te subtiel vir die kêrel-met-die-vraag, sê Gustafson skalks. Tog duidelik – óók snaaks? – DJS

Oktober 17, 2006 at 3:18 nm 8 Kommentaar

Daar is toe ‘n pasifis

Stefan se dood het my weer opnuut aan die dink oor pasifisme. Nie die soort wat sê dat geweld soms, in sekere omstandighede, regverdig is nie, maar die soort wat sê dat geweld nooit, onder enige omstandighede, geregverdig is nie.
Ek wonder al heel jaar of ek ‘n pasifis is. Nou weet ek.
Stefan is die tweede persoon wat ek geken het wat vermoor is. Jare gelede is iemand anders wat ek geken het, saam met haar man ontvoer. ‘n Week later hoor ons oor die nuus dat hul erg ontbinde lyke êrens gevind is. Hoewel sy geskiet is, is sy op die ou end dood aan blootstelling. My ma se eerste woorde aan my nadat ek hierdie aaklige nuus gehoor het, was (verbatim): “En nou, Juffrou, kom ons by jou standpunt oor die doodstraf.” Ja, dit was presies so patronising. En nee, ons het nie gekom by my “standpunt oor die doodstraf” nie. Jy leer immers nie vir mense respek vir die lewe deur mense dood te maak nie!
Hierdie keer het ons wel by my standpunt oor pasifisme gekom. Ek glo dat dit verkeerd is om ‘n ander mens se lewe te neem. Niks kan ooit oorlog of geweld regverdig nie. Mense is nie veronderstel om mekaar dood te maak nie – glad nie, nooit nie. Dit is nooit reg of geregverdig om iemand koelbloedig te vermoor nie – selfs al is dit wettig, selfs al noem jy dit “peace keeping” of watter ander polities korrekte naam ons ookal daarvoor uitdink. Mense is nie veronderstel om mekaar dood te maak nie.

Oktober 16, 2006 at 5:34 nm 17 Kommentaar

The Amazing Maurice and his Educated Rodents

The important thing about adventures, thought Mr Bunnsy, was that they shouldn’t be so long as to make you miss mealtimes.
-Terry Pratchett

Oktober 13, 2006 at 12:57 nm 4 Kommentaar

Fraaie Pêrels

Arcadia is ontsteld omdat sy die woorde van enkele afskuwelike liedjies ken.

Ek besef gisteraand ek ken die woorde van die volgende liedere (gesange?):

  • Voorwaarts Christen Stryders
  • Strome van Seën
  • As Hy Weer Kom

Ek weet hoekom ek laasgenoemde ken. As kind het ek dit glad nie verstaan nie, maar graag gesing. Dit was ‘n heerlike tydverdryf om allerhande nuwe soorte pêrels op te maak wat “hy” (ek het nie geweet wie die “hy” is van wie die liedjie praat nie) gaan kom haal… pinkes, bloues, blinkes, goues.

Ook Strome van Seën het ‘n redelik direkte pad na my onderbewussyn gevolg: die oumense was lief daarvoor om pinkstertyd die ou Halleluja liedjies te sing en die arme kinnertjies was natuurlik saamgesleep.

Maar Voorwaarts Christen Stryders?

Oktober 12, 2006 at 1:19 nm 12 Kommentaar

La Vita è bella

Sommige goed laat my voel asof my binnegoed uitgedop word en daar net niks binne oor is nie.

Oktober 11, 2006 at 12:04 nm 18 Kommentaar

Die vis en die fiets

Ek haat seksisme. Veral as ek die slagoffer van genoemde seksisme is.

Ek gee nie so erg om as ek die een is wat seksisties is nie.

Die verskil is, my seksisme is nie gebore uit die (dikwels selfs onbewustelike!) oortuiging dat een gender beter is as die ander nie, maar uit doodgewone, onskuldige wraak.

Oktober 10, 2006 at 10:34 nm 11 Kommentaar

Older Posts Newer Posts


Voere