Archive for Desember, 2007

Compassionate Leave

Of “passionate leave”, soos die hoof van ons personeelafdeling dit noem.

Sal na Kersfees terug wees.

Advertisements

Desember 18, 2007 at 8:42 vm 4 Kommentaar

Zombie movies is my gunsteling

planet_terror_box_art_2d.jpg

Eintlik hou ek van enige monster-movie.  Maar zombies bly maar net die grillerigste.

Planet Terror  is egter ‘n baie verrassende interpretasie van die tradisionele zombie-storie (en definitief aan te beveel vir enige aanhanger van die genre… ek bedoel jy, bertus!).  My gunsteling toneel is waar die een karakter, gespeel deur Quentin Tarrantino, die heldin probeer verkrag en sy penis dan stuk-stuk begin afval, soos slymerige kougom wat te swaar geraak het.  Ha ha.

Hier is dus nou ‘n uitdaging:  Freddddddels, as jy ‘n (sinvolle!) preek oor hierdie fliek kan skryf – een wat nie die fliek slegmaak nie, maar gebruik om ‘n boodskap te verkondig (en ek gaan by hollywoodjesus kyk vir plagiaat) – sal ek persoonlik vir jou enige CD van jou keuse koop.  Ek sal dalk selfs die CD wat ek by jou geleen het, terugstuur.

Desember 16, 2007 at 6:05 nm 12 Kommentaar

Tragiese nuus

cry_for_the_moon_by_icy_imaginary.jpg

oordose het die nuus gebreek.

Ek was onder die indruk sommige mense sal vir ewig gesond voortleef.

Ek hoop hy skryf vinnig.

Desember 13, 2007 at 11:24 vm 3 Kommentaar

Vroue bo!

dominatrix_by_juanola.jpg

Die meeste heteroseksuele mans met wie ek gesels, verkies blykbaar dat die vrou bo is tydens seks. (Ja, ek praat graag oor dié tipe goed. Beware a dinner party invitation at Maeree’s house. Ongelukkig kan ek egter net oor mans se reaksie rapporteer, aangesien die meeste vroue met wie ek gesels, nie so maklik oor seks praat nie. Dalk moet ek dit eendag bietjie uitpak. Maar dis nie nou die punt onder bespreking nie…)

Blykbaar verkies hulle die posisie nie net omdat hulle lui is nie. Dit het ook o.a. met visuele stimulasie te doen. En vrouens met lang hare. En dies meer. Ek dink dit maak bloot fisiologies vir vrouens ook meer sin (dis lekkerder, is wat ek bedoel).

Ek wonder of die gevoel redelik universeel is? As jy ‘n man is, gaan stem hier, vrouens stem hier, (moenie kroek nie!) en vertel dan vir ons hoekom jy só gestem het.

(Ek is deeglik bewus daarvan dat van my lesers nie heteroseksueel is nie. Dalk kan jy ons bietjie inlig oor die homoseksuele weergawe van hierdie post. Enquiring minds want to know.)

Desember 11, 2007 at 10:42 vm 8 Kommentaar

Wat Deon Maas Volgende Gedoen Het

Hy het ‘n SMS-lyn opgestel – een van daardie waarheen ‘n mens ‘n spesifieke woord moet SMS, wat R30 per SMS kos, waarvan R5 gaan vir die “host”-maatskappy en R25 vir die huurder van die lyn.

Toe het hy die volgende SMS na drie persone gestuur:

Deon Maas het vanoggend oorlog verklaar teen Christene op RSG, ook gesê hulle maak hul naam gat met SMS veldtog teen omstrede film the golden compass, ateisskrywerwer self sê sy strewe is om God te dood. Stuur asb die eis deur na rsg by 33343 as Christen, wat sy bedanking eis met onmiddelike effek.

Nou gaan hy die fondse gebruik wat hy so ingesamel het, en aftree.

Okay, dalk is dit nie wat hy gedoen het nie.  Maar ek sou.

Desember 11, 2007 at 10:22 vm 1 comment

What Would Jesus Do

w_w_j_d__by_kwlcm.jpgEk is ‘n Christen. Verkies eintlik om myself ‘n dissipel van Jesus te noem. “Radically saved” en dies meer.

Maar ek vermoed dat meeste mense (veral Christene) nie ‘n clue het wat dit beteken nie. Dat ons die Evangelie mak gemaak het om ons te pas, om sommer so ongesiens by die Westerse kultuur in te slot.

So today I quote Scripture (dit gaan die moeite werd wees. Moenie nou sommer ophou lees nie):

Matteus 5:38 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ 39 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. 40 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. 41 As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. 42 Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”
43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?

Nou lyk dit my voel Christene al meer en meer dat daar op hulle getrap word. En dan sê hulle sulke belaglikhede soos dat die Moslems vir ons ‘n voorbeeld moet wees. Wtf? Ek dag Jesus is ons voorbeeld? En Jesus het gesê draai die ander wang… en Jesus is gekruisig.

Walter Wink se interpretasie van Jesus se woorde in die aangehaalde teksgedeelte gryp my nogal aan. Hy sê o.a. (gaan lees sommer die hele artikel):

Jesus gives three examples of what He means by not returning evil for evil. The first of these is, “If anyone strikes you on the right cheek, turn the other also.” Imagine if I were your assailant and I were to strike a blow with my right fist at your face, which cheek would it land on? It would be the left. It is the wrong cheek in terms of the text we are looking at. Jesus says, “If anyone strikes you on the right cheek…” I could hit you on the right cheek if I used a left hook, but that would be impossible in Semitic society because the left hand was used only for unclean tasks. You couldn’t even gesture with your left hand in public. The only way I could hit you on the right cheek would be with the back of the hand.

Now the back of the hand is not a blow intended to injure. It is a symbolic blow. It is intended to put you back where you belong. It is always from a position of power or superiority. The back of the hand was given by a master to a slave or by a husband to a wife or by a parent to a child or a Roman to a Jew in that period. What Jesus is saying is in effect, “When someone tries to humiliate you and put you down, back into your social location which is inferior to that person, and turn your other cheek.”

Now in the process of turning in that direction, if you turned your head to the right, I could no longer backhand you. Your nose is now in the way. Furthermore, you can’t backhand someone twice. It’s like telling a joke a second time. If it doesn’t work the first time, it has failed. By turning the other cheek, you are defiantly saying to the master, “I refuse to be humiliated by you any longer. I am a human being just like you. I am a child of God. You can’t put me down even if you have me killed.” This is clearly no way to avoid trouble. The master might have you flogged within an inch of your life, but he will never be able to assert that you have no dignity.

Jesus sê dus nie dat jy moet toelaat dat mense op jou trap nie: When Jesus says, “Do not resist one who is evil,” there is something stronger than simply resist. It’s do not resist violently. Jesus is indicating do not resist evil on its own terms. Don’t let your opponent dictate the terms of your opposition.

Walter Wink praat van Jesus se “Derde Weg”. Die van ons wat Christene is, se uitdaging is om in elke konteks uit te figure wat daardie “derde weg” is. Wat dit ook al in ‘n bepaalde situasie is, dit sal altyd nie-gewelddadig wees, gekenmerk deur liefde. Ek wil ook veronderstel dat dit nie-gelowiges sal laat wonder oor die kontra-intuïtiewe/-kulturele aard daarvan.

Ek glo dat die evangelie van Jesus goeie nuus is. Gevolglik sal ek graag op so ‘n manier wil reageer op mense van wie ek verskil, dat ons saam kan gesels oor ons verskille.

Maar SMS-campaigns, om mense te boikot en “op te staan vir ons regte”, om mense hul werk te kos of maatskappye op hul knieë te probeer dwing, is gewoon ‘n swak refleksie van die Een wat gesê het “draai die ander wang” en uiteindelik aan ‘n kruis gesterf het.

Dink ek.

Desember 4, 2007 at 11:50 vm 11 Kommentaar


Feeds