Maeree is niceness

September 25, 2007 at 2:18 nm 14 Kommentaar

Ek brâg teenoor Freddy dat ek baie selde kwaad word. En [shock, horror, gasp] Freddy verskil van my. In ‘n poging om eerlik te wees, gaan ek dus nou probeer om ‘n lys op te stel van 10 goed wat my kwaad maak (in geen spesifieke volgorde):

1. Maer mense wat sê hulle is vet.

2. Maer mense wat (ongevraagd) vir my vertel dat ek maer is en dat hulle vetter is as ek.

3. Christene met ‘n baksteen-geloof wat glo dat hulle – en nét hulle – reg is.

4. Mense wat antwoord voordat hulle begin luister het. (Ongelukkig is ek dikwels self deel van hierdie kategorie.)

5. Mense wat 20 km/h of meer onder die spoedbeperking ry.

6. Seksisme en seksistiese grappies. (No, I don’t think it’s funny. En NEE, dis NIE omdat ek issues het met my eie vroulikheid nie. WTF?)

7. Rassisme

8. Homofobisme (hierdie woord het ek self geskep, omdat ek glo dat homofobe hul eie -isme nodig het).

9. (Blanke) Afrikaners wat met ‘n glas Cabernet /bottel bier in die hand staan en moan oor hoe sleg dit met hulle gaan in SA en hoe hier nie vir hulle geleenthede is nie. In dieselfde kategorie val mense wat terug hunker na ‘n regime wat hulle bevoordeel en ander vermoor het.

10. Enige vorm van bigotry.

11. Christene wat moan oor alles so sleg is in “die Kerk”. Ek dag “die Kerk” is “die Liggaam van Christus”, wat beteken jy is die Kerk, dommie.

12. Blanke Suid-Afrikaners wat maak asof hulle die swaarste kry onder misdaad.

13. Ryk mense wat beweer hulle is arm.

14. Arm mense wat by my bedel.

15. ISTJ’s

16. Snotty nie-rokers.

17. Mense wat sê vrouens is goeie leiers omdat hulle nice/ empaties/approachable is.

18. Mense wat geen self-insig het nie. Sorry Freddy, ek was verkeerd.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vir die man wat alles het Geeks rule the multiverse

14 Kommentaar Add your own

  • 1. BatCat81  |  September 25, 2007 om 3:46 nm

    Sjoe (*sweat*), gelukkig is ek INFP…. *relief*

    Reply
  • 2. Pienk Zuit  |  September 26, 2007 om 1:48 nm

    Beteken dit ek mag nie ‘n onvanpaste opmerking maak oor die foto hierbo nie?

    Reply
  • 3. Bertus!  |  September 26, 2007 om 2:04 nm

    Hoekom mag wit mense met ‘n bier of glas wyn in die land nie sê dat dit sleg gaan in die land nie?

    Reply
  • 4. Carien  |  September 26, 2007 om 3:34 nm

    Wil met jou saamstem oor alles, behalwe nr.5…

    Reply
  • 5. stoutsus  |  September 26, 2007 om 6:52 nm

    Ek dink dis flippen cool om ‘n top 10 lys saam te stel van die goed wat jou afpp. Verkenning en erkenning van die self is nie altyd maklik nie.

    Reply
  • 6. George Maru  |  September 26, 2007 om 7:23 nm

    Sjoe, ek hoop ek is net te oningelig om te weet wat jy met ISTJ’s bedoel en dat jy nie na persoonlikheidstipes verwys nie. Hulle kan dit tog nie help nie! Hulle is so gemaak en laat staan.

    Aangesien ek ‘n nommer 16 is as ek nie rook nie, vermoed ek dat ek jou dikwels mag kwaad maak.

    Reply
  • 7. Johan Swarts  |  September 26, 2007 om 7:27 nm

    maeree, sal jy my maatjie wees?

    is ek die enigste een wat optel dat 18 != 10?

    Reply
  • 8. maeree  |  September 27, 2007 om 12:09 nm

    zuit, dit is ‘n mooi foto, né? jy mag aanmerkings maak, solank dit nie seksisties is nie.

    bertus! – want dit tick my af.

    carien, dankie. en wag tot jy in die stad woon waar ek woon.

    george, ek moet bieg dat ek hier van 15 af die waarheid so bietjie begin rek het. en mens kan nie help waarvoor jy kwaad raak nie.

    johan! ek dag ek is reeds jou maatjie? ewenwel, boontjie vir jou span!

    Reply
  • 9. Freddy  |  September 27, 2007 om 12:48 nm

    Dit is ‘n baie sexy foto.

    Reply
  • 10. Bertus!  |  September 27, 2007 om 5:43 nm

    Ek is mal mal MAL oor seksistiese grappies. En ek is mal daaroor om te kla oor die toestand van die land terwyl ek bier drink, ek beplan om dit juis vanaand weer te doen.

    Reply
  • 11. maeree  |  September 28, 2007 om 10:37 vm

    bertus!, moenie dat ek jou vang dat jy met my skoor soek nie. ek voeg jou sommer by my lys.

    19. bertus!

    Reply
  • 12. idiwidi  |  Oktober 1, 2007 om 6:13 vm

    waarvan praat Johan?

    Reply
  • 13. Johan Swarts  |  Oktober 2, 2007 om 10:41 vm

    van 18 != 10

    Reply
  • 14. arcadia  |  Oktober 2, 2007 om 5:19 nm

    oh man, daai probleem met jou vroulikheid-line is die ergste. i get that all the time. dis so cop-out.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: