Rant, no rave

Julie 26, 2007 at 4:51 nm 7 Kommentaar

mad1.jpgOkay, vandag neem ek ‘n groot stap. Vandag kla ek nie oor die wêreld in die algemeen nie, maar oor my mede-bloggers spesifiek. As jy dink jy gaan seergemaak voel of aanstoot neem, hou sommer hier op lees, dan slaap jy beter. (Van die dinge wat OppieTrap gesê het, asook die afsterwe van haar blog, het my oortuig om uiteindelik my gevoelens op skrif te plaas. )

Daar is baie freakazoids op die aarde. En selfs nog meer op die internet (hoewel nie een van hulle al ooit meer as drie keer kommentaar gelos het op my blog nie). En net omdat jy in die blogosfeer goed met iemand oor die weg kom, beteken dit nie dat dit in die reële wêreld ook die geval sal wees nie. (Daardie les, wat ek baie duur geleer het in my Instant Messaging dae, deel ek gratis.)

Dit tick my on-ge-lóóf-lik af dat mense nie my behoefte om anonimiteit respekteer nie.

Maeree bestaan nie in die reële wêreld nie. Ek wil ook nie. Een van die redes hoekom ek so baie hou van blog, is juis omdat dit anoniem is. En omdat dit nie saak maak nie (vandaar ook die vorige blog se titel). Hier word nonsens gepraat en gespeel. Nie alles wat hier gesê word, is altyd waar in die reële wêreld nie – hoewel dit volledig waar is in die blogosfeer.

Elke keer wat ek hoor van nog iemand wat (probeer) uitfigure wie Maeree se alter-ego is, kos dit al my selfbeheersing om nie hierdie hele blog met een druk van ‘n knoppie uit te vee nie. Omdat nie almal die vermoë het om hierdie blog te onderskei van die werklikheid nie.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Verjaardagwense Ek kan nie wág nie II

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Bertus!  |  Julie 27, 2007 om 8:22 nm

    Jammer dat ek lewe.

    Antwoord
  • 2. idiwidi  |  Julie 28, 2007 om 4:30 vm

    amen

    Antwoord
  • 3. BatCat81  |  Julie 29, 2007 om 10:46 vm

    Ek dink nie ekt al so baie op jou blog gecomment nie… Dan’s ek seker maar ook ‘n freakazoid…:)

    Antwoord
  • 4. sonkind  |  Julie 29, 2007 om 9:52 nm

    Ek dink die tricky deel le daarin om te onderskei tussen die bloggers wat nie omgee om hier (op die net) te wees wie en wat hulle ook in die werklikhied is nie en dan die wat hier hul eie wereld skep, ver verwyderd van die regte wereld,en dit so wil hou. En dan om, as jy dit uitgefigure het, elkeen se wense respektiewelik te respekteer.

    Antwoord
  • 5. Johan Swarts  |  Augustus 2, 2007 om 5:53 nm

    johan swarts in cyberspace is nie johan swarts in die regte lewe nie. johan swarts in die regte lewe is op sy beurt verskeie personas vir verskeie mense. hel, hy verstaan nie eers altyd homself nie.

    johan swarts se posts is soms nie 100% eerlik nie. johan swarts se posts word soms beinvloed deur wat hy dink lesers daarvan gaan dink, sommige meer bekend as ander.

    johan swarts identifiseer met hierdie inskrywing.

    Antwoord
  • 6. maeree  |  Augustus 3, 2007 om 11:51 vm

    met dank aan johan swarts

    Antwoord
  • 7. Pienk Zuit  |  Augustus 27, 2008 om 2:54 nm

    Hiers hy!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: