Die anargie van klein dingetjies

Augustus 14, 2007 at 10:40 vm 11 Kommentaar

500_d80_0090_brokenwindow.jpg

Misdadigers wat OTM’s opblaas, is vir my ‘n simbool van totale anargie.

Maar volgens die Broken Window Theory, begin die anargie lank reeds voor dit:

“Consider a building with a few broken windows. If the windows are not repaired, the tendency is for vandals to break a few more windows. Eventually, they may even break into the building, and if it’s unoccupied, perhaps become squatters or light fires inside.
Or consider a sidewalk. Some litter accumulates. Soon, more litter accumulates. Eventually, people even start leaving bags of trash from take-out restaurants there or breaking into cars.”

Die eintlike simbool van anargie, is wanneer sogenaamde “wetsgehoorsame” mense weier om TV lisensies te betaal, spoedbeperkings oortree, oor rooi robotte ry, kopiereg breek, belasting ontduik. . . en dink dis okay.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Omdat dit Maandag na ‘n langnaweek is Lewensredder

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Johan Swarts  |  Augustus 14, 2007 om 7:16 nm

    akkoord.

    hierdie is ‘n baie nice post.

    Reply
  • 2. Pienk Zuit  |  Augustus 15, 2007 om 10:00 vm

    Yo, skuldig voel ek nou. Jy praat die waarheid, en dit maak seer.

    Reply
  • 3. BatCat81  |  Augustus 15, 2007 om 11:07 vm

    As die misdadigers die OTM’s opblaas, sien jy hulle as misdadigers of kry jy hulle jammer omdat hulle so ver moet gaan om geld te kry om kos mee te koop/gesin mee te onderhou/etc…? Of is hulle deur-die-bank misdadigers? Of is hulle ‘n mix van misdadiger en honger mens? Of blaas honger mense nie OTM’s op nie? :)

    Ek wonder maar net oor die connection tussen die “misdadiger” se motiewe en hoekom ons dink iets is anargisties (spelling?). Ek sal dink iets is anargisties omdat dit vir my ‘n maklike uitweg is om te cope met die reality. Eks eerlik daaroor :)

    Reply
  • 4. Carien  |  Augustus 15, 2007 om 4:56 nm

    stem saam.

    Reply
  • 5. Carien  |  Augustus 15, 2007 om 4:57 nm

    (dat ons almal tot ‘n mate skuldig is, bedoel ek..)

    Reply
  • 6. amanda  |  Augustus 16, 2007 om 7:16 nm

    ek & manlief ry in Kuruman se strate (ons kuier by die familie…sug) en hy “comment” oor die munisipaliteit wat nie die strate skoon maak nie. My comment: hoekom strooi mense rommel en tel nie agter hulle op nie? En dit was my kid se eerste comment toe ons in JHB ry:”why do people litter..that is very bad.” Dit gaan oor individuele verantwoordelikheid – en om honger te wees is nie ‘n verskoning om te steel en te moor nie.

    Reply
  • 7. idiwidi  |  Augustus 17, 2007 om 4:01 vm

    waar

    Reply
  • 8. BatCat81  |  Augustus 17, 2007 om 10:27 vm

    amanda : Dis maklik vir iemand wat nie honger is nie om te se dis nie ‘n verskoning nie… Ja, ek stem saam dis nie menslik om te steel en moor nie, maar hoe voel die ou wat honger is REGTIG? En wat het hy als al deurgemaak wat sy omstandighede en gevoelens gevorm het…? En wat het ek gedoen om te help? Ek kry skaam oor myself…

    Reply
  • 9. amanda  |  Augustus 17, 2007 om 1:35 nm

    as hy ‘n brood steel, kan ek dit nog miskien verstaan, maar ‘n OTM opblaas?? ek dink ons het met meer as hongerte hier te doen! Ek het begrip en erbarming vir armoede, maar dis nie ‘n verskoning vir blatante misdaad nie.

    Reply
  • 10. Johan Swarts  |  Augustus 23, 2007 om 12:32 vm

    presies. dis nie asof plofstof gratis is nie…

    Reply
  • 11. BatCat81  |  Augustus 24, 2007 om 1:05 nm

    Die bigger picture is mos dit: kom ons neem aan ons weet nie presies wat hierdie ou se agtergrond is nie. Hy was dalk honger en het toe betrokke geraak by ‘n groep wat OTM’s opblaas. Hy doen die vuilwerk, en hy kom in die moeilikheid, omdat hy geld nodig het vir ‘n gesin van 5…. Al wat ek dus probeer se is, ons se te maklik iets, en skeer almal oor dieselfde kam. Ons het eintlik nie die reg om te se iets is anargie nie (natuurlik my opinie :), maar ons doen, want dit help ons om te cope.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: