What Would Jesus Do

Desember 4, 2007 at 11:50 vm 11 Kommentaar

w_w_j_d__by_kwlcm.jpgEk is ‘n Christen. Verkies eintlik om myself ‘n dissipel van Jesus te noem. “Radically saved” en dies meer.

Maar ek vermoed dat meeste mense (veral Christene) nie ‘n clue het wat dit beteken nie. Dat ons die Evangelie mak gemaak het om ons te pas, om sommer so ongesiens by die Westerse kultuur in te slot.

So today I quote Scripture (dit gaan die moeite werd wees. Moenie nou sommer ophou lees nie):

Matteus 5:38 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.’ 39 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. 40 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. 41 As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. 42 Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”
43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?

Nou lyk dit my voel Christene al meer en meer dat daar op hulle getrap word. En dan sê hulle sulke belaglikhede soos dat die Moslems vir ons ‘n voorbeeld moet wees. Wtf? Ek dag Jesus is ons voorbeeld? En Jesus het gesê draai die ander wang… en Jesus is gekruisig.

Walter Wink se interpretasie van Jesus se woorde in die aangehaalde teksgedeelte gryp my nogal aan. Hy sê o.a. (gaan lees sommer die hele artikel):

Jesus gives three examples of what He means by not returning evil for evil. The first of these is, “If anyone strikes you on the right cheek, turn the other also.” Imagine if I were your assailant and I were to strike a blow with my right fist at your face, which cheek would it land on? It would be the left. It is the wrong cheek in terms of the text we are looking at. Jesus says, “If anyone strikes you on the right cheek…” I could hit you on the right cheek if I used a left hook, but that would be impossible in Semitic society because the left hand was used only for unclean tasks. You couldn’t even gesture with your left hand in public. The only way I could hit you on the right cheek would be with the back of the hand.

Now the back of the hand is not a blow intended to injure. It is a symbolic blow. It is intended to put you back where you belong. It is always from a position of power or superiority. The back of the hand was given by a master to a slave or by a husband to a wife or by a parent to a child or a Roman to a Jew in that period. What Jesus is saying is in effect, “When someone tries to humiliate you and put you down, back into your social location which is inferior to that person, and turn your other cheek.”

Now in the process of turning in that direction, if you turned your head to the right, I could no longer backhand you. Your nose is now in the way. Furthermore, you can’t backhand someone twice. It’s like telling a joke a second time. If it doesn’t work the first time, it has failed. By turning the other cheek, you are defiantly saying to the master, “I refuse to be humiliated by you any longer. I am a human being just like you. I am a child of God. You can’t put me down even if you have me killed.” This is clearly no way to avoid trouble. The master might have you flogged within an inch of your life, but he will never be able to assert that you have no dignity.

Jesus sê dus nie dat jy moet toelaat dat mense op jou trap nie: When Jesus says, “Do not resist one who is evil,” there is something stronger than simply resist. It’s do not resist violently. Jesus is indicating do not resist evil on its own terms. Don’t let your opponent dictate the terms of your opposition.

Walter Wink praat van Jesus se “Derde Weg”. Die van ons wat Christene is, se uitdaging is om in elke konteks uit te figure wat daardie “derde weg” is. Wat dit ook al in ‘n bepaalde situasie is, dit sal altyd nie-gewelddadig wees, gekenmerk deur liefde. Ek wil ook veronderstel dat dit nie-gelowiges sal laat wonder oor die kontra-intuïtiewe/-kulturele aard daarvan.

Ek glo dat die evangelie van Jesus goeie nuus is. Gevolglik sal ek graag op so ‘n manier wil reageer op mense van wie ek verskil, dat ons saam kan gesels oor ons verskille.

Maar SMS-campaigns, om mense te boikot en “op te staan vir ons regte”, om mense hul werk te kos of maatskappye op hul knieë te probeer dwing, is gewoon ‘n swak refleksie van die Een wat gesê het “draai die ander wang” en uiteindelik aan ‘n kruis gesterf het.

Dink ek.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vat voor Wat Deon Maas Volgende Gedoen Het

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Pienk Zuit  |  Desember 4, 2007 om 12:53 nm

    Dink ek ook. Amen.

    Reply
  • 2. Roer  |  Desember 4, 2007 om 1:18 nm

    Ek hoor wat jy se^. Ek voel die bewoording van die smsse is verkeerd / arrogant, maar ek is nie totaal teen dit nie. (Askuus Johan, want dit maak my nou ‘breindood’ in jou boekies ;-) ). Hoekom, omdat (en dis net my persoonlike gevoel) tolleransie teen ‘n ou wat nonsens praat by ‘n braai van my geloof voor my kinders is een ding, want ek kan dit maklik ignoreer, huis toe gaan en met my kinders daaroor praat. Ongelukkig is “mass-action” soos flieks en artikels wat menige kind kan mislei ‘n heeltemal ander storie. Dan voel dit vir my is ‘draai die ander wang’ ‘n ‘cop-out’. Dis net HOE sekere Christene die Maas ding en nou die Golden Compass hooha hanteer, wat ek dink bietjie werk nodig het (diplomasie), maar dat hulle aksie geneem het teen dit en in die Golden Compass se geval ander Christene gewaarsku het; dink ek was reg.

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  Desember 4, 2007 om 4:18 nm

    “wat menige kind kan mislei” – ek het nog nie kinders nie, maar hopelik eendag. As iemand (kinders en grootmense) se geloof so oppervlakkig is dat hulle deur Deon Maas of een of ander fliek kan oortuig word om nie meer ‘n Christen te wees nie, was hulle geloof pretty useless in elk geval voor dit. Hoekom moet mense “beskerm” word van aanvalle op hulle geloof? Is dit nie juis eers as jou geloof getoets word deur ‘n ander sienswyse dat dit versterk word nie? Is dit nie eers dan wanneer mens vir jouself besluit wat jy nou regtig glo nie? Wil Jesus regtig hê ons moet onsself afsluit van die bose wêreld, want netnou mislei hulle ons? Soos Maeree gesê het, ek dink nie so nie.

    As dit nie gaan oor laer trek en onsself beskerm omdat ons bang is ons geloof is te swak nie, waaroor gaan dit dan? Om God te probeer beskerm van mense wat slegte goed van hom sê? Om een of ander rede dink ek hy kan dit self redelik goed uitsort (vra vir Sodom en Gomorra se inwoners). Ek dink dis verwaand van ons om te dink ons moet vir God beskerm deur “op te staan en te veg vir wat reg is”. Sy opdrag aan ons was om ons naaste en vyande lief te hê, nie om oorlog te maak in sy naam nie.

    Reply
  • 4. Johan Swarts  |  Desember 4, 2007 om 4:52 nm

    roer – die breindood opmerking is gemaak omdat die sms’e nie eers die film reg beskryf nie. volgens die smse maak twee kindertjies God dood in die film, wat gebaseer is op die eerste boek. DIS STROOI. die dood van God gebeur eers in die derde boek, en dis nie die twee kindertjies wat Hom doodmaak nie – hy’s dan lankal reeds dood. Pullman probeer (ek herhaal – eers in die DERDE boek, die fliek is op die eerste een gebaseer) probably sê dat ons godsbegrip outdated, dus dood, is.

    sien my probleem? hierdie sms veldtog is nie eers ‘n geval van christene wat ‘n punt beet het oor die film nie. dis ‘n geval van mense wat blatante leuens rondstuur en die waarheid verdraai. so, ja – as jy die sms rondgestuur het, is jy in my boekies taamlik breindood. want dan het jy eenvoudig net nié vir jouself gedink en die boeke gaan lees (of die fliek gaan kyk for that matter) nie.

    en nee. na my nederige mening is jy nie juis breindood nie ;)

    right, hier ry ek nou bushalte toe. ek hoop almal het ‘n wonderlike week.

    Reply
  • 5. Johan Swarts  |  Desember 4, 2007 om 4:58 nm

    gaan lees gerus die actual plot summary by http://en.wikipedia.org/wiki/Golden_Compass#Plot_summary

    die woord “god” word nie eers gebruik nie.

    Reply
  • 6. kat  |  Desember 4, 2007 om 11:15 nm

    Ek wil graag daai fliek sien.

    Reply
  • 7. amanda  |  Desember 5, 2007 om 5:20 vm

    my 8-jarige is besig om die boek te lees en is dol daarop. Ons gaan dit die naweek kyk

    Reply
  • 8. boerinballingskap  |  Desember 5, 2007 om 3:58 nm

    Goeie inskrywing. Ek dink jy bring die punt wat jy maak baie duidelik oor. Dus se ek “Amen”.

    Reply
  • 9. maeree  |  Desember 5, 2007 om 4:34 nm

    die emosie wat die saak ontlok, is vir my baie interessant. i wonder why?

    ek dink die fout wat meeste christene in sa maak, is hul oortuiging dat ons steeds in ‘n christendom-era leef (waar die kerk die lewe regeer en sê wat is reg en verkeerd). feit is, ons leef in ‘n post-christendom era, waarin gelowiges hul strategie ernstig moet heroorweeg. control is nie meer die antwoord nie.

    Reply
  • 10. carien  |  Desember 6, 2007 om 10:46 vm

    Baie mooi inskrywing.

    Reply
  • 11. vlermuis  |  Desember 6, 2007 om 5:03 nm

    Hoe lyk ‘n kerk sonder control?

    Wonder maar net. Is dit moontlik, of altyd net ‘n strewe?

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: