Gelukkig was dit gratis

April 23, 2007 at 11:39 nm 11 Kommentaar

Ek was vandag by ‘n lesing waar daar o.a. gesê is

“Mans gee om te ontvang. (So gee hulle byvoorbeeld ook hul saad en ontvang ‘n nageslag.)
Vrouens ontvang om te gee.”

Aaaaag kak man! Die tipe mans wat hierdie twak kwytraak en glo, doen dit net om hulleself beter te laat voel oor hul eie selfsugtigheid.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat is geel en lê in ‘n bedjie? Vyf Dinge

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Oppietrap  |  April 24, 2007 om 9:57 vm

    Ek ONTVANG enige tyd sy geld en GEE dit graag uit. Dit kom al te natuurlik by my!

    Reply
  • 2. Freddy  |  April 24, 2007 om 1:48 nm

    My vrou sou nogal saamstem. Ek GEE haar “grief” sodat ek haar “grief” kan ONTVANG.

    Reply
  • 3. BatCat81  |  April 24, 2007 om 8:08 nm

    Is altyd vir my interesting hoe iemand iets kan se wat klink asof hy nou die lewe (en in hierdie konteks mans en vrouens) uitgefigure het. Inderdaad nogals k@k…

    Reply
  • 4. Pienk Zuit  |  April 25, 2007 om 10:10 vm

    Dit maak omtrent soveel sin soos “rondslaap is deel van my kultuur”.

    Reply
  • 5. idiwidi  |  April 25, 2007 om 1:43 nm

    Gratis!? Wat, hulle moes Jou eerder betaal om die lesing by te woon.

    Reply
  • 6. johan swarts  |  April 25, 2007 om 2:36 nm

    vergun my die geleentheid om te beaam:

    KAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAK

    Reply
  • 7. Carien  |  April 25, 2007 om 2:57 nm

    Ek wonder nog altyd oor die hele Onderdanigheidsidee.

    Ek skryf dit af as ‘n kontekstuele ding (soos kopbedekkings ens.), of interpreteer dit as ‘n twee-rigtingidee en haal diep asem wanneer ek dit uit die monde van oldschool dominee’s by troues hoor.

    Reply
  • 8. Oppietrap  |  April 25, 2007 om 4:31 nm

    Kry mens nog oldschool dominee’s? Dag dis saam met apartheid verbied.

    Reply
  • 9. maeree  |  April 26, 2007 om 11:22 vm

    carien, ou paulus was eintlik erg radical. hy begin eers deur te sê vrouens moet onderdanig wees – sit sy gehoor op hulle gemak, sodat hulle nie reeds op hul agterpote is wanneer die eintlike punt kom nie. amper soos ‘n suikerlagie…
    dan raak hy hierdie ding kwyt wat dodelik radical was in sy tyd: mans moet hul vrouens liefhê! (vrouens was besittings, die produk van ekonomiese transaksies.)
    en dan gaan hy verder en sê (… wait for it…) dat mans en vrouens aan mekaar moet onderdanig wees.
    dis so radical, ons glo dit tot vandag toe nie.

    Reply
  • 10. Carien  |  April 26, 2007 om 1:24 nm

    Oppietrap, jip, daar is nog ‘n paar sulke dominee’s daarbuite. Dan is daar dominee’s wat niks daaroor te sê het nie. Daar is ook die hele semi-fundamentalistiese charismatiese beweging wat opnuut vroue-onderdanigheid verkondig…Asook sulke flippen snert soos “mans ontvang en vrouens gee”.

    Met die gevolg dat ek net nie meer kerk toe gaan nie.

    Maeree, dankie. So jy stem saam dis ‘n twee-rigting idee…

    Reply
  • 11. amanda  |  April 28, 2007 om 4:53 vm

    so van fundamentalistiese charismatiese bewegings gepraat…doen jouself ;n guns en kry die DVD van ‘n dokumenter genaamd: “Jesuscamp”. Dis die scarieste movie wat ek in ‘n langtyd gesien het.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: