Die Kersie in my Venster

Mei 16, 2007 at 2:40 nm 3 Kommentaar


Ek kry gister ‘n SMS wat vra ek moet ‘n kers in ‘n venster laat brand sodat Madeleine McCann gevind kan word. “Wie??“, was my eerste reaksie. Toe onthou ek: “O ja, oulike grootoog blondekop Britse dogtertjie wat in Spanje ontvoer is.”

Ek dink dis skreiend en tragies dat sy ontvoer is.
Ek dink dis skreiend en tragies dat daar jaarliks in Suid-Afrika tussen 800-900 kinders as vermis aangemeld word.
Ek dink dis skreiend en tragies dat niemand my daaroor SMS nie.

En ek wonder – hoekom SMS niemand my oor al die ander kindertjies nie?
Is dit omdat hulle nie pragtige blondekop grootoog kindertjies is nie?
Is dit omdat hul ouers nie toegang het tot die tegnologie wat kan help om oulike videos te versprei sodat die wêreld se harte kan sag word nie?
Is dit omdat ons genoeg ekstra kindertjies in Afrika het?
Is dit omdat hul ouers nie regtig omgee nie?
Kan dit wees omdat hul ouers nog nie daaraan gedink het om vir David Beckham te vra om op TV te verskyn ter wille van hulle kinders nie? (Dalk het hulle nie sy telefoonnommer nie.)
Hoekom bied Beckham nie aan om ook vir hul kinders te pleit nie?

As ek ‘n kers in ‘n venster laat brand, sal dit wees vir die mense wat ek ken wat daagliks ‘n tuiste probeer skep vir straatkinders. En vir dié wat ek nie ken nie.
En vir die ander vermiste kindertjies die wêreld oor.
En vir hul ouers.
En vir dié wat die kinders probeer vind.
En vir ‘n wêreld wat nie ewe ontsteld is elke keer as ‘n kind vermis/ ontvoer/ vermoor/ verkrag word nie.
En vir Madeleine McCann.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gaap Magspel

3 Kommentaar Add your own

  • 1. idiwidi  |  Mei 16, 2007 om 5:14 nm

    mooi

    Reply
  • 2. Voetstoots van Tonder  |  Mei 17, 2007 om 12:50 vm

    hoor hoor

    dit gaan my verstand te bowe dat een (arme) kind soveel aandag kry

    Reply
  • 3. dorothy  |  Mei 21, 2007 om 10:28 vm

    that was pretty much my thought on the subject when i got the sms and email and saw it plastered all over yahoo and the like.

    funny how certain people with the right set of circumstances practically become icons to some tragedy that befalls people on a daily basis

    and what the fark is lighting a candle going to do for any of them anyway?

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: