Die punt van seks*

November 2, 2007 at 12:52 nm 17 Kommentaar

orgasm_on_by_zamberpng.jpg

Ek het nie ‘n dag se sielkunde agter my naam nie. Maar ek lees baie. Hoofsaaklik vrouetydskrifte. En daarin lees ek dat ‘n mens nie moet streef na orgasmes tydens seks nie. Om die waarheid te sê, orgasmes maak glad nie saak nie. Seks gaan nie om die orgasme nie, maar om die daad van liefde. Jy hoef nie ‘n orgasme te hê vir die seks om goed te wees nie.

Dit ontstel my altyd as ek so iets lees. In die eerste plek vermoed ek hierdie raad is spesifiek vir vrouens bedoel (“Jou man is ‘n patetiese lover. Sorry jou lewe suck. Do it for your country.”) Tweedens kan ek nie dink hoekom ‘n mens sal tevrede wees met orgasme-lose seks nie. Hoe kan dit lekker wees om opgewerk te word, sonder enige bevrediging?

Natuurlik het ek seks met die Hoof van die Huis omdat ek lief is vir hom. Maar ek het ook seks met hom omdat dit lekker en bevredigend is. Ek kan nie dink dat ek dit so gereeld sou wou doen as daar nie orgasmes betrokke was nie.

Wat dink jy?

*Titel spesiaal vir Freddy.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Die Geval van die Hoof van die Huis & die Sensusbeampte Let’s do it like they do it on the Discovery Channel

17 Kommentaar Add your own

  • 1. fredddels  |  November 2, 2007 om 4:09 nm

    Jys weer besig met ‘n indringende ondersoek hierso.

    Picture The Cobra by Ratanga Junction. Jy wag lank om jou sitplek te kry. Almal klim in. Stadig ry hy daai opdraende uit. Tot bo. En dan se hulle: jammer, die rit was goed genoeg. Get off.

    Antwoord
  • 2. arcadia  |  November 2, 2007 om 9:19 nm

    lol lol lol freddy – dis ‘n brilliant analogie.

    en maeree – ek stem volkome saam. maar hoekom op dees aarde lees jy nog vrouetydskrifte?

    Antwoord
  • 3. sonkind  |  November 3, 2007 om 8:06 nm

    freddels – Uitflippinstekend!

    Seks sonder orgasme? Daai een is ‘n “no-go”, sorry! :evil:

    Antwoord
  • 4. Johan Swarts  |  November 3, 2007 om 9:04 nm

    verskoon my onkunde, maar wat het sielkunde hiermee uit te waai?

    Antwoord
  • 5. Bertus!  |  November 4, 2007 om 10:07 nm

    Is dit waar dat mense die enigste spesie is waarvan die wyfie ‘n orgasme kan kry? Ek het dit e^rens gelees, maar ek weet nie of dit waar is nie.
    Ek het een keer in ‘n tydskrif ‘n onderhoud gelees met ‘n vrou wat eens ‘n man was (sex change) en sy het gese^ ‘n vroulike orgasme is veel lekkerder as ‘n manlike orgasme, so daar is seker nie sin daarin dat mense dit probeer geringskat nie.

    Antwoord
  • 6. Pienk Zuit  |  November 5, 2007 om 3:02 nm

    As die orgasme die belangrikste deel is, is die fokus nie dan meer op jouself eerder as die ander persoon nie? M.a.w. is dit nie minder selfsugtig om die daad belangriker as die orgasme te sien nie? Het die argument dat seks binne die huwelik hoort nie te doen daarmee dat dit nie oor die orgasme gaan nie, maar eerder die ultimate onselfsugtige daad moet wees nie?

    Kom (no pun intended) ons kyk of daardie vrae die debat bietjie lewendiger kan kry…

    Antwoord
  • 7. fredddels  |  November 5, 2007 om 4:59 nm

    Ag, jy maak dit maklik, Zuit. Die punt is dus dat die ander persoon orgasme kry. En dit werk wedersyds.

    Antwoord
  • 8. KruidjieRoerMyNie  |  November 5, 2007 om 5:05 nm

    Als Johan.

    Antwoord
  • 9. sonkind  |  November 5, 2007 om 5:58 nm

    Zuit – met die redenasie van seks binne die huwelik en onselfsugtige daad en so aan, dan beteken dit mos nou letterlik “charity begins at home”! :lol: (dis nou ter wille van die debat dié!)

    Bertus, as dit waar is, dan is ek maar bly ek is ‘n mens-wyfie! :twisted:

    Antwoord
  • 10. Johan Swarts  |  November 5, 2007 om 7:12 nm

    Roer – help my?

    Antwoord
  • 11. KruidjieRoerMyNie  |  November 6, 2007 om 4:09 nm

    Johan, Seks begin laaank voor klere afgeruk word (maar jy weet dit). Dit begin al in die oggend wanneer manlief ‘n koppie koffie in die bed kry of vroulief ‘n kompliment vir haar hare van manlief af kry net voor sy werk toe gaan (maar jy weet dit). Ek vind dit moeilik om te glo dat ‘n handsome en goed gemanierde ou soos jy dit NIE weet nie.

    Antwoord
  • 12. maeree  |  November 6, 2007 om 4:42 nm

    HOEKOM GAAN STEM JULLE NIE???!!!!

    freddy, jy’s beslis ‘n goeie prediker.

    arcadia, ek lees enigiets. behalwe die afrikaanse dagpers.

    johan, ek dink ek kan help. die mense wat aangehaal word met genoemde raad, word gewoonlik aangehaal as sielkundiges en/of seksoloë.

    zuit, wie’t gesê seks hoort binne die huwelik? persoonlik dink ek die daad en die orgasme is een. en verder beaam ek vir freddy.

    Antwoord
  • 13. Pienk Zuit  |  November 6, 2007 om 7:10 nm

    Wel heelwat mense is van menig dit hoort in die huwelik. Ek het my nie uitgespreek oor die geldigheid daarvan nie, bloot dat die argument daarvoor gewoonlik te doen het met die daad wat meer as orgasme is. Maar ek dink Freddy is reg, die antwoord is te maklik.

    Antwoord
  • 14. Johan Swarts  |  November 9, 2007 om 2:30 vm

    roer – yes, ek weet dit. maar hierdie inskrywing gaan oor die wenslikheid van orgasmes. ek’s nie so seker of sielkunde heeltemal van toepassing is nie. (sielkundiges sal die standaard antwoorde gee wat hulle van steekproewe af gekry het. sorrie, ek weet dis mean, maar ek het nie baie ooghare vir die sielkunde nie…maybe is dit my eerstejaar se skuld…)

    maeree – dankie, jou antwoord maak meer sin

    Antwoord
  • 15. idiwidi  |  November 13, 2007 om 10:37 vm

    Hmmm. Die sielkunde van seks. Net soos Maeree stem ek vir meer navorsing. Dis ‘n absolute groteske fokop van ‘n skande hoe min ons nog weet van vroue en seks. En daarmee saam ook die verband tussen sielkunde en fisiologie ten opsigte van orgasmes. My bloed kook sommer van voor af (op al die verkeerde plekke ongelukkig)!

    Antwoord
  • 16. oopkop  |  November 16, 2007 om 1:50 nm

    Great post!

    Antwoord
  • 17. Dis weer ‘n slag tyd… « OOPKOP  |  Februarie 20, 2009 om 11:44 vm

    […] dink sy is skreeusnaaks.  Rerig.  Ek love haar posts.  Veral hierdie een.  En hierdie een.  En ook die een.  Ek vermoed ek hou van haar blog omdat sy nie voorgee nie, omdat sy bereid is om oor goed te […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: