Archive for Februarie, 2007
Happy un-birthday to me!
Danksy die vyf mense wat op die ou end ‘n bydrae gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-‘n-nuwe-kamera Fonds (asook die hoof van die huis se kredietkaart) het ek ‘n splinternuwe kamera.
Hier is een van die eerste foto’s wat ek met my nuwe kamera geneem het:
Nog bloed en binnegoed, enigiemand?
Vandag wonder ek oor baie dinge.
Lessie
Wanneer jy iemand op ‘n selfoon skakel en jy ontdek dis die verkeerde nommer, vra om verskoning en sit die telefoon neer. Jy mag dan nog een keer weer die verkeerde nommer skakel, net om seker te maak jy’t nie dalk die knoppies verkeerd gedruk nie. Maar jy mag nie nog veertig keer dieselfde nommer skakel nie.
Verder, as die persoon wat die telefoon antwoord vir jou sê hulle is nie die Ocean Basket in Nelspruit nie, glo hulle. Maak nie saak hoeveel keer jy vir hulle sê hulle is die Ocean Basket in Nelspruit nie, hulle gaan nie ewe skielik in die Ocean Basket in Nelspruit verander nie.
Ek kan my oë nie afhaal nie
Sug. So word ek gefolter.
Voorneme
Ek gaan voortaan probeer om nie skuldig te voel oor goed wat ander mense my aandoen nie. Dis dieselfde siek sindroom wat veroorsaak dat mense wat verkragting oorleef, dink dit was op ‘n manier hulle skuld. Of hoekom mishandelde vroue dink hulle verdien dit.
Vandag begin my bevryding. As ek gedoen het wat ek moes en wat ek kan, gaan ek nié skuldig voel oor ander se verwagtings nie. Ek gaan nie die leuens wat ander vir my oor my vertel, glo nie. Ek mag mishandel word, maar ek is waaragtig nie ‘n slagoffer nie.
Nuutste kommentaar