Hoekom Facebook Ou Onderbroeke Snuif II

Augustus 23, 2007 at 2:04 nm 6 Kommentaar

 

Animated Creator

Hier bo vind jy my persoonlike DNA. Alles wat jy nodig het om van my te weet in een kleurvolle blokkie!

“Very High Trust; Very High Spontenaiety; Very High Confidence; Slightly High Agency; Slightly High Openness; Slightly High Extroversion; Aesthetic; Average Masculinity; Average Attention to Style; Slightly Low Femininity; Slightly Earthy; Low Authoritarianism.”

Slightly Low Femininity?! WTF? Ek is 100% vroulik! En ek kan dit bewys. Die Hoof van die Huis kan ook met heelwat gevleuelde woorde daarvan getuig.

So wat is dit wat my vroulikheid laag maak? Die feit dat ek nie rok dra nie? Of dalk die feit dat ek praat van “ou onderbroeke”? Kan dit wees omdat my blog nie pink is nie en daar geen dansende hasies is nie?

Dis alles relatief interessante vrae. Maar die eintlike vraag is: WIE BESLUIT? Wie is die regter wat menslike eienskappe in blokkies van “manlik” en “vroulik” opdeel? Of erger nog: in blokkies van “normaal” en “vroulik”?

Het ek al genoem dat ek ‘n dissipel is van Derrida?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hoekom Facebook Ou Onderbroeke Snuif I Hoekom Facebook Ou Onderbroeke Snuif III

6 Kommentaar Add your own

  • 1. George Maru  |  Augustus 23, 2007 om 9:14 nm

    Maeree, ek volg jou nie so lekker hier nie, oor al die groot woorde en konsepte wat jy gebruik. Maar ek sou nie Facebook so vinnig afskiet nie. Miskien moet jou gaan introspeksie doen oor jou reinheid. Dalk flous jy jouself.

    Reply
  • 2. George Maru  |  Augustus 23, 2007 om 9:16 nm

    Oeps, ek is bietjie deurmekaar vanaand. My kommentaar was bedoel vir die post oor jou kuisheid. Of gebrek daaraan.

    Reply
  • 3. Johan Swarts  |  Augustus 24, 2007 om 2:10 vm

    The personal is inderdaad political. Derrida is inderdaad ‘n waardige figuur om dissipel voor te wees (ek is self een). Maar ek dink George is reg. Jy kan nie Facebook sommer net afskiet op grond van shitty applets nie.

    Jy kla dan oor third party software. Dis mos onregverdig?

    Reply
  • 4. idiwidi  |  Augustus 24, 2007 om 3:27 vm

    Wat jy noem is natuurlik nie uitsluitlik Facebook se probleem nie. Facebook is net ‘n gerieflike versamelplek vir sulke idiotiese pop-psy kettingsnert.

    Ek het gister my beste laerskoolmaatjie opgespoor op facebook, so ek smul nou weer lekker daar in die eetsaal van die demone.

    Reply
  • 5. Bertus!  |  September 1, 2007 om 8:03 nm

    Derrida snuif ou onderbroeke.

    Reply
  • 6. Johan Swarts  |  September 3, 2007 om 1:55 vm

    almal doen eintlik maar. hoe anders gaan jy weet of jy dit in die wasgoedmandjie moet gooi?

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: