Archive for November, 2006

Whoo-hoo!

Baie geluk Suid-Afrika en alle gay paartjies wat wil trou (maar natuurlik nie hoef nie). Dis amptelik.
Advertisements

November 30, 2006 at 11:35 vm 16 Kommentaar

Ek is reg en die res is verkeerd.

Ek dink die hele gesprek “godsdiens vs wetenskap” is so laas millennium.

Dit was ‘n relevante gesprek tydens die verligting in die 19de eeu (m.a.w. in die 1800’s). Nou is dit egter die speelveld van diegene wat verknog is aan rasionaliteite wat kenmerkend was van die vorige eeu.

‘n Vriend beweer ek is onredelik. Elke keer wat iemand vir die eerste keer met inligting oor godsdiens vs wetenskap gekonfronteer word, is dit vir hulle nuut. Gevolglik sal die gesprek aanmekaar van voor af gevoer word.

Ek dink nie so nie. Ek dink ons verstaan van realiteit en waarheid het so verander dat ons sulke inligting in ons stride vat. Godsdiens is nie wetenskap nie, wetenskap is nie alles nie en waarheid is nie een nie.

November 29, 2006 at 1:55 nm 17 Kommentaar

Quote of the Day

“There is no pleasure in having nothing to do; the fun is in having lots to do and not doing it.” – Mary Wilson Little

November 28, 2006 at 9:44 vm 6 Kommentaar

Die Waarheid

Dorothy vra, ons reageer. En ek gaan eerlik wees, want ek is wragtag nie skaam nie.

In my handsak is:

  • 2 x wit pilletjies van onbekende oorsprong
  • huis- & karsleutels (met een sleutel wat ek nie kan onthou wat dit oopsluit nie)
  • lekkergoedpapiertjie met die woorde “marry for friendship not for love”
  • haarknippie
  • R1,30 se kleingeld
  • skoenlappertjie aan ‘n kraletjie wat van ‘n armband afgebreek het
  • iPod shuffle
  • band waarmee mens selfoon om jou nek hang (tragiese goed daardie)
  • beursie (waarvan die inhoud ‘n post op sy eie verg)
  • ‘n sakkie Cafe Latte poeier vir noodgevalle
  • 2006 kalender
  • 2007 kalender
  • dagbeplanner (waarvan die inhoud ‘n post op sy eie verg)
  • selfoon
  • kantoorsleutels (4 sleutels van onbekende oorsprong)
  • handspieëltjie
  • ‘n pakkie papiertjies wat seep word as dit nat word
  • tampon (waarvoor weet ek nie. Ek het dit jare laas benodig.)
  • Clinique stay-matte oil-blotting sheets
  • deodorant
  • Advil
  • Homeopatiese hooikoors pilletjies
  • Homeopatiese hoofpyn stafie
  • naelfyl
  • tissues (ook bekend as sneesdoekies)
  • pleister
  • 2x pantyliners
  • nog ‘n handspieëltjie
  • consealer
  • klein botteltjie Cartier déclaration parfuum
  • klein botteltjie Chanel Chance
  • haarrekkie
  • Justine Tissue Oil Lip Therapy (in Plum)
  • Maybelinge 3 in 1 Express Makeup
  • pen
  • kamera

9 van bogenoemde items gebruik ek gereeld.

Die kamera se batterye is pap. Moenie bekommerd wees nie, Lily kom nog!

November 24, 2006 at 3:48 nm 30 Kommentaar

Blogger Beta

Do Kwang wil graag weet van Blogger Beta.
Ek het nog nie ‘n indiepte studie gedoen nie. Al wat ek kan gee, is ‘n oorsig van my eerste ervarings:

  • wanneer mens die kommentaar op ‘n blogger beta blog oopmaak, kom daar ‘n venstertjie wat s^e dit bevat secure en nonsecure items en wil jy albei sien. teen die tyd wat ek “ja” gekliek het, het ek al vergeet waarmee ek besig was.
  • ek moet in log elke keer wat ek kommentaar op iemand se blog wil los.
  • my Blogger ID is geskuif na my Google ID. Huh? Ek weet ook nie. So, ek tik username en password in, maar nee, dis verkeerde ID.
  • wanneer die ID uiteindelik aanvaar word, is die kommentaar wat ek neeeeetnou gelos het, weg.
  • www dot blogger dot com werk ook nie meer nie. Nou moet ek na ‘n ander site gaan, waarvan ek die naam aanmekaar vergeet. Die bladsy waar ek arriveer, is tans nog vir my verwarrend en irriterend. Dit maak seker meer sin as die vorige een, maar ek het regtig nog nie tyd/lus/krag gehad om dit te probeer uitfigure nie.

Enige skuif na enige iets nuuts is altyd effens irriterend, aangesien jy moet gewoond raak aan nuwe knoppies op nuwe plekke. Is hierdie skuif die moeite werd? Aangesien ek per ongeluk geskuif het, kan ek nog nie s^e nie. Tans irriteer dit my net. Dalk kan Pienk Zuit vertel van sy ervaringe?

Dis my bydrae vir hierdie week tot die welstand van die mensdom.

November 23, 2006 at 7:02 nm 2 Kommentaar

Die Onsigbare Lyn

Daar is ‘n lyn van sosiale aanvaarbaarheid (nie ‘n tou nie), ‘n onsigbare lyn van wat jy mag sê en doen… en wat nie.
My disorder (ek werk nog aan ‘n wetenskaplike naam daarvoor) veroorsaak dat ek eenvoudig nie daardie lyn kan raaksien nie. Ek weet nooit wanneer ek te ver gegaan het nie. Ek leef in konstante* vrees vir “Die Lyn”: Was daardie grappie net mooi een te veel? Was hierdie aanmerking die een wat alle sosiale konvensies geskandaliseer** het? Was dit nou die laaste strooi wat my in die Huisgenoot of – hyg! – Son gaan laat beland?
Ek is ‘n diplomatieke disaster.
En verhoudings! Fyngevoelige mense kom altyd met interessante wonde aan die ander kant uit wanneer ek met my disorder oor hulle gestorm het. Met die mooiste bedoelings op pad na die hel.
Nou ja.
Wil enigiemand ‘n foto van Lily sien?
*Okay, miskien nie so konstant nie.
** Klink soos ‘n anglisisme. Oops.

November 21, 2006 at 3:54 nm 24 Kommentaar

Loot

Wat ek vir my verjaardag gekry het:

  • Blomme (by my personeel)
  • Sjokolade (by my sekretaresse)
  • Boek: “Tsotsi Evangelie” (by my ouers)
  • Gjeld (by my grootouers – nie veel nie though, hulle is bietjie agter met inflasie)
  • Koekvurkies (vriendin)
  • Juweliersware (ander vriendin)
  • Perfumed Drawer Liners (kollega se vrou)
  • Carcassonne Traders & Builders Expansion Pack (by die hoof van die huis)
  • Mini Mile High Kit (don’t ask)
  • LILY! (by die hoof van die huis)

November 21, 2006 at 2:35 nm 14 Kommentaar

Older Posts


Feeds