Genoeg is genoeg!

Mei 29, 2007 at 1:49 nm 9 Kommentaar

Nee, dis nou sommer nonsens die. Mense pleit dat ons moet vegetariërs word, want dis wreed om diere te eet. Die arme goed (diere) hou nie daarvan nie.
Maar niemand gee om vir seediere nie (sommige gee wel om vir dolfyne, wat blykbaar die IK van goudvisse het* en walvissie). Eet maar daai seekossies, mossels het nie gevoelens nie. Jy sal selfs kan vis eet in die hemel!

Genoeg is genoeg, sê ek!

Vandag is dus die amptelike stigtersdag van S.U.S.H.I. (Seedier Uitwissing Stop HIer**).
Staan op vir seediertjieregte! Seediere het ook siele!
My vissies het persoonlikheid!***

* baie min.
** dankie fredddddels
*** gehad, voordat hulle gevrek het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Lesse uit Sentraal Spesiaal vir Die Zuit

9 Kommentaar Add your own

  • 1. idiwidi  |  Mei 29, 2007 om 3:17 nm

    Ek het net vanmiddag sushi geEet, so ek sal nou nie vandag al jou organisasie kan join nie.

    Reply
  • 2. boerinballingskap  |  Mei 29, 2007 om 4:29 nm

    As ek jou organisasie moet join, sal ek vrek van die honger hier in die Ooste!

    Sorry!

    :)

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  Mei 30, 2007 om 10:00 vm

    Ek love sushi, met genoeg wasabi.

    My nuwe gunsteling veg grappie:

    If you’re a vegetarian to be nice to animals, why are you eating their food?

    Reply
  • 4. Salige Rus  |  Mei 30, 2007 om 11:27 vm

    Visse word nie in fabrieksplase aangehou nie.

    Mossels het nie ‘n sentrale senuweestelsel nie, en kan dus nie pyn voel nie.

    Reply
  • 5. maeree  |  Mei 30, 2007 om 11:56 vm

    rus, gaan kyk hier

    Reply
  • 6. Freddy  |  Mei 30, 2007 om 12:03 nm

    En ek het 2 weke terug vir die eerste keer sushi geeet. Jammer, visse, maar ek gaan nie nou ophou nie.

    Reply
  • 7. dorothy  |  Mei 30, 2007 om 2:11 nm

    maeree – you veggie i take it?

    Reply
  • 8. maeree  |  Mei 30, 2007 om 2:26 nm

    idiwidi, boer… so, julle sal kies om voort te bestaan op die bloed van ander? mens moet bereid wees om te sterf vir wat reg is! [insert hero music here]

    zuit – lol

    zuit, fredddels – ek love ook sushi (plus wasabi, wat soos ‘n motorfietsvervaardiger se naam klink), maar ek geniet die vegetariese soort.

    dorothy – nope, just funny. maar ek eet nie seekos nie. can’t stand the stuff.

    Reply
  • 9. Salige Rus  |  Mei 31, 2007 om 11:18 vm

    Oukei, ek sal nie meer vis eet nie

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: