Archive for Januarie, 2007
Kerk by jou werk
Ek is ‘n aanhanger van die sg “Alt.worship” beweging, wat in Europa uit die Rave-kultuur en in Australië uit die Coffee Shop kultuur ontstaan het. Tyd sal nog leer hoe dit in Afrika gaan lyk.
Intussen kan jy ‘n draai gaan maak by die online labyrinth.
O die wysie
Elke keer wat ek hoor
De la Rey, De la Rey
sal jy die boere kom lei
De la Rey, De la Rey
Hoor ek in my agterkop (en sing ek daarna)
Kabeljou Kabelmy
Kabel sal-jy-met-my-vry
Kabelmy Kabeljou
Kabel sal-jy-met-my-trou
Ek wonder of Koos sal omgee?
Siesa
Ek kry tot vandag toe nog koue rillings net van die prentjie.
Bek + Jêm
Ek is nie ‘n Insig fan nie. Voel vir my te veel na ‘n mondstuk vir die angs van die neo-konserwatiewe Afrikaners wat hulself sien as tog, o, só liberaal.*
Ek HAAT spinnekoppe.
Spiderman: “You are intelligent, witty, a bit geeky and have great power and responsibility.”
Dankie Adam.
Het jy geweet…
Mense wat ander aanvaar, is aanvaardend, nie aanvarend nie. Aanvarend is ‘n skip wat aangevaar kom.
Aanvallend is iemand wat skoorsoek oor nonsens.
Nuutste kommentaar