Archive for Mei, 2007

Spesiaal vir Die Zuit


Goeie nuus! Swaarkry vir altyd verby! Nooit hoef jy weer met enige probleem te sukkel nie! Onaangename kollegas? Psjt! Een spuit en hulle verdwyn in ‘n wolkie geurige walms. Huweliksprobleme? No problem! Psjt! Sukkel om te fokus? Psjt! ‘n Hoop strykgoed in die spaarkamer? Psjt! Ongemak met honger kindertjies wat by jou motorvenster bedel? Pluk jou botteltjie uit, spuit in die kind se rigting en hongersnood verdwyn soos aromatiese mis voor die son.

Okay, duidelik oordryf ek. Hier’s die waarheid:

  • Sukkel om oor jou traumatiese mishandelde kinderdae te kom? Gebruik Angel of Liberation – Turquise Spray: “This Angel liberates us from anything in the past that holds us back. Setting you free. It opens the connection to crystals& dolphins. And releases blocks when working with computers.”
  • Bekommerd en bang vir die booswigte wat by jou huis wil inbreek en jou wil aanrand? Die Blue Flame of Divine Protection is jou antwoord. “This spray is for absolute protection, and creating a new reality. It raises the spirit and brings in understanding and appreciation.”

Die volledige Angels of Transformation reeks hier hier beskikbaar.

  • The Angel sprays are for space and energy revitalizing and clearing.
  • They create a link between the conscious and sub conscious mind, alleviating any blocks in the flow and inviting the protection of the Angelic Realm.
  • When using them hold this focus, calling in the unseen support and know that it is so.
  • Spray above the head and onto the chest area and allow the fragrance to gently wash through your energy field.
  • For clearing negativity from a room simply spray around the room, again asking for the Angelic guidance when doing so.
Advertisements

Mei 30, 2007 at 2:26 nm 6 Kommentaar

Genoeg is genoeg!

Nee, dis nou sommer nonsens die. Mense pleit dat ons moet vegetariërs word, want dis wreed om diere te eet. Die arme goed (diere) hou nie daarvan nie.
Maar niemand gee om vir seediere nie (sommige gee wel om vir dolfyne, wat blykbaar die IK van goudvisse het* en walvissie). Eet maar daai seekossies, mossels het nie gevoelens nie. Jy sal selfs kan vis eet in die hemel!

Genoeg is genoeg, sê ek!

Vandag is dus die amptelike stigtersdag van S.U.S.H.I. (Seedier Uitwissing Stop HIer**).
Staan op vir seediertjieregte! Seediere het ook siele!
My vissies het persoonlikheid!***

* baie min.
** dankie fredddddels
*** gehad, voordat hulle gevrek het.

Mei 29, 2007 at 1:49 nm 9 Kommentaar

Lesse uit Sentraal


By hierdie tannie het ek die Afrikaanse woord “naaier” geleer. Ek het die werkwoord geken, maar nie geweet van die skelwoord nie.
Bedags pas sy karre op.
Laatmiddag hou sy court op die sypaadjie.
Wanneer dit donker word, hang sy oor mense se heinings en kyk fliek deur hul vensters.
Ek weet nie waar sy woon nie, maar ek is seker sy regeer daar ook.

Mei 28, 2007 at 1:04 nm 10 Kommentaar

Painful 2b Beautiful


So sit ek vanoggend ‘n stukkie van die “Tyra Banks Show” [ja, ek weet] en kyk terwyl ek ingedagte my koffie drink. Tyra gesels met mense wat hul tone laat korter maak en kollageen in hul hakke laat inplant sodat hulle met gemak hoëhakskoene kan dra.
Die plastiese chirurg help ons om hierdie fenomeen te verstaan: “We can’t change fashion. But we can help women to have the freedom to wear what they want.”
Inderdaad. Ons kan nie die mode verander nie, maar ons kan ons tone afsny.

(Die mees erudiete gesprekke oor lywe en lyflikheid vind tans by Oppietrap plaas. Terwyl jy daar is kan jy sommer ook vertel wat jou vagina sou sê as sy kon praat.)

Mei 25, 2007 at 12:06 nm 2 Kommentaar

Sensuele Skoonheid

My “amen” op Salige Rus se “Iets mooi in ‘n rowwe wêreld“.

Foto’s deur GaryP.

Mei 24, 2007 at 11:42 vm 3 Kommentaar

PostSecret Oorsig

Van logies…
Na aangrypend…
Na inspirerend…

Die lewe in 3-sekonde soundbites.

Mei 23, 2007 at 12:22 nm 1 comment

Niks nuuts onder die wolke

Hierdie post verwys.
Elke jaar spoel ons weg.
Elke jaar gaan die krag af.
Elke jaar gaan staan jou kar omdat die water in die pad tot by die kar se onderstel kom.
En elke jaar is ons verbaas.

Mei 22, 2007 at 3:18 nm Lewer kommentaar

Older Posts


Feeds