Archive for September, 2007

Geeks rule the multiverse

00004148.jpg

Die heel snaaksste video op die internet is hier.

Die tweede snaaksste video op die internet is hier.

(Ek insinueer glad nie dat hy ‘n geek is nie, maar hierdie video’s word opgedra aan Pienk Zuit se Firefox campaign.

September 28, 2007 at 10:49 vm 7 Kommentaar

Maeree is niceness

Ek brâg teenoor Freddy dat ek baie selde kwaad word. En [shock, horror, gasp] Freddy verskil van my. In ‘n poging om eerlik te wees, gaan ek dus nou probeer om ‘n lys op te stel van 10 goed wat my kwaad maak (in geen spesifieke volgorde):

1. Maer mense wat sê hulle is vet.

2. Maer mense wat (ongevraagd) vir my vertel dat ek maer is en dat hulle vetter is as ek.

3. Christene met ‘n baksteen-geloof wat glo dat hulle – en nét hulle – reg is.

4. Mense wat antwoord voordat hulle begin luister het. (Ongelukkig is ek dikwels self deel van hierdie kategorie.)

5. Mense wat 20 km/h of meer onder die spoedbeperking ry.

6. Seksisme en seksistiese grappies. (No, I don’t think it’s funny. En NEE, dis NIE omdat ek issues het met my eie vroulikheid nie. WTF?)

7. Rassisme

8. Homofobisme (hierdie woord het ek self geskep, omdat ek glo dat homofobe hul eie -isme nodig het).

9. (Blanke) Afrikaners wat met ‘n glas Cabernet /bottel bier in die hand staan en moan oor hoe sleg dit met hulle gaan in SA en hoe hier nie vir hulle geleenthede is nie. In dieselfde kategorie val mense wat terug hunker na ‘n regime wat hulle bevoordeel en ander vermoor het.

10. Enige vorm van bigotry.

11. Christene wat moan oor alles so sleg is in “die Kerk”. Ek dag “die Kerk” is “die Liggaam van Christus”, wat beteken jy is die Kerk, dommie.

12. Blanke Suid-Afrikaners wat maak asof hulle die swaarste kry onder misdaad.

13. Ryk mense wat beweer hulle is arm.

14. Arm mense wat by my bedel.

15. ISTJ’s

16. Snotty nie-rokers.

17. Mense wat sê vrouens is goeie leiers omdat hulle nice/ empaties/approachable is.

18. Mense wat geen self-insig het nie. Sorry Freddy, ek was verkeerd.

September 25, 2007 at 2:18 nm 14 Kommentaar

Vir die man wat alles het

kgmannvorn.jpg

Wat is die Afrikaans vir “chastity belt“?

(Ek hou veral van die volledige instruksies.)

September 20, 2007 at 12:45 nm 12 Kommentaar

Soms is ek verkeerd oor mense

Ek is geneig om mense te etiketteer.  Ek bieg.

Ek probeer ophou.

Daarom is ek bly (en beskou ek dit as ‘n wonderlike leer-geleentheid) wanneer mense my verras, my stereotipes totaal verkeerd bewys.

Kyk, as ek wéét dat jy die leier is van jou streek se tak van die Afrikanerbond, besluit ek sommer in beginsel alles wat lelik is oor jou.  En as jy dan meer aanvaardend en inklusief praat as enigiemand rondom jou, is ek verbaas.  En dankbaar om verkeerd te wees.

September 18, 2007 at 1:33 nm 4 Kommentaar

Die goue septer

2 Toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy hom so bekoor dat hy die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek het. Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak. 3 Die koning sê toe vir haar: “Wat kan ek vir jou doen, koningin Ester? Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal vir jou gegee word.”

Ester 5

September 15, 2007 at 10:22 vm 10 Kommentaar

Swaar dra, al aan die een kant

As ‘n jong man in die weermag inklaar, ondergaan hy ‘n mediese ondersoek. Dit behels onder andere ‘n verpleegster wat sy testes vashou en sê:  “Hoes”.

Wat sou die doel wees van hierdie oefening, wonder ek?

Die Hoof van die Huis beweer as ‘n ou te swaar dra, kan hy ‘n breuk kry.

Ek het nie geweet enigiemand se testes is so swaar nie!

September 13, 2007 at 12:18 nm 5 Kommentaar

Pakkie in die pos.

Velvet Elvis.

Eve.

September 13, 2007 at 12:08 nm Lewer kommentaar

Older Posts


Feeds