Maeree spring op elke bandwaggon wat verbykom

November 28, 2007 at 6:23 nm 5 Kommentaar

starry_witch__s_hut_by_yagak.jpg

Ek ken nie veel Sataniste nie. Ek het wel een vriendin wat ‘n satanis was en nou ‘n Christen is. Sy’s nie skaam oor haar verlede nie en sy dink nie dis weird dat sy ‘n satanis was nie. Maar sy’s Sweeds.

Ek weet wel tweedehands enkele goed oor Satanisme. So weet ek bv. dat satanisme, paganism en die sogenaamde “New Age” (is daar regtig nog mense wat glo dat daar so ‘n godsdiens bestaan?) nie dieselfde ding is nie. Meeste pagans glo nie eers in die konsep van boosheid of selfs ‘n godheid nie. Hekse is nie sataniste nie.

Verder weet ek ook dat sataniste nie die duiwel van die Christendom aanbid nie. Soos enige godsdiens/filosofie (is Confucianisme ‘n godsdiens?) is daar baie verskillende vorme van Satanisme. Die vorm waarvan ek weet, is ‘n filosofie van hedonisme wat vryheid van reëls verkondig – dit is gewoonlik ook ateïsties. Hulle offer nie katjies nie en hou nie orgies nie. (Okay, dalk doen hulle laasgenoemde. Ek weet nie.)

Ek het dit nie gelees nie, maar uit ervaring van die moeder-site sal ek veronderstel dat hierdie ‘n goeie oorsig gee van wat Satanisme regtig is. Nie dat enigiemand omgee nie, want die idee van mense wat op Halloween katjies offer en kerkgeboue infiltreer om vloeke oor weerlose Christene uit te spreek , is baie meer opspraakwekkend.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Seepdoos Vat voor

5 Kommentaar Add your own

  • 1. fredddels  |  November 28, 2007 om 10:18 nm

    Kom ek praat van my kerk waarvan ek deel is. Dit wat “die kerk” glo en wat in die praktyk gebeur, lyk meesal nie dieselfde nie.

    Enige rede hoekom dit anders sal wees met satanisme?

    Reply
  • 2. KruidjieRoerMyNie  |  November 29, 2007 om 5:51 nm

    Interessant.

    Reply
  • 3. Johan Swarts  |  November 30, 2007 om 2:35 vm

    told you so ;)

    Reply
  • 4. platterfuss  |  November 30, 2007 om 11:26 vm

    Mmmmmm!!!

    :-P

    Reply
  • 5. maeree  |  November 30, 2007 om 12:57 nm

    freddy, juis. daar is mense in die kerk waaraan jy behoort wat onbesonne goed aanvang wat jou hele kerk ‘n slegte naam gee – al is dit nie wat julle glo of hoe julle is nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: