Jeugweerbaarheid

November 15, 2007 at 3:53 nm 9 Kommentaar

kindsienak47.jpg

Teen die mure was daar groot rooi plakkate met kopieë van allerhande soorte bomme. Elke af en toe het ons “weerbaarheidsoefeninge” gehad.  Een lang lui van die klok en ons het stil en vinnig na die saal beweeg. Drie kort luie en ons het onder ons banke ingeduik met ons vingertjies oor ons monde, rustig in die wete dat die terroriste se bomme niks aan ons kon doen onder die banke nie.

Die Hoof van die Huis vertel as jy besef jy gaan nie betyds van ‘n handgranaat wegkom nie, jy wegduik met jou voete na die handgranaat. Hopelik beskerm die skoensole jou teen enige skrapnel.  So-nie is dit jou voete wat weggeblaas word, ten minste nie jou kop nie.

Hy beweer ook dis hoekom ons so aggressief is: ons was ‘n militêre volk. Almal was ons vyande, almal was daarop uit om ons te kry.

En ons het gedink dis normaal.

Vandag wonder ek oor al die kindertjies in Irak, Lebanon, Sudan en Amerika, wat ook leer dat vrees en haat normaal is.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Let’s do it like they do it on the Discovery Channel ‘n Tand in my boerewors

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Lammervanger  |  November 16, 2007 om 5:20 vm

    Jy het wragtag nou ‘n woord op die skerm laat verskyn wat ek al van vergeet het. Ek het vergeet dat ek die woord Jeugweerbaarheid in my woordeskat het. Magtag.

    Ja dit is die mooi/hartseer (afhangende van jou opinie) van kindwees. Jou status quo is normaal… Ek het gedog almal in die wêreld praat Afrikaans.

    Reply
  • 2. fredddels  |  November 16, 2007 om 8:03 vm

    Wat ONS gedoen het in Hoerskool Bellville (jammer, geen deelteken met my laptoppie, meisies) tydens jeugweerbaarheid:

    Gesels terwyl die onnies dringende sake id personeelkamer bespreek;
    Huiswerk afskryf;
    Lesings gekry oor maniere;
    Ekstra kadet-orkes oefeninge;
    Geluister hoe die voorligter-juffrou met so twee kinders stry oor iets.

    Reply
  • 3. carien  |  November 16, 2007 om 10:28 vm

    Jeugweerbaarheid was in my laerskooldae. Ons moes onder banke induik, of andersins in rye vinnig uitmarsjeer na die netbalvelde toe. Die meer verbeeldingryke kinders het dan stories oor hulle, die bomplanters, versprei. Sug…

    Het nog nooit so daaraan gedink nie, maar dis waar. ‘n Massa kinders word groot in ‘n wêreld waar geweld alledaags is. Dis flippen hartseer.

    Reply
  • 4. Freddy  |  November 18, 2007 om 5:56 nm

    Maeree Maeree!

    Veels geluk met daai verjaarsdag!

    Mag jou nuwe lewensjaar sommer great wees. Veelvuldige onverwagte aangename verrassings vir jou. Hou die blink kant bo en die donker kant karig. Mag jou kreatiwiteit in die nuwe jaar verder blom en blablabla ensovoorts. Alles bedoel darem, wel. :-)

    Reply
  • 5. Johan Swarts  |  November 19, 2007 om 2:14 vm

    fredddels, jy was in ‘n goeie skool. beide ek EN francois van coke kom van bellville af.

    Reply
  • 6. Freddy  |  November 19, 2007 om 7:22 vm

    JS
    Dis great! So ook Milan Murray en Jan Ellis. Maar Milan en jy en Francois het een ding in gemeen buiten die skool.

    Reply
  • 7. George Maru  |  November 19, 2007 om 8:18 nm

    Hey, baie geluk! Hoop jy het lekker presente gekry. :)

    Reply
  • 8. idiwidi  |  November 20, 2007 om 12:43 nm

    Baie geluk! Is jy ‘n Lucy of ‘n Suzy of ‘n Penelope ryker?

    (Hierdie post is erg hartseer!)

    Reply
  • 9. maeree  |  November 20, 2007 om 1:47 nm

    velen dank.
    maeree sal voortaan in Hoofletters Aangespreek word.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: