Bieg

September 11, 2007 at 10:21 vm 8 Kommentaar

nfl.jpg

Die rede waarom jy nooit op hierdie blog enigiets oor sport lees nie, is (onder andere) omdat Maeree vet mooi nokkol van sport weet.

(Ek dink wel dat die Franse vir ‘n Queen gevra het om die opening van die Rugby Wêreldbeker te reël, met die opdrag dat dit moet “butch” wees.)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ek dag ek gaan dood Verwarde Soekenjins

8 Kommentaar Add your own

  • 1. amanda  |  September 12, 2007 om 6:55 vm

    ‘n wyse vrou! Die lekkerste wereldbeker rugbystorie wat ek het is van die eindstryd wedstryd in ’95: voor die TV is moi,manlief, oppietrap en oppietrap se geliefde. En moi & oppietrap bespreek die manne se bene tot ergernis van die manne in die geselskap. Toe raak ons bored en gaan maak koffie en eet die melktert op!

    Reply
  • 2. Pienk Zuit  |  September 12, 2007 om 11:32 vm

    Ek weet my vroulief het van sport gehou voor ons getroud is, maar ek dink my oor-entoesiasme en geskree op die TV (of spelers & ref as dit op Nuweland is) het haar entoesiasme ‘n groot knou gegee. Ek probeer myself rehabiliteer, want dis tog nogal lekker as sy ook kyk en die entoesiasme deel, maar ek verstaan haar punt dat my aggressie haar afsit.

    Reply
  • 3. Johan Swarts  |  September 12, 2007 om 12:03 nm

    ek’s ook nie juis erg oor sport nie. tewens, ek gee glad nie om nie. dis nie vir my ‘n prioriteit nie.

    MAAR

    as ek die dag ‘n rugbygame of ‘n sokkergame (soms selfs ‘n netbalgame kyk) lewe ek nogal erg saam met die game, soos Zuit hierbo wat gil en skree op die TV, hehe…of soos ‘n seuntjie wat ‘n F1-grandprix speletjie op die rekenaar speel en links en regs gaan met sy lyf as sy “kar” om die draaie gaan, hehehe…

    Reply
  • 4. Jo-Ann Schou  |  September 12, 2007 om 2:02 nm

    Hehe….. weet ook nie regtig veel nie, maar weet darem watter kant toe en wat die bedoeling is. Ek moet nog die onkant storie uitfigure. Maar ek dink ek skreeu harder as my man en my seun. Die engelskind vertel net altyd vir my ek moet “chill mom”. En hy skud sy kop as ek die oorwinningsdans doen. Maar wie gee om?

    Ek gaan nie uit my pad om sport te kyk nie en volg dit nie slaafs nie. Ek kyk egter al die SA/Protea blitskrieket en mis nie sommer ‘n Springbok wedstryd nie. Ek kyk egter nie die heruitstendings nie! Ek besit ‘n warm baadjie met ‘n springbok op net omdat ek die goed verkoop (nie die goedkoop gemors by die robotte nie).

    Reply
  • 5. Pienk Zuit  |  September 12, 2007 om 10:28 nm

    Jo-Ann, presies hoe lyk daardie oorwinningsdans? Klink amusant!

    Reply
  • 6. Pienk Zuit  |  September 12, 2007 om 10:28 nm

    Hier bo erken ek dat ek ‘n probleem het, en niemand help my nie!

    Reply
  • 7. Jo-Ann Schou  |  September 13, 2007 om 9:07 vm

    PZ, jy wil nie weet nie. My hond duik vir dekking.

    Reply
  • 8. maeree  |  September 13, 2007 om 11:32 vm

    “my hond duik vir dekking”
    bwahahahahahahahahahaha! is dit ‘n baie sexy dans?

    zuit, daar’s nie hulp vir hopeless cases nie. sorry.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: