Hoekom ek verlede maand bankrot was

Oktober 24, 2007 at 1:18 nm 4 Kommentaar

Ek het hierdie lap gekoop:

lap.jpg

Egte Cashmere, as jy die verkoopsman moet glo. Ek vermoed eerder dat dit beteken dit is in Kashmir gemaak.

So lyk dit van naderby:

lapnaby.jpg

Wat my bankrot gemaak het, is die feit dat dit met die hand gedoen is.

Sien:

laphandwerk.jpg

Probleem is, ek is seker hierdie stukkie lap is nié Fair Traded nie. Selfs al het ek die R20 000 betaal wat die ou daarvoor gevra het (toemaar, jy kan maar weer asem haal – ek het nie náástenby dit betaal nie).  Êrens in Indië het iemand vir maande (jare?) elke dag aan hierdie stukkie lap gewerk, waarskynlik artritis gekry en moontlik blind geraak.  En nie ‘n agtste van die verkoopprys ontvang nie.

Volgens Jeffrey Sachs maak dit nie saak nie.   Die persoon wat die lappie gemaak het, het ten minste werk – en ek sou die lap nie kon beskostig as dit Fair Traded was nie.

Hoe dit ookal sy, ek sou beter gevoel het as ek geweet het die persoon wat die actual werk gedoen het, is billik betaal.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ek het nie Saterdag se rugby gekyk nie Tantrum

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Bertus!  |  Oktober 24, 2007 om 4:27 nm

    Wat presies sou die begrip “fair trade” in hierdie geval behels het?

    Reply
  • 2. George Maru  |  Oktober 24, 2007 om 8:41 nm

    Fair trade is vir my moeilik. Ek stem saam met die beginsel, maar dit is nie maklik om dit altyd toe te pas nie. Die redenasie dat die persoon ten minste werk het, maak my ongemaklik. Dit kom vir my naby aan skouers-optrek en die situasie net ignoreer.

    Het jy al ooit Prahalad se The Fortune at the Bottom of the Pyramid: Eradicating poverty through profits gelees? Jy mag dit dalk insiggewend vind. Of nie.

    Reply
  • 3. maeree  |  Oktober 26, 2007 om 10:50 vm

    bertus! goeie vraag. wat is die prys van die verlies van jou sig en die gebruik van jou hande?

    george, jy verwoord presies my gevoel ook. ek het ook vrae oor die “fortune at the bottom”-beweging. weet nie of kapitalisme enigiemand kan help nie. maar ek het nie die boek gelees nie, so ek weet eintlik nie waarvan ek praat nie.

    wat my egter teleurstel, is dat niemand opmerk hoe absoluut gorgeous die stukkie lap is nie!

    Reply
  • 4. idiwidi  |  Oktober 29, 2007 om 5:11 nm

    Dis absoluut gorgeous! ;)
    Ek probeer net nog uitfigure presies watter kleure dit is. Ek is MAL oor mooi lap.

    In IndiE verlede jaar het ek eendag in ‘n piepklein kamertjie ingestap waar ‘n ou omie op ‘n houtblokkie op die vloer sit en werk aan die mooiste sari. Hy’t skaars ‘n paar milimeter gevorder in die uur wat ek langs hom gesit het. Daardie soort sari’s het ek later ook vir baie duur in ‘n materiaalwinkel gesien en gedink aan daardie stowwerige oom met die eelte vir vingers en die halfslaap kyk in sy oE.
    Die wêreld is ‘n onregverdige plek.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: