Tantrum

Oktober 26, 2007 at 10:44 vm 5 Kommentaar

scream_by_rimeligbarsk.jpg

Soms wil ek langs die see gaan staan, my arms wyd oop, en diep van onder uit my binnegoed gil, totdat die sand begin vibreer en die see verdamp. Gil tot my atome van mekaar lostrek en in die niet verdwyn. Soms voel dit asof my woede so groot is, dat dit die heelal kan insluk en vernietig.

Wanneer ek sien hoe vroue geskroef word, magteloos genegeer tot niks.
Die rede waarom sommige van my atome vandag nog aan mekaar vasklou, is die feit dat ek (vir die oomblik) nié een van daardie vroue is nie, dat ek tans genoeg invloed het om te kon sorg dat daar van minstens twee vroue kennis geneem is.

Wat my laat met die vraag: kon ek meer gedoen het?

Terwyl my stembande hul pad uit my keel probeer klou om met een gil die gevolge van die oerknal te laat inplof.

As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? Ek haat hulle met ‘n uiterste haat, want hulle is ook my vyande. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.
(Ps 139:19-23)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hoekom ek verlede maand bankrot was Nuwe Mure vir Worcester

5 Kommentaar Add your own

  • 1. platterfuss  |  Oktober 28, 2007 om 1:07 vm

    Mens kan maar net hoop mense ‘hoor’ wat jy sê…

    I like!

    Reply
  • 2. idiwidi  |  Oktober 29, 2007 om 5:20 nm

    Onreg teen vroue, maak my ook histeries van woede. En dit word so maklik weggepraat, en onder die mat ingevee, afgemaak as meer kompleks as die obvious menseregteskendings wat dit is.

    Reply
  • 3. carien  |  Oktober 30, 2007 om 2:14 nm

    Ek dank die liewe Heer vir die sterk (ouer) vrouens in my lewe. Hulle is ‘n konstante inspirasie.

    Reply
  • 4. Johan Swarts  |  Oktober 30, 2007 om 10:13 nm

    blugh

    ek dink ‘n paar maande se inleidende feminisme moet ‘n verpligtende skoolvak wees.

    Reply
  • 5. Roer  |  Oktober 31, 2007 om 4:35 nm

    Om te dink ek het dit vir lank as vanselfsprekend aanvaar. Dwaas!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: