Archive for Augustus, 2007

Antwoorde

Terwyl ek vir ‘n paar dae uitstedig is, het ek gedink my getroue lesers kan intussen hierdie brandende etiese kwessie uitsorteer:

As jy met jou eie kloon seks is, is dit:

  • bloedskande
  • of masturbasie?
Advertisements

Augustus 27, 2007 at 10:31 vm 25 Kommentaar

Hoekom Facebook Ou Onderbroeke Snuif III

facebook.jpg

Die argument is natuurlik telkens weer dat Facebook ‘n sosiale netwerk is.

Ek het ook ‘n paar maatjies op Facebook, om te bewys dat ek nie ‘n sosiale imbesiel is nie. Het Facebook my gehelp om my verhoudings met enige van hulle te versterk? Het ek enigiets nuuts omtrent hulle geleer?

Ek het geleer dat:

Al hierdie dinge het ek reeds geweet.

Ek het ook vriende gevind met wie ek jare gelede kontak verloor het. Nou pryk hulle trots teen my muur. Beteken dit ons het nou kontak?

Hiermee onderneem ek om (vir eers) op te hou om Facebook te trash. Al wat ek regkry, is om oud te lyk en my eie onvermoë om aan te pas by die tye, weg te gee. I’m on Facebook, therefore I’m cool.

Augustus 24, 2007 at 11:19 vm 2 Kommentaar

Hoekom Facebook Ou Onderbroeke Snuif II

 

Animated Creator

Hier bo vind jy my persoonlike DNA. Alles wat jy nodig het om van my te weet in een kleurvolle blokkie!

“Very High Trust; Very High Spontenaiety; Very High Confidence; Slightly High Agency; Slightly High Openness; Slightly High Extroversion; Aesthetic; Average Masculinity; Average Attention to Style; Slightly Low Femininity; Slightly Earthy; Low Authoritarianism.”

Slightly Low Femininity?! WTF? Ek is 100% vroulik! En ek kan dit bewys. Die Hoof van die Huis kan ook met heelwat gevleuelde woorde daarvan getuig.

So wat is dit wat my vroulikheid laag maak? Die feit dat ek nie rok dra nie? Of dalk die feit dat ek praat van “ou onderbroeke”? Kan dit wees omdat my blog nie pink is nie en daar geen dansende hasies is nie?

Dis alles relatief interessante vrae. Maar die eintlike vraag is: WIE BESLUIT? Wie is die regter wat menslike eienskappe in blokkies van “manlik” en “vroulik” opdeel? Of erger nog: in blokkies van “normaal” en “vroulik”?

Het ek al genoem dat ek ‘n dissipel is van Derrida?

Augustus 23, 2007 at 2:04 nm 6 Kommentaar

Hoekom Facebook Ou Onderbroeke Snuif I

purity1.jpg

Volgens een of ander arbitrêre swaap is ek net 34% rein.

Wat presies vir enigiemand wat soms bietjie dink, behoort te illustreer wat die probleem is met konsepte soos “reinheid” of “onreinheid”. Dit is gewoon ‘n sosiale konstruk gebaseer op die manier wat jy die “plek” wat aan jou toegesê is, volstaan (of dan nou nie).

Ek is onrein, want ek het “ja” geantwoord op vrae soos: “had a date; been out on a date past 4 am; kissed; kissed in the horizontal position; seen someone naked; been naked in front of someone; licked someone’s toes; had an alcoholic drink; massaged or been massaged; fondled breast/butt/package; showered/bathed/jacuzzied with someone; bought contraceptives; pretended to be someone else online;” ens. ens. ens. You get the picture.

Hierdie goed maak my nie onrein nie! Ek sou onrein wees as ek drie maande laas gebad/stort het. Of miskien as ek elke aan my aandete van die longdrop se sitplek af geëet het. Selfs dan was dit net ‘n vraag van die beholder.

Augustus 21, 2007 at 5:19 nm 13 Kommentaar

Lewensredder

vcbbgv1.jpg

Vandag, met die uitstap uit die skoonheidsalon [my besoek het niks hiermee te doen nie], vra ‘n vrou om my selfoon te leen.  Sy wil haar manliefie SMS om te sê hy kan haar maar kom haal.  Ek doen dit met graagte.

Met die teruggee-slag sê sy:  “Thanks, you saved my life.”

Nee Mevrou, ek het nie jou lewe gered nie. Ek het vir jou my selfoon geleen.

Nou wonder ek:  hoekom krap haar oordrewe dank my so om?

Augustus 16, 2007 at 4:11 nm Lewer kommentaar

Die anargie van klein dingetjies

500_d80_0090_brokenwindow.jpg

Misdadigers wat OTM’s opblaas, is vir my ‘n simbool van totale anargie.

Maar volgens die Broken Window Theory, begin die anargie lank reeds voor dit:

“Consider a building with a few broken windows. If the windows are not repaired, the tendency is for vandals to break a few more windows. Eventually, they may even break into the building, and if it’s unoccupied, perhaps become squatters or light fires inside.
Or consider a sidewalk. Some litter accumulates. Soon, more litter accumulates. Eventually, people even start leaving bags of trash from take-out restaurants there or breaking into cars.”

Die eintlike simbool van anargie, is wanneer sogenaamde “wetsgehoorsame” mense weier om TV lisensies te betaal, spoedbeperkings oortree, oor rooi robotte ry, kopiereg breek, belasting ontduik. . . en dink dis okay.

Augustus 14, 2007 at 10:40 vm 11 Kommentaar

Omdat dit Maandag na ‘n langnaweek is

www.face2faceproject.com

Augustus 13, 2007 at 4:38 nm Lewer kommentaar

Older Posts


Feeds