Ek kan die versoeking nie weerstaan…

Desember 12, 2006 at 9:55 vm 7 Kommentaar

om nog ‘n aanhaling uit Ds. Hannan Viljoen se besondere boek te plaas nie.


KLEREDRAG MY EIE SAAK?

In die lig van die feit dat niemand van ons apart op sy eie aardbol woon nie en daar dus nie ‘n geïsoleerde geskeidenheid tussen die twee geslagte bestaan nie, kan geen dame van die standpunt uitgaan dat kleredrag haar eie saak is en dat dit niemand anders om haar raak nie! Wanneer ‘n dame ontblotende of prikkelende kleredrag aantrek, is dit ‘n besliste struikelblok vir elke normale man of seun – blank of nie blank.

Dié waarheid word bevestig deur die getuienis van ‘n swartman wat ‘n tyd gelede op ses aanklagte van kriminele aanranding tereg gestaan het. Volgens sy getuienis het die kleredrag van sekere vroue onder meer tot die wandade aanleiding gegee. Tereg het die Prokureur-generaal oor hierdie saak opgemerk dat die samelewing moreel skuldig was aan die misdade wat gepleeg is!

5. Dit Verneder die Vrou

Wanneer die vrou as gevolg van verkeerde kleredrag ‘n objek van openbare wellus word, word daarmee ook haar eie vroulikheid verneder. In plaas daarvan dat sy die verhewe, verfynde inspireerder bly wat deur die man geïdealiseer word, word sy goedkoop gemaak, en uiteindelik verloor sy ook die agting, bedagsaamheid en eerbied wat die verhewe vrou waardig is.

Ek gaan nou ophou, voordat ek begin vloek.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Jerusalem @home

7 Kommentaar Add your own

  • 1. johan swarts  |  Desember 12, 2006 om 2:55 nm

    “die verhewe, verfynde inspireerder…wat deur die man geïdealiseer word”?

    jig…

    Reply
  • 2. johan swarts  |  Desember 12, 2006 om 2:55 nm

    “die verhewe, verfynde inspireerder…wat deur die man geïdealiseer word”?

    jig…

    Reply
  • 3. ruzelda  |  Desember 12, 2006 om 8:05 nm

    Hey…dis presies wat ek wou sê, Johan. Dit klink amper soos ‘n Afrikaanse klas aangaande Brink, dink jy nie?

    “…(D)ie agting, bedagsaamheid en eerbied wat die verhewe vrou waardig is” lei my daartoe om myself te verpoos aan luidkeelse burpery (of is ek eintlik besig om op te gooi?).

    Reply
  • 4. ruzelda  |  Desember 12, 2006 om 8:05 nm

    Hey…dis presies wat ek wou sê, Johan. Dit klink amper soos ‘n Afrikaanse klas aangaande Brink, dink jy nie?

    “…(D)ie agting, bedagsaamheid en eerbied wat die verhewe vrou waardig is” lei my daartoe om myself te verpoos aan luidkeelse burpery (of is ek eintlik besig om op te gooi?).

    Reply
  • 5. johan swarts  |  Desember 13, 2006 om 2:37 vm

    burp is heilsaam, maar ek reken jy gooi op.

    (brink, ja…)

    Reply
  • 6. johan swarts  |  Desember 13, 2006 om 2:37 vm

    burp is heilsaam, maar ek reken jy gooi op.

    (brink, ja…)

    Reply
  • 7. Martin Meyer  |  November 16, 2009 om 3:41 nm

    Kan die persoon wat oorspronklik hierdie ARTIKEL geskryf het, asb. met my in aanraking kom. Ek soek die titlel van die boek wat deur DS. Hannan Viljoen geskryf is en wil weet of die boek steeds beskikbaar is?

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: